Eskom se opwekkingshoof bedank

(Argieffoto: Christel Cornelissen)

Nog ʼn hoof van opwekking by Eskom het bedank.

“Dit is met spyt dat ek julle moet meedeel dat Rhulani Mathebula sy bedanking ingedien het en Eskom aan die einde van die maand sal verlaat,” het Jan Oberholzer, bedryfshoof, Dinsdag by ʼn vergadering oor die stand van die kragnetwerk aangekondig.

Mathebula is in Mei vanjaar as waarnemende hoof van opwekking aangewys ná die bedanking van sy voorganger, Phillip Dukashe.

Mathebula se opvolger sal ná ʼn werwingsproses aangewys word en Thomas Conradie sal intussen die fort hou.

“Namens myself en my kollegas by Eskom wil ek Rhulani vir sy diens aan Eskom en die land in die geheel bedank. Dit word opreg waardeer.

“Ons wens jou alles van die beste vir die toekoms toe en mag God jou en jou gesin ryklik seën,” het Oberholzer gesê.

Suid-Afrika het sedert 1 April vanjaar altesame 141 dae van beurtkrag ondervind en Eskom steier om die ligte te midde van ʼn reusekragtekort en voortgesette instandhoudingswerk aan te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Sobymykoolkop ·

Verlaat die sinkende skip vroegtydig seker weer met een massiewe goue handdruk trots geborg deur die belastingbetalers.

Wit Leeu ·

Beter jy loop eerder. Hoop ook ‘n ander volg jou voorbeeld.

wendy ·

Wonder hoekom het hy bedank Eskom bly maar in die Donker eish

Johann ·

??????¿ Ek dog dan daars is ‘n lys van bekwame en ervare mense wie se kennis en insig onmiddelik beskikbaar is? Of kader kader comrade comrade die ANC steeds Eskom verder in sy skroef in?

Danie ·

Stel n bekwame persoon met erkende kwalifikasies aan asb.Ons verval is agv. Onbekwame mense in poste.

DapperWoef ·

Opwekkingshoof?

Wat? Was hy die een wat elke oggend Andre de Ruyter wakker gebel het??

Bertie ·

Mag hulle nou ‘n bekwame, bevoegde persoon aanstel, of moet hy nog steeds ‘n onbevoegde ANC kadar wees?

Louis ·

En nou gaan die arme witman Thomas Conradie, weer verguis word. Daar word gedurig deur Afrikane gesê die ellende is deur Andre de Ruite veroorsaak, maar intussen is dit juis aan Afrikane se wanbetaling te wyte, dat Eskom bankrot is.

piet ·

Wat het die gebrek aan behoorlike instandhouding te doen met wanbetaling?

Keelvol ·

Wens die hele spul wil bedank…… eintlik moet Hulle weg gejaag word.

Piet parys ·

6 mnde bietjie pressure gevat en nou raak dit te veel . In 6mnde kan geen mens in n besigheid soos eskom inpak maak nie . Aan die anderkant sy pensioen het nou n hupstootjie gekry met sy verhoogde salaris . . Eskom sal nie reg kom nie . Die ou wat betaal vir krag is die ou wat op pad is na self vernietiging..,. Bon voyage

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.