Eskom pas beurtkrag toe

Argieffoto

Eskom het Sondag onverwags Fase 1-beurtkrag toegepas.

Die kragvoorsiener het gesê die rotasiebeurtkrag, wat om 14:15 begin het, sal tot 22:00 vanaand toegepas word “om noodhulpbronne te bewaar”.

“Kliënte word herinner om alle elektriese punt as lewendig te beskou tydens beurtkrag. Kliënte word aangeraai om hul beurtkragskedules na te gaan om sodoende rondom die beurtkrag te beplan.”

Die kragvoorsiener het ʼn beroep op verbruikers en sakeondernemings gedoen om krag te bespaar en geisers en ander nie-noodsaaklike toerusting af te skakel om elektrisiteitverbruik te verminder.”

Eskom het nie enige verder redes vir die implementering van beurtkrag bekendgemaak nie, maar die aankondiging kom net twee dae nadat Phakamani Hadebe, uitvoerende hoof van Eskom, aangekondig het dat tien van Eskom se kragstasies tans steenkoolvoorraad vir minder as 20 dae het en dit die moontlikheid vir beurtkrag vir die res van die jaar verhoog.

Volgens Hadebe het vyf van die tien kragstasies tans steenkoolvoorraad vir minder as tien dae. Die stasies wat geraak word, is almal in Mpumalanga en is Arnot, Camden, Duvha, Hendrina, Komati, Kriel, Kendal, Majuba, Matla en Tutuka.

Hadebe het verder gesê Eskom het talle uitdagings met die opwekking van elektrisiteit as gevolg van die agteruitgang van steenkoolkragstasies. Hy voer aan van die ander bydraende faktore is ongewenste steenkoolkwaliteit, onlangse stakings, finansiële en kapasiteitsbeperkings wat lei tot minimale opknapping en instandhouding en ʼn gebrek aan beskikbaarheid en opleidingsoordrag van instandhoudingsvaardighede.

Klik hier om die beurtkragskedule vir jou woongebied te sien. Alternatiewelik kontak jou munisipale kragvoorsiener vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Geweeg en te lig bevind ·

Oorlewing in SA sal vorentoe afhang van totale “off the grid everything”

Jack Sadie ·

Geen ‘werknemer’ van Eskom het nog ooit verantwoordelikheid aanvaar vir beurtkrag nie. Is daar ook mense wat hul werk gedoen het of doen? Moet die plek nie net toegemaak word nie? Kerse is só romanties.

Adriaan ·

Is dit wat bedoel word met “radical economic transformation”?

Snowball ·

Ja, hierdie deel is die Radical Electricity Termination. Dankie aan Singh, Molefe, en al die onbevoegde kaders van die ANC Corruption & Co.

zoom zoom ·

Ek wil net my dank uitspreuk teenoor al die Zumas die Guptas en die ANC kaders wat deel uitgemaak het Om SA in so ‘ n Gemors Te kon omskep. Dankie ook aan almal wat verwag dat dienste gratis moet wees. Julle is die eerstes wat klipoe gooi en plekke afbrand. Dankie ook aan die manne van Kodessa julle woord en beloftes beteken niks.

Mia Joubert ·

Hierdie is ‘n ou taktiek van Eskom om hoër elektrisiteits tariewe af te forseer op Suid-Afrikaners. “Maak die lewe ongemaklik vir die mense, dan sal hulle meer betaal”. Wrede sirkel?

KammaKamma ·

Net nog ‘n bewys dat die ANC nie kan regeer nie. Presies wat gebeur as ‘n spul terroriste oornag regeerders word.

Anel ·

Ons omgewing het dit nou eerste gekry, sonder waarskuwing! Is nou al so keelvol vir hierdie onbevoegde spul. Hoekom word die nie betalers se krag nie afgesit nie? Hulle kan mos nie hulle boeties en sussies verontrief nie. Dink dis tyd om selfversorgend te raak. Son of windkrag.

Koos de Meyer. ·

Die klomp wat so staak en buite bande brand sal dit seker vir Eskom skenk sodat hulle krag kan kry. Hulle kan mos sonder die vakmanskap van die blanke klaar kom volgens sommige van hulle.

Hanna Hoekom ·

Regstellende aksie in volle swang! Geloofwaardigheid voor kundigheid… Wat n skande!

marous ·

Begin met beurt belasting weerhouding dan sit al die onbevoegdes ook in die donker … dag en nag.

Gemaskerde Sopbeen ·

En dis nou die plek met 30 000 TEVEEL werkers?

Wiehan ·

Wonder hoe lank die staat sal kan aanhou bestaan as ons ons belasting terughou. Na die eerste maand sal hul nie meer die uiters “produktiewe” staats amptenare kan betaal nie. Dan staak meer as 30000 van hulle. Wonder maar net logies!

J. van Rensburg ·

Ek het lankal voorgestel dat ‘n paneel van EERLIKE mense gestig word waarin belastingbetalers eerder hulle swaarverdiende geld kan inbetaal instede van die staatskas, en die bestuurders van hierdie groep dan die geld vir ordentlike dienste aanwend en sodoende die landstruktuur weer begin leefbaar maak… laat die huidige bedeling dan sien en kom klaar wanneer hulle maandelikse vetkatsalarisse oo nie meer in hulle bankrekeninge inbetaal word nie… soos die spreekwoord lui: “What’s sauce for the gander is sauce for the goose…”

Awie Opperman ·

O die ironie, ons moet beplan om nie verontrief te word nie… wat van eskom beplan om die dienste waarvoor ons betaal te lewer, of verander die wetgewing sodat die privaatsektor krag kan voorsien.

Oom Walker ·

Presies hoe moeilik kan dit dan nou wees om te sorg dat iemand betyds genoeg steenkool bestel?

Johanna Botha ·

Genade die eskom is n gemors hulle is net op 60 % kapasiteit die anc mors alles op sover as hulle gaan ….net mooi alles is in n gemors …maar weer sal on vir die gemors stem ….ons WIL sukkel !

Unknown ·

Ek dink hulle vlg plan is om die myne te begin dwing om hul steenkoolpryse vlgs eskom steenkool pryse, wat seker verniet gaan wees per ton, aan hulle te verkoop en of sekere myne in te bring wat monopolie gaan veroorsaak..

Ben ·

Kersfees met kerslig…….baie romanties! Dit was in 1985 in mozambique! Toe het ek my morsdood gelag………kyk waar is ons nou! Ons in S.A loop dieselfde paadjie!

Chris ·

Ek wonder of die ander lande aan wie Eskom krag verskaf ook beurtkrag het…

John ·

Wag. Miskien wil hulle chaos tydens die verkiesing verseker… lekker konkel met stemme as rekenaars buite werking is. Begin solank met die show. Gelukkig voer ons ons beste steenkool uit na ons moederland, Sjina, en hou die slegste vir beurtkrag. Logies.

WIEBO ·

Ek betaal vooruit vir my krag op n prepaid meter. Dis onregverdig dat my krag ook dan afgesit word.

Alma Greyling ·

Hoekom doen die regering of betrokke instansies of Solidariteit nie iets aan hierdie straatligte wat in elke dorp en stad steeds in die dag brand nie. As al hierdie ligte afgeskakel sou word in die dag sal beurtkrag nie nodig wees nie.

Irma Kidson ·

As die straatligte en stadions se krag minder DEUR DIE DAG BRAND dan kan daar krag gespaar word, maar die straatligte is in die aand af en aan in die dag en die mense wat die krag onwettig tap vanaf die kraglyne. Nou moet hard betaalde mense gestraf word. Hoe kan daar ‘n tekort aan steenkool wees? Iemand doen nie hul werk nie of doen hul werk nie reg nie.

piet ·

ons moet almal aansluit by HAVEN, dit sal die beste wees!!!!!!!!!!!

HPV ·

Alternatiewe krag word al meer bekostigbaar. Jy kan letterlik vanaf R150000 Eskom permanent groet. Dit is maar ‘n klein motor se prys. Wees egter BAIE versigtig voor jy met jou geld skei. Ondersoek die besighede baie goed, kyk ook op “hello peter” na hulle. Probeer maar die ou gevestigde besighede gebruik.

Michelle ·

Dit word Desember petrol gaan bietjie af so iets drasties moet opkom dat sakke weer iewers vol gemaak kan word, beurt krag volgende voedsel dan weer petrol . As ons saam speel is die uit einde soos Zim. Daar is niks daarom is hulle hier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.