Eskom-verhogings kan R300 miljoen beloop

Argieffoto: GCIS

Die Demokratiese Alliansie het Maandag gesê hy is besorg oor Eskom-bestuurders se eise vir verhogings en ʼn beweerde waarskuwing van ʼn staking en beurtkrag.

Die party doen ʼn beroep op alle persone wat by die salarisdispuut betrokke is om die kwessie op ʼn verantwoordelike manier op te los en nie die ekonomie en die kragvoorsiener verder in die moeilikheid te dompel nie.

Dit het oor die naweek aan die lig gekom dat ʼn groep senior bestuurders by Eskom die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) sal nader omdat hulle verlede jaar nie salarisverhogings of prestasiebonusse ontvang het nie.

Daar is tussen 180 en 200 bestuurders in die groep en hulle verdien tussen R1,5 miljoen en R3 miljoen per jaar. Hulle eis ʼn verhoging van 4,7%.

Eskom het verlede week verliese van R20,7 miljard aangemeld vir die afgelope finansiële jaar. ʼn Staking kan moontlik volg indien die kragvoorsiener nie instem tot die verhogings nie en dit kan tot geskeduleerde kragonderbrekings lei om druk op die netwerk te verlig.

Natasha Mazzone, woordvoerder van die DA, het gesê die salarisverhogings kan Eskom tot R300 miljoen uit die sak jaag as dit goedgekeur sou word. “Senior bestuur moet ʼn voorbeeld stel wanneer dit kom by spaarsamigheid, en nie die land en die ekonomie gyselaar hou omdat hulle nie ʼn salarisverhoging ontvang het nie,” het sy gesê.

“Eskom se finansiële trajek is nie volhoubaar nie. Suid-Afrika kan nie bekostig om weer beurtkrag te implementeer nie. Dit sal onherstelbare gevolge inhou vir ons ekonomie en gewone burgers.”

Volgens haar moet Eskom alternatiewe planne bedink om die koste van elektrisiteit te verlaag en noodsaaklike mededinging bevorder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Adrian ·

Wie is die mafias wat eis en eis en dreig, nee nee nee hul moet onmiddellik afbetaal word en die rede sabotasie dit mag en kan nie geduld word nie en prastasiebonusse nogal vir wat … dit is jul werk en daai instansie is in sy maai …. EKSDOM ????????????????????????????????

Anel ·

Hulle kry alreeds R100000 per maand! Duisende kry nie eers R100 per maand nie, en wat doen hulle om dit te verdien? Belaglik!!!

Marietjie Blignaut ·

Verhogings mag nie gebeur NIE! Gaan die laaste spyker in die belastingbetalers se doodskis wees. Ons is voos!! Betaal die eisers summier af. Buitendien is daar hopeloos te veel personeel. Meeste het elektrisiën ondervinding en kan hul privaat begin werk. Begin besef waar geld vandaan kom! In die sweet van jou aangesig SAL jy jou brood verdien……. hoop net die unies word verban.

Cherokee ·

As hulle bonnusse ontvang wat eerlik in verhouding met prestasie betaal word, moet hul salarisse verminder word.

Tanya ·

Sit mense in wat weet wat om te doen. Hoe om plek te bestuur SA was nog nooit bankrot nie. Nou is die land net n stuk stof

Challa ·

Soustrein tel nou spoed op. Enigste probleem vir passesiers en drywer – einde van spoorlyn nou naby. En daar is nie brieke nie.

Sieskom ·

IMF HK is in Washington VSA en Mnr Trump hul sal nie eers dink daaroor…asook ieder ander vriend en vyand (tot China het hul belofte nié gehou) oral oor, weet lankal wat hier aangaan …geld sal defnitief nie hier afgegooi word nie, miskien sakke mielies.

Regtig ·

Dis belaglik en as hulle nie hulle sin kry nie word ons gedreig met beurt krag. Ons sal nou seker weer daagliks beurt krag he todat hulle hul bonusse ontvang en dan direk daarna stop dit. Selfde het laas gebeur voor krag verhoging. Ek sal vir helfte van daai geld gaan werk en dan seker nog 10 plus mense se werk gedoen kry daagliks

Iggie ·

Hulle wil net skep, maak nie saak oor die nagevolge nie, ek stem saam raak uitslae van geldgieriges. Ek dink die Chinese moet Eskom koop.

Iggie ·

Iemand moet vir my verduidelik hoe werk die mense se koppe? R20 miljart verlies en hulle soek bonusse en verhogings? Ek guarantee jou dat hulle dit gaan kry of ten minste helfte? Ons gaan maar moet hoes!

Jan ·

Ja julle moet betaal want julle is n klomp dom verloorders en losers.die anc en kommuniste het julle oorwin…hehehe

Hennie ·

DA – dit is R 30 miljoen, nie R 300 miljoen nie. Kry julle somme reg!

Only me ·

R300 of R30 miljoen…steeds baie!!!En dit om net te sit en dink hoeveel geld hul verder kan mors!Geen benul van syfers!En die verbruiker moet opdok!!!Petrol vir generator, yskaste en vrieskaste wat afloop, batterye van alles, hekmotor, elektriese omheining, en en en!!!
Damm gryp in!!!Of ons belastingbetalers moet weier om belasting te betaal!!OUR RIGHT!!!

Div ·

Tussen 180 en 200 bestuurders, ek wil net graag weet wat doen hulle? Dan eis hul nog prestasiebonusse, die plek is in die grond geboer maar hul eis prestasiebonusse en ons word nog afgedreig ook. Uiters swak, raak ontslae van die spul nincompoops. In die ou bedeling was daar beslis nie so baie bestuurders nie en het die handjie vol wat daar was baie hard gewerk en ook nie sulke salarisse verdien nie.

Johan ·

Ag siestog. Die arme bestuurders. Hoe kan Escom verwag dat hulle net met 1 of 2 miljoen rand per jaar moet deurkom?

Eskomiet ·

Ek dink alle bestuurders middel en senior bestuurders se salarisse moet gevries word vir drie jaar. Ek is een van hulle en gaan groot impak op my pensioen wees, maar in belang van die lad moet dit gedoen word. Geen onusse vir die bestuurders en nie-bestuur personeel

Yolande ·

Dit is die eerste kommentaar wat werklik sin maak. Eskomiet – verduidelik asseblief vir jou kollegas dat prestasie bonuses net gegee word indien ‘n prestasie/vordering gemaak word. Wat se doelwitte is bereik deur die bestuur om dit te regverdig. En dan om te verwag ek wat sukkel elke maand met my klein fooitjie moet nog meer betaal? Het enige van hulle enige morele waardes?
Ek het simpatie met jou wat saam met sulke mense moet werk. Behalwe vir die toestand van Eskom slaan hulle hulle name nog met ‘n plank om so versoek te maak – nee jammer – so dreigement.

George in Bloem ·

Ek was dan seker my lewe lank onder die verkeerde indruk en dit is dat mens bonusse VERDIEN,nie KRY nie? Seker maar dom van my.

Lynette ·

PRESTASIE BONUSSE beteken julle het presteer wat julle nog nooit gedoen het nie!!!! Julle behoort almal afbetaal te word!!!!!

John ·

Die IMF gaan nie kom help nie. Daar is 31 000 te veel mense by Eskom volgens die Fonds. Indien Eskom ineenstort sal afdankings volg, maar die lekker-bederf het ingebed geraak. Betaal Eskom werkers vir krag, of word dit ook voorgeskiet. Armes en werkloses ly erg maar hierdie fat cats voel vere.

Adrian ·

Wie is die mafias wat eis en eis en dreig, nee nee nee hul moet onmiddellik afbetaal word en die rede sabotasie dit mag en kan nie geduld word nie en prastasiebonusse nogal vir wat … dit is jul werk en daai instansie is in sy maai …. EKSDOM ????????????????????????????????

Willehond ·

Met genade van bo is ek van die” grid” af! Geen beurtkrag geen niks! Lekker betaal aan almal wat moan en niks doen aan hierdie bestuurders nie

Artie ·

Ek gaan nie betaal vir die menere en juffroue se luukse vakansies, duur motors en dubbel- verdieping huise nie. Kom laat ons saamstaan, WEIER om die “fat cats” nog vetter te voer, hulle het meer as genoeg terwyl gewone mense sukkel om n bestaan te voer!! Ek het nie geld om op hulle te mors nie!!!

Kallie ·

Die senior bestuurders weet die skrif is aan die muur en wil vir oulaas skep.

Pieter ·

Weet nie hoekom bly ons blankes so kla nie want ons doen niks om trent dit nie behalwe kla

Pieter ·

Boikot die belasting dan gaan hulle ore oop gaan wat gaan hulle doen ons almal in die tronk gooi wil dit nog sien dan is daar nie geld om te mors nie laat die unies wat se monde so groot is vir die verhoging van hulle broers betaal

Db ·

Genugtig tot 200 bestuurders! Nie een van hulle is iets werd nie want alles val uitmekaar. Plaas dat hulle daardie eise vir verhoging eerder terugbetaal per maand want hulle verdien nie eers hulle salarisse nie. Soos ‘n bloedsuier – kry nooit genoeg nie en sal aanhou demand en demand

BlinkStephaans ·

Ouens ek weetnie… maak jul somme vir julself enigsins sin?… maar tenminste weet ons nou waarom eskom in so gemors is… bestuur kon nog nooit somme maak. As daai 20miljard in die groen was dan het ek gesê maar natuurlik… welgedaan… gee sommer vir elkeen n bottel Bell’s ook. Maar rerig ouens? Daar is n hele groep oumanne wat reg is om jul werk te doen… en weet julle wat… hulle sal dit doen vir minder as wat julle reeds kry… en weet julle wat nog… hulle sal n helse goeie job doen… en ek wil julle amper waarborg hulle sal dit met 150 man doen… inplaas van jul 300 bloedsuiers.

Potjie ·

Lynette…koop solank vir jou n primus. Jou krag word eerste aggesny. Wrede mens!!!!

verstom ·

Ai laat ‘n mens jou so hoog aanskryf vir iets wat jy gladnie regkry nie. Presteer!!!!!!!! Is dit dit 1ste April of wat?????

Potjie ·

Eskom werknemers betaal net soveel vir hulle krag verbruik per maand soos almal. Hulle kry nie verniet krag nie. Is julle denke rerag so vlak??!! My goodness!

Potjie ·

Julle almal het baie te sê. Wat is in JOU kas wat JY wegsteek? Baie judgemental maar gaan ook “ge-judge” word.. Ek is seker iewers is daar iemand wat moeg is vir JOU!

Potjie ·

Julle almal het baie te sê. Wat is in JOU kas wat JY wegsteek? Baie judgemental maar gaan ook “ge-judge” word.. Ek is seker iewers is daar iemand wat moeg is vir JOU! Ek dink aan die onskuldiges wat hulle werk gaan verloor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.