Twee spelers uit Suid-Afrika het Saterdag onderskeidelik 20 en 18 punte vir hul spanne in die Engelse en Franse klubligas op die telbord geplaas.
Lees meerAlles vir Sondag 18 November 2018
Vrae oor nuwe reeks en Superrugby gevra
Vrae word gevra oor die uitwerking wat ʼn nuwe internasionale reeks van aanstaande jaar af op Sanzaar se Superrugby kan hê.
Swarigheid wag vorentoe op Namibië
Swarigheid wag vorentoe op Namibië, veral in die toernooi aanstaande jaar in Japan om die Wêreldbeker (WB), tensy hy sy spelpeil van sy afgelope twee wedstryde wesentlik kan ophef.
Kondors en Alligators met sewentigtalle oorval
Met sewentigtalle teen hulle aangeteken, was dit glad nie ʼn goeie Saterdag vir Chili se Kondors en Paraguay se Alligators op die rugbyveld nie.
Kommer oor toename in ontvoerings in Gauteng
Twee vroue is Woensdag helder oordag in Raslouw in Centurion ontvoer, terwyl nog ‘n vrou Vrydag deur twee mans in ‘n Toyota Avanza ontvoer is.
Mboweni in nóg ʼn gewigtige pos aangestel
Mboweni is reeds ook minister van finansies en die goewerneur van die Nuwe Ontwikkelingsbank, voorheen bekend as die Brics-bank.
Banksy-kunswerk veroorsaak weer opskudding
Net meer as ʼn maand nadat die Britse kunstenaar Banksy opslae veroorsaak het toe een van sy bekendste werke outomaties vernietig is net nadat dit vir meer as £1 miljoen op ʼn veiling verkoop is, is die kunswêreld nou weer aan die gons oor nóg ʼn Banksy-kunswerk.
MotoGP: Reën steek stok in speek in Spanje
Die wedren is in nat omstandighede beslis en moes ná 13 rondes eers gestaak word as gevolg van swaar reën.
Vrywilligers sit hand by tydens staking by tehuis
“Selfs studente en skoolkinders het waardevolle studietyd opgeoffer om in te spring om te help om vir die pasiënte kos te maak, hulle te voer, te versorg en die kamers en sale skoon te maak.”
Weermag, vloot ontplooi om mariene lewe te beskerm
Volgens Theunissen het die Wes-Kaapse taktiese hoofkantoor ʼn basis in Gansbaai gevestig van waar die land- en seepatrollies beheer word.
Eskom pas beurtkrag toe
Die beurtkrag sal tot 22:00 vanaand toegepas word.
De Lille kondig nuwe politieke party aan
Patricia de Lille, voormalige DA-lid en burgemeester van Kaapstad, het Sondag ʼn nuwe politieke party aangekondig.
‘Te min geld om Life Esidimeni-eise te betaal’
Moseneke het beslis daar moet R1 miljoen aan elke eiser as grondwetlike skadevergoeding betaal word, R180 000 vir emosionele trauma en R20 000 vir die begrafnisonkoste van dié wat gesterf het.
Foto’s: Dodetal styg, honderde steeds vermis in Kalifornië
“Dit is hartseer om dié toneel te sien. Om te sien wat hier gebeur het … niemand het ooit gedink dit sal gebeur nie.”
Ma, twee tieners kritiek beseer in botsing
“Rescue Care-paramedici het by die toneel opgedaag en totale chaos aangetref.”
Nou is die Springbokke éérs in die spervuur
Wallis se rugbyspan staan Saterdag soos ʼn berg in die Springbokke se pad wanneer hulle in Cardiff kragte meet.
Hiér is die top-5 vir NVG-hoof
Die presidensie het Sondagoggend bevestig wie die top vyf kandidate is wat oorweeg word vir die belangrike pos van nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV).
Een van vier ontsnaptes vasgetrek
Die verdagtes is vroeër die week in ʼn vangwa vanaf die Haenertsburg-polisiestasie na Polokwane vervoer toe hulle op ʼn manier die vangwa oopgekry en in Polokwane uit die bewegende voertuig gespring het.
Franse skrum Pumas, ander topspanne wen maklik
Jy moet kan skrum. Dit was die les wat Argentinië Saterdagaand in Lille teen Frankryk geleer het toe die tuisspan die eerste keer sedert die Sesnasies-reeks en ná vyf neerlae weer aan die wenkant was.
Tyd loop uit vir studiehulpaansoeke
Die hulpskema het teen 1 November reeds 191 887 aansoeke ontvang – dit is meer as dubbel die hoeveelheid aansoeke wat in dieselfde tydperk in 2017 ontvang is.