Nou is die Springbokke éérs in die spervuur

Wallis se rugbyspan staan Saterdag soos ʼn berg in die Springbokke se pad wanneer hulle in Cardiff kragte meet.

Eintlik is dit so effe voorbarig om te verwag dat die Springbokke die Walliesers moet klop. Die Rooi Drake is immers derde op Wêreldrugby se ranglys en die Bokke vyfde vanweë die erosie wat die afgelope paar jaar in Springbokrugby ingesypel het.

Wallis het boonop Saterdag in Cardiff ʼn wegholoorwinning van 74-24 oor Tonga behaal,  terwyl  die Springbokke in Edinburgh hard moes swoeg om Skotland met 26-20 te klop.

ʼn Mens kan nie te veel in Wallis se oorwinning Saterdag lees nie, want Tonga kon die Walliesers in nege toetse nog nooit klop nie.

Maar dit was die wyse waarop die Walliesers, wat 14 veranderings aan die span gemaak het wat die Wallabies op 10 November geklop het, vir Tonga in die tweede helfte oorrompel het (en tien drieë teen drie gedruk het), wat die Springbokke koue rillings moet gee.

Wallis het nou agt wedstryde ná mekaar gewen, die eerste keer sedert 2005. Onder die afrigter, Warren Gatland, het hulle 18 van hul laaste 22 wedstryde gewen.

Boonop het die Drake hul laaste drie toetswedstryde teen die Springbokke gewen en is daar aan Wallis se kant geen sielkundige letsels van die verlede oor nie.

Die Springbokke, ondanks die oorwinning oor Skotland, het nie heeltemal oortuig nie. Hulle kon net twee drieë druk en hul somtotaal in drie toetswedstryde op toer is net vyf drieë.

Jinne mense, ons praat van net twee Skotse spanne (die Glasgow Warriors en Edinburgh) wat in die Pro14-reeks speel en waaruit die Skotte se nasionale span gekies word.

Maar wat waar is, is dat die spelers baie goed afgerig is en die basiese dinge reg uitvoer. Kyk maar net hoe die senter Huw Jones se vaardighede verbeter het. Het hy ooit só gebreek vir die Stormers? Het hy ooit twee agter-die-rug aangeë in Superrugby uitgevoer?

Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, het boonop die derde agtereenvolgende week sy sterkste span gekies en afgesien van die beseerde slot Eben Etzebeth wat in RG Snyman se plek kan terugkeer, kan daar nie juis ander verstellings gemaak word nie.

Maar dit is ook nie net die Springbokke wat nie oortuig het nie.

Ierland het die All Blacks Saterdagaand in Dublin met 16-9 geklop en gewys dat die krag na die Noordelike Halfrond verskuif het. Nieu-Seeland het nou in hul twee wedstryde in Europa net een drie (teen Engeland) gedruk en een afgestaan.

Die All Blacks sal, wanneer Wêreldrugby se ranglys Sondag aangepas word, steeds aan hul voorste posisie klou, maar die Iere is binne bereik van die eerste plek. Hulle het die All Blacks ook in 2016 in hul voorlaaste kragmeting Chicago verslaan en daar bestaan nie meer ʼn gaping nie.

Wat baie belangrik is, is dat die All Blacks en Springbokke aanstaande jaar albei in Groep B van die Wêreldbeker-toernooi in Japan meeding. Die span wat bo in die afdeling eindig, spring die Iere straks in die kwarteindronde vry, en die Iere wag dan op die verloorder.

♦ Die Wallabies het Italië met 26-7 geklop, Frankryk het Argentinië met 28-13 verslaan en Engeland was met 35-15 teen Japan baas. Dan het Georgië vir Samoa met 27-19 getroef.

Dus, ná die afgelope naweek lees dit: Noordelike Halfrond 5, Suidelike Halfrond 2.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Henk ·

Natuurlik kan daar verander word. Eerstens kan Nel speelkans kry in DeAllende se plek. Wat kan meer verkeerd gaan as die feit dat daar NIKS in die middelveld gebeur waar jy veronderstel is om n spelskepper te he nie? Pollard alleen kan dit nie doen nie. En dan natuurlik kan ons regte rugby begin speel. Saterdag se gemors is maar niks anders as die afgesaagde stampkar rugby wat SA die laaste 15 jaar opdis nie! Die vraag is kan ons afrigters nie afrig nie of kan ons spelers nie speel nie?

Veritas ·

Henk daar was darem een ligpunt in die wedstryd en dit was in die nr 9 en 10 posisies. Papier het my verras met sy diens aan Pollard en dit het Pollard toegelaat om sy normale spel te speel. Dít alleen is ‘n groot pluspunt soos Pollard se spel bewys het. Die Bokke kort net ‘n spesialis baljagter.

Een probleem! ·

Se dankie vir Stick! Jy kan sien wat hy bydrae tot die agterlyn!…..

Swartwolf ·

Agterlyn veral senter paar se werking is power. Vinnige vleuels sien nie die bal nie. Individuele briljante oomblikke soos van Pollard hou dinge aan die gang. Ellende is lankal verby sy useful life. Kort ander senter kombinasie en ‘n baie meer visionary agterlyn afrigter. Ou Rassie het nou ‘n stick for sy eie agterwereld gepluk met sy keuse as agterlyn afrigter. Stick was net so useless onder die koning van middelmatig tot vrot – Toetie.

Lukie Carelsen ·

Vir my was dit ‘n fantastiese rugby-naweek (die Bokke het darem gewen , maar nie oortugend nie).
Die manier hoe Japan gespeel het teen Engeland was fantasties! En die Iere teen die AB – wat weereens wys die AB kan geklop word!
Ook Italië het nie sleg begin teen die Wallabies nie.
Die gaping tussen die Noorde en die Suide is besig om te verdwyn en dis goed vir wêreldrugby!

Arie ·

As ek enige geld moet opsit vir Saterdag sal dit nie vir die bokke wees nie! Ons speel net swakker en swakker en hou asb vir rassie van die bulle af ons is klaar in ons peetjie in en het nie nog sy hulp nodig nie!!!

Fanie ·

Bokke verbeter. So ook die Noordelike halfrond spanne. So hou op om so gal te braak vir niks of hou op Rugby kyk en kyk Sokker asb.

Spike ·

Ons kort spelskeppers op 9, 12, 13 en 15. Sit om te begin vir Willemse op 12 en Nel op 13. Ons gaan Saterdag dit nie maak nie en kan dankie sê ons het nie gister teen Ierland gespeel nie. Dit sou ñ slagting gewees het.

Swartwolf ·

Hy is die teenoorgestelde van die Ellende. Vir ‘n WP local en supporter weet jy maar min Lanie. Meer rugby kyk en minder onnosel vrae vra op Maroela mag dalk help. Of wil jy eers die game weer aflaai en kyk om ‘n ingeligde opinie te gee,,,,?? Laat my weet as jy Nel sien speel het.

wolla ·

Ruan Nel, ha ha. Toon ‘n bietjie belofte in ‘n substandaard CB en nie altyd eers eerste keuse by sy provinsie nie maar hy moet toetsrugby speel. Toetsrugby is nie Vodacom-standaard rugby nie. Ha, ha.

Swartwolf ·

As toetsrugby nie for Vodacom standaard spelers is nie wat soek Notshe, Mbonambi, Kolisi en die Ellende in die span ?

Renaldo Jewaskiewitz ·

Welgedaan Bokke. Om na n lang seisoen nog steeds te kan wen in Noordelike halfrond is puik.Die dae dat SH spanne net moes opdaag vir n wen is lankal verby.Skotland speel puik rugby.

Arie ,Rassie het ook sy trots .Hy gaan help n afrigter probeer kry en nie self afrig by Bulle!!

Arie ·

Ek is baie bly om dit te hoor ‘n kar wag kan beter doen, ?

LHS ·

Wat soek Malherbe daar, in hedendaagse rugby is n stut nie net daar om te skrum nie.

Lol ·

Pieter Kruger bevestig met sy Hu Jones kommentaar dat hy nooit eintlik ‘n Stormer speler wil krediet gee nie. In die Superreeks was hy die uitblinker senter van alle SA spanne.

Robert ·

So Pieter het jy nou al uitgevind hoeko die Walliesers 3de op die ranglys is. Is dit omdat die Bokke so vro vertoon het en die Walliesers dieslfde gebly het of is dit omdat die Walliesers regtig beter is as die Bokke? Dit is vir geen span maklik om in Edinbrugh te wen nie vra maar vir die Engelse, Iere, Aus ens. So die wedstryd Saterdag is nie ‘n maatstaf van wat op die Bokke wag nie. Dit is altyd moeilik op Cardiff vra maar vir al die ander spanne, agv die tuis skare se ondersteuning. Ek weet jy wil realisties wees maar maar gee die Bokke die voordeel van die twyfel, hulle is ‘n span wat bou en die Walliesers is ‘n gevestigde span wat ‘n groot verskil maak. Kyk maar na die Iere het ook rondgeskarrel met jong onervare span maar is nou op koers.

Skoppie ·

Ek het die Springbokke ondersteun toe hulle in Wellington teen die ABs gewen het en ek was daar. Ek weier om ons bokke af te skryf. Ek is seker ons bokke kan die drake klop. Sover het die bokke nog net teen die Engelse verloor – en ons almal weet hoekom. Dan ook verder teen Skotland het Willie ‘n gele gekry, wat tot die skotte se monde van verbasing laat oophang het. Neeman! Staan nou by ons span. As ou Arie so by ‘n verskoning van ‘n span soos die blou nulle kan staan, wat verhoed enigeiemand om by ons bokke te staan?

wolla ·

‘n Sekere verregse groepie sal nooit enige spelers van kleur in die Bok-span aanvaar nie. Vir hulle is die ouens nooit goedgenoeg nie en kwotas.

Boerseun ·

Dit was seker ons beste pak voorspelers tot nou toe en ons het eintlik beserings te danke vir dit. Kort net vir Wilco Louw. Ek voel ook dat André Esterhuizen meer speelkans moet kry. Sy verspreiding het baie verbeter vandat hy terug gekom het vanaf oorsee. Ons moet ophou spelers uit posisie kies. Willemse is ‘n losskakel en nie ‘n heelagters of senter. Pollard is ‘n losskakel en nie ‘n senter. Sy verdediging is nie goed genoeg. Kry Combrink in die groep. Hy kan enige as super sub op kom en kan balle vanaf ons eie kwartlyn oor klits.

Swartwolf ·

@Boerseun: Stem saam met Wilco in die begin span. So ook Combrink op vleuel en ‘n ander senter paar. Ellende hardloop vas in die verdediging en bly dan le. Esterhuysen of Nel saam met Jessie. Willie op heelagter en Kaptein Pollard op losskakel. Wat ‘n briljante gaping het hy nie geslaan teen die skotte nie? Kolisi op die bank en kry ‘n flank wat beter kan kompeteer by afbreekpunte. Pollard is in elk geval ‘n beter leier wat meer intelligente opsies sal neem. Papier goeie game maar op die bank as Faf beskikbaar is.

Swartwolf ·

@Boerseun: Stem saam met Wilco in die begin span. So ook Combrink op vleuel en ‘n ander senter paar. Ellende hardloop vas in die verdediging en bly dan le. Esterhuysen of Nel saam met Jessie. Willie op heelagter en Kaptein Pollard op losskakel. Wat ‘n briljante gaping het hy nie geslaan teen die skotte nie? Kolisi op die bank en kry ‘n flank wat beter kan kompeteer by afbreekpunte. Pollard is in elk geval ‘n beter leier wat meer intelligente opsies sal neem. Papier goeie game maar op die bank as Faf beskikbaar is.

wolla ·

Pollard het twee maklike strafskoppe gemis (Jantjie moes selfs die skoppe oorneem) en ook ‘n lyn/hoekskop vanaf ‘n strafskop nie uitgeskop nie. Beter gewees as sy normale gemiddeld self maar PSDT moes man van wedstryd gewees het. Pollard te veel simpel foute gemaak om man van wedstryd te wees. Die seun moet nog baie leer by gesoute spelers soos Kaptein Kolisi.

Swartwolf ·

Agterlyn veral senter paar se werking is power. Vinnige vleuels sien nie die bal nie. Individuele briljante oomblikke soos van Pollard hou dinge aan die gang. Ellende is lankal verby sy useful life. Kort ander senter kombinasie en ‘n baie meer visionary agterlyn afrigter. Ou Rassie het nou ‘n stick for sy eie agterwereld gepluk met sy keuse as agterlyn afrigter. Stick was net so useless onder die koning van middelmatig tot vrot – Toetie.

Frans C ·

Rugby het totaal verander die afgelope 30 jaar, want verbeterde tegnologie stel spanne instaat om hul teenstanders se spel in die fynste besonderhede te ontleed en ‘n teenvoeter uit te werk.

Dit was vir my duidelik uit die Ierland vs All Blacks wedstryd. Die Iere het ‘n plan teen elke All Black beweging gehad en hul spelskeppers aan bande gelê.Dit het so goed gewerk dat selfs die ervare Read die kluts kwytgeraak het en gulde kans om ‘n drie te druk om sake gelykop te maak verbrou het.

Die All Blacks was nog altyd ‘n innoverende span.Daarvan getuig hul 79 % sukses in toetse vanaf 1903 tot vandag.Geen span druk 2078 drieë in 582 wedstryde en teken
15908 punte aan as jy nie innoverend speel nie.

Dit is verbasend dat ‘n land met so min inwoners en rugbyspelers die toneel al is dit met behulp van Fijiane en ander so op alle vlakke kan oorheers.Dit het ‘n Kiwi gevat het om die All Blacks meer as een keer te klop wys en dit vir my die ouens weet meer van die spel as die ander afrigters.

Is Ierland se afrigter dalk die nuwe All Black afrigter na die 2019 wêreldbeker.

wolla ·

Het jy dalk die wenprestasies vir die Bokke in die amateur-era (sê tot 1992); vir die periode 1992 tot 2007; en vir die periode 2008 tot nou?

Buffel ·

Wolla PSDT het nie 18 punte aangeteken nie ook nie pale toe geskop nie. Pollard was deur en deur man of the match. Wil jy jou stry met die internasionale kenners wat hom aanwys as man of the match ? Wanneer en waar het jy toetsrugby gespeel of is jy die nar wat jy jou voorhou ?

wolla ·

Ek is ‘n internasionale kenner, PSDT was by verre ons beste speler. Kitshoff was ook beter as Pollard. Pollard mis twee maklike strafskoppies wat ons die game kon kos teen sterker opposisie.

wolla ·

Pollard het ook nie in die lynstane gespring of gedryf nie, jy redeneer soos ‘n bewustelose

Swartwolf ·

Wolla: lag my bewusteloos ons praat nie ‘n kenner van klubrugby op die kaapse vlakte nie…..ha ha wat ‘n absolute nar.

DDT ·

Henk ek stem saam! Ons scrumskakel skop weer soos de Klerk, wat ons 10 punte gekos het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.