Eskom sê oor beurtkrag dié langnaweek

Argieffoto: Pixabay

Eskom het Vrydagaand teen 23:00 beurtkrag opgeskort en aangekondig dat daar moontlik geen beurtkrag van Saterdag tot Maandag sal wees nie.

Die kragvoorsiener het van Vrydagoggend af nog fase 2-beurtkrag toegepas voor dit van 16:00 af na fase 1-beurtkrag afgeskaal is.

“Die vraag na elektrisiteit sal na verwagting aansienlik afneem tydens die langnaweek. Ons gaan ook voort om onbeplande onderbrekings te verminder.”

Eskom het gesê hy sal ook voortgaan om noodreserwes te gebruik om kapasiteit aan te vul in die tydperk indien nodig.

“Ons wil verbruikers egter herinner dat die stelsel steeds kwesbaar is en dat beurtkrag op kort kennisgewing ingestel kan word indien daar veranderinge is.”

Volgens die kragvoorsiener poog hy steeds om onbeplande onderbrekings tot minder as 9 500 MW te beperk.

Verbruikers word versoek om steeds elektrisiteit spaarsamig te gebruik.

Pres. Cyril Ramaphosa het vroeër die week gesê daar sal van 17 Desember tot 13 Januarie nie beurtkrag plaasvind nie en dat die ligte hopelik daarna ook sal aan bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Jaco ·

Ons het krag baie spaarsamig gebruik soos die versoeke. In die aand gaan vroeg slaap, donker huis, lugreling af etc. Laasweek net besef tenspyte van dit als bly loadshedding konstant, so 24/7 ongerief. Nie meer as krag aan is gebruik ons dit, tv’s aan, lugreling heeltyd aan etc. Wat moet gebeur moet gebeur

Linda Enslin ·

En van 2 uur vanoggend is krag in die Moot af. Sal seker die hele naweek af wees

Turftoon ·

Noudat die vraag na elektrisiteit verminder kan hulle mos eenhede afhaal en broodnodige instandhouding doen???

Ellen Kriel ·

Vryburg NW nog steeds af elke dag. “Strafkrag” want Naledi het eskom nie betaal. So straf die mense vir munisipaliteit se skulde. Ons moet krag vooraf koop om te kan gebruik. Wonder net of daar nog plekke is wat so gestraf word al betaal hul krag.?

André André ·

Waarom maak Eskom nie soos die president gesê het nie? Nou pas hulle nie meer beurtkrag vanaf vandag (die 14 de) toe nie, ipv die 17 de.

JOHN COX ·

Dankie tog vir die ou kragstasies wat gedurende die apartheid jare gebou is. Hulle lewer krag al vir ongeveer 50 jaar. Kan jy glo daar is idiote wat reken daar was niks goed gedurende apartheid gedoen, vandag nog benut alle Suid – Afrikaners die infrastruktuur van apartheid .

Strandloper ·

Hoop iemand maak hom”lights out”…lawe mens die nê….

Johanna Botha ·

Kan mens eskom vertrou nadat hulle gese het geen beurtkrag tot volgende jaar toe kry ons n stage 6 ! ! En hulle se hulle het nie beheer want mense saboteer hulle ! ! Kry hulle noe skaam nie ….DIS N GROOT FLOP EN N GEMORS ! Dankie anc !

Tershia ·

Nou is daar nie beurtkrag nie ma nou is ons krag af vir instandhouding Hoekom het hulle dit nie gedoen tydens beurtkrag nie Vra maar net

Linda ·

ESKOM BELIEG EN BEDRIEG DIE PUBLIEK. HIER IN HORISON ROODEPOORT HET ONS BEURTKRAG VANAF 10 UUR VANOGGEND OP SATERDAG !

Nic ·

Silverton se krag af van gisteraand nog steeds af .c.r lieg vir publiek .red n land met sulke mense

Vryburger ·

As ons in ons dorpie ook maar net beurtkrag kon gehad het sou ons baie tevrede gewees het. Ons het ook wat hulle noem strafkrag. Dit is nou as Eskom die krag af sit agv wanbetaling deur die Munisipaliteit. Ons het koopkrag, maar die Munisipaliteit betaal nie Eskom nie en gebruik die geld. Huidiglik is ons krag af deur die week vanaf 6uur die oggend tot 9uur en dan weer 5uur in die middag tot half 9 saans. Oor naweke 08.30 tot 12hoo en dan weer 15h00 tot 19h00. Dit is erg en dan kom beurtkrag ook nog in. Mense dit is pateties. Ons besighede kry baie swaar.

Vra net?? ·

Jammer ek vra ook weer die vrag.
Hoe is die moontlik dat ń net 1 ou besoekie deur ń BUFFELBOER aan eskom bestuur en WALLA daars die krag reg????

Vingerfoute ·

Ag, hygend hert, Maroela. Die meerderheid mense is regs en vee met die regterhand op en af in die kommentare. Nou is die “antwoord” knoppie ook regs. Kan julle dit nie asseblief skuif nie? Verkieslik na die middel, maar links is ook reg. Baie dankie!

Julie Jansen van Rensburg ·

Ons hier in Kempton Park het gister (Saterdag) ook beurtkrag gehad. Dankie tog dat ons ‘n kragopwekker het – niks groot nie – liggewig en hou darem ‘n lig of twee asook rekenaars aan – my seun doen IT-werk dus is dit vir hom voordelig sodat hy met sy werk kan aangaan. En ek maak kos kos op ‘n twee-plaat gasstofie. O, en glo dit, ons kan ook TV kyk as ons wil! Net GEEN hitte toerusting aanskakel tydens die opwekker se werktyd nie…

André André ·

Vir die mense wat glo nat steenkool brand maklik of beter as droë steenkool: Nat steenkool is inderdaad ‘n kollosale probleem.

“Wet coal doesn’t burn. It clogs up crushing plants, breaks conveyor belts and turns to mud-like sludge”, said Tutuka power station manager Ryno Lacock.

Tutuka will swallow 10,6-million tons of coal this year and produce about 3-million tons of ash. Half of this coal comes from the New Denmark Colliery run by Anglo Coal, next door to the power station. This coal is loaded into a massive silo which holds 12 000 tons of coal. It’s crushed, then moved by conveyor belt about 7km to the power station.

Lees gerus die hele artikel hier:

https://www.iol.co.za/news/south-africa/wet-coal-a-major-problem-387966

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.