Eskom ontken hy gaan krag in Soweto afsit

Eskom se hoofkantoor. (Foto: Google Maps)

Eskom sê hy is bewus van bewerings oor die bestaan van ʼn lys met gebiede in Soweto waarvan die krag kwansuis afgeskakel gaan word.

Amanda Qithi, Eskom se woordvoerder in Gauteng, sê daar bestaan glad nie so ʼn lys nie. Die kragvoorsiener het ook ʼn beroep op mense gedoen om nie verkeerde inligting te versprei en inwoners van Soweto só te mislei nie.

“Eskom doen wel stelsel- en netwerkoudits van sy infrastruktuur en om wydverspreide skade en lang onderbrekings te verhoed en die lewe van onskuldige mense in alle dele van Gauteng te beskerm. Dit is ʼn standaardproses by Eskom,” sê Qithi.

Eskom het net in Gauteng die afgelope jaar miljarde rande in inkomste verloor. In ʼn poging om sy infrastruktuur te beskerm, het die onderneming begin met die inwerkingstelling van verskeie planne om die situasie om te keer. Dit sluit in die omskakeling van kliënte na voorafbetaalde kragmeters, verskerpte oudits en die opvoed van verbruikers oor die belang daarvan om vir hul krag te betaal.

Armer huishoudings wat aan bepaalde kriteria voldoen, kwalifiseer reeds vir gratis basiese elektrisiteit.

“Die groot toename en omvang van misdadigheid soos die steel van krag, diefstal en die beskadiging van toerusting, onbetaalde rekeninge en die koop van elektrisiteit by sogenaamde spookverkopers, noodsaak Eskom om diegene wat onwettige verbindings het van die stelsel te ontkoppel en ʼn boete vir heraansluiting te hef,” sê Qithi.

Talle verbruikers is al van dié boetes opgelê en het dit betaal sodat hul krag heraangesluit kan word.

“Dit is belangrik dat Eskom sy sake doeltreffend bestuur en geldelike verliese weens onwettige bedrywighede bekamp. Dit is baie duur en onvolhoubaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Andrew ·

Bog. Daai lys bestaan. Party keer sit hulle dit 1 keer n dag af, party keer twee keer n dag ens. Wat is daai woord, beurtkrag

Johan ·

O so Soweto moet nou gepamperlang word, sny die krag onmiddelik en kry klaar want dit is wat julle met die res van die gebruikers doen. Julle wou my krag laas week sny want ek is een sent agterstallig.

casper ·

Je nee – Soweto is ver bokant enige vervolging of straf verhewe ne !!

Di ·

Ja hulle is bang want 90 persent wat daar bly betaal nie vir krag nie – onwettige verbindings is orals konnek. ONS moet net meer en meer bly betaal om hierdie spul te dra. As ons nie betyds betaal word die krag summier afgesit en jy moet ‘n hengse bedrag betaal om dit weer te laat aansit. LEKKER hier in SA vir “our people”, wil als verniet he

Strandloper ·

Nê? “die opvoed van verbruikers oor die belang daarvan om vir hul krag te betaal” Dit is skreeu snaaks!

Marius ·

Soweto se krag behoort afgesit te word totdat al die uitstaande skuld vir krag vereffen is.

Papsak ·

SIT ASB AF HULLE MORS MET KRAG WANT AL DIE TOWNSHIPS SE SPREILIGTE STAAN DAG EN NAG EN BRAND DAN MOET ONS HOOR ONS MOET KRAG SPAAR DIT WERK NIE SO NIE MOENIE JAMMER KRY NIE ONS WORD NIE JAMMER GEKRY NIE DAN IS ONS KRAG SUMEER SOMMER AF

Jeepie ·

In die woorde van Johannes Kerkorrel in 1989 “Sit dit af”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.