Eskom vind gou gesteelde eiendom

Argieffoto: GCIS

Eskom in KwaZulu-Natal het eiendom ter waarde van meer as R1,1 miljoen, wat vroeër vandeesmaand gesteel is, teruggekry.

ʼn Verdagte is op 14 September omstreeks 10:40 in die Sappi-substasie betrap met gesteelde Eskom-eiendom. Mjayeli-sekuriteitsbeamptes het die man in hegtenis geneem, het Joyce Zingoni, woordvoerder van Eskom, in ʼn verklaring gesê. “Verdere ondersoek het onthul die man het oor die heining gespring om toegang te bekom tot die perseel. Hy het Eskom-toerusting ter waarde van R525 000 in sy besit gehad.”

ʼn Saak van diefstal is by die Mandeni-polisiestasie aanhangig gemaak. Die verdagte is steeds in aanhouding en sal binnekort weer in die hof verskyn.

“Drie veiligheidswagte is intussen op 16 September in hegtenis geneem in verband met die diefstal van Eskom-eiendom in Howick wat hulle moes bewaak. Die wagte is ondervra en het skuld beken dat hulle met hul vriende saamgewerk het,” het Zingoni bygevoeg.

Kringtelevisiebeeldmateriaal het gewys hoe die verdagtes die Eskom-perseel met voertuie betree en weer die perseel met gesteelde eiendom verlaat. Eiendom ter waarde van R600 000 is teruggevind.

Eskom loof die eksterne sekuriteitspanne, Eskom-sekuriteitspanne en die spanne van die SAPD om die verdagtes in hegtenis te neem.

“Gesteelde Eskom-eiendom word gewoonlik in onwettige aktiwiteit gebruik, soos onwettige verbindings.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Petrie ·

Lyk my maatskappye moet nou nog sekuriteitsmaatskappye aanstel om die sekuriteitsmaatskappye wat reeds aangestel was en sommer net vir die wis en die onwis die korrupte polisie ook

Tiptol ·

Klein vissie wat gevang is. Die grotes ry lekker rond in hul nuwe motors.

Bushy ·

Sal graag in n hof wil sien hoe n persoon wat oor n heining spring R 525 000 se toerusting in sy besit kan he?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.