Eskom sê netwerk bly onder druk

Phakamani Hadebe, uitvoerende hoof van Eskom, lê die maatskappy se jaarlikse finansiële uitslae voor by die kragvoorsiener se kantoor in Johannesburg. Foto: Simphiwe Mbokazi/ANA

Eskom het gesê die kragnetwerk bly onder druk maar dat kanse vir beurtkrag dié naweek skraal is .

Die kragvoorsiener het in ʼn verklaring gesê hy sal verbruikers op hoogte hou indien daar enige veranderings aan die netwerk is. Eskom het verder gesê sy multidissiplinêre spanne gaan onverpoosd voort om aan die kragvoorsiener se nege-punt-plan te werk om opwekking en operasionele prestasie te verbeter en terselfdertyd die netwerk se stabiliseer.

“Ons kon daarin slaag om nuwe steenkoolkontrakte te sluit wat ons in staat sal stel om ’n toename in steenkoolvoorraadvlakke te bereik wat ’n aansienlike verbetering vanaf Desember tot gevolg sal hê, al is dit stadig. Ons korttermynstrategie om steenkoolvoorrade te verhoog by kragsentrales wat minder as die minimum dae het, is tweeledig, naamlik die verkryging van steenkool en die herleiding van steenkool van kragstasies wat genoeg voorraad het,” het Phakamani Hadebe, uitvoerende hoof van Eskom, gesê.

“Ons beoog om die steenkoolvoorraadvlakke by kragstasies wat geraak word vanaf Desember te verbeter en die totale voorraaddae van gemiddeld 25 tot 28 dae te verhoog teen die einde van die huidige boekjaar.”

Eskom het Suid-Afrikaners versoek om waaksaam te wees aangesien die kragvoorsiener ’n toename in steenkoolvragmotors op die paaie verwag terwyl hulle steenkool in Mpumalanga vervoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sieg ·

Ekdom het gesê ek wil nie werk nie. My baas gooi hande in die lig. Verkoop die useless krag reus sodat mense wat weet hoe om die n werklike krag reus te maak.

Yolandi ·

Miskien moet Bloemfontein sy straat ligte in die dag afsit dan mag dit help…

Hanna Hoekom ·

Ek weet hierdie is n ernstige saak en eintlik n baie hartseer saak: net nog n instansie wat deur BEE en baantjies-vir-boeties tot in die grond in verwoes is. Maar ek moes lag: lyk Hadebe nie nes Bennie Boekwurm nie? Ons praat nou van die regstellende aksie Bennie. Selfs die brilletjie!

John ·

Sover ek kan onthou kon Bennie lees. Ons moet spaarsamig wees en dan moet ons waaksamig wees en veral vrygewig en meer as dit vergewingsgesinderig. Alles oorkoepelend natuurlik versoenig en vergeetagtig, Ons sit reeds met gloeilampe wat 10 000 jaar sal brand as hulle nie binne 1 maand blaas-my-siel nie en dan kan dit nie weggegooi word nie en beland sekerlik dan Vaalrivierig geberg waar niemand dit sal agterkom nie. Eintlik moet ‘n kersie, nee, een van daai 8 000 jaar oue olielampies soos wat Allibaba gevryf het om die gees van die lamp op te roep wat alles wat hy gevra het gedoen het, hul kenteken word. Die ‘netwerk-onder-druk’ is dalk alweer daai ingenieurtjie met die lappie wat die lampie poets… Hy moet dalk net liggies vryf… geen gees hou van boelie nie… stadig nou, stadig ou… julle weet ons het stokou infrastruktuur en Sasolig se was is sweterig van al die gee-plig…

Anita ·

Wie was verantwoordelik om die probleem lank voor die tyd te identifiseer? Eskom is bankrot, waarom word daar nie beslag gelê op die eiendomme van die diewe en die groot Guptas nie, verkoop dit en kry van die geld terug, ook moet Eskom geprivatiseer word en dan onder behoorlike bestuur geplaas word, die salarisse is veels te hoog, en om R10,000 aan elke staker uit te betaal is krimineel, en om steeds te verwag ons moet meer betaal terwyl 3/4 van die land onwettige aansluitings het, Eskom , Transnet, SAL is ‘n ramp net privatisering kan die situasie red.

Alma Greyling ·

Skakel net asseblief die dorpe en stede se straatligte af dan het julle al genoeg krag …………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.