Eskom waarsku wéér oor krag

Argieffoto (Foto: Jukka Niittymaa/Pixabay)

Hoewel Suid-Afrikaners se ligte gisteraand aangebly het, waarsku Eskom weer eens daar is ʼn groot waarskynlikheid vir beurtkrag indien hy enige verdere kapasiteit verloor. Die kragreus het reeds Dinsdagmiddag ʼn beroep op verbruikers gedoen om hul kragverbruik te verminder om sodoende beurtkrag te voorkom.

Eskom het Woensdag in ʼn verklaring gesê ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit wat veroorsaak is deur opwekkingseenhede wat onklaar geraak het, asook ʼn vertraging om ander eenhede weer in diens te stel, lei tot groot druk op die kragstelsel.

“Hoewel beurtkrag nie tans verwag word nie, kan Eskom gedwing word om fase 1-, of indien nodig, fase 2-beurtkrag in werking te stel as verdere probleme ondervind word. Dit sal heel waarskynlik tussen 17:00 en 22:00 vanaand (Woensdag) ingestel word,” sê Eskom.

“Die huidige vooruitsig vir die res van die week sal na verwagting verbeter, terwyl Eskom-spanne onophoudelik werk om meer opwekkers terug in diens te stel.”

In dié stadium is 13 899 MW weens onbeplande herstelwerk nie beskikbaar nie, terwyl 2 220 MW weens beplande instandhoudingswerk uit die stelsel gehaal is.

Eskom sê hy sal onmiddellik met die publiek kommunikeer indien daar drastiese veranderinge aan die stelsel sou ontstaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johann ·

Wel ten minste hou ESKOM by die “lig” tema. N flikker lig…hys aan…hys af….hys aan….hys af…hys gefuse. ANC LEGACY van wanbestuur en vergrype.

Samuel ·

Danksy die wanbestuur het SA nie meer ‘n kragreus nie. Pffft

Persheks Adri ·

Ons is ook onder druk Eskom! Doen julle werk en gou ook. Gatvol betaal vir diens wat ons nie ontvang nie. Ons gaan begin rekening stuur vir generators se diesel werklik waar!

Annelize ·

Ja, en as Eskom begin waarsku, kan jy maar weet, die skrif is aan die muur. Sorg maar solank dat die Genny vol petrol kom, en dat die kampligte gelaai is.

marius ·

Kom ons verstaan dit duidelik . Julle is te sleg om jul werk te doen , maar julle waarsku diegene wat deur hul nekke moet betaal en elke dag skade lei deur julle onbeholpenheid ? Daar moet beurt belasting ingestel word , dan kan julle voel as julle elke derde maand salaris kry !

Barend ·

Soos ‘n ou kar. Jy kan hom gereeld versien maar jy weet nie wanneer hy gaan breek nie. Gelukkig is Medupi al 10 jaar terug soos beplan klaargemaak – Not

Piet parys ·

Ek ken baie mense wat nou sonkrag het maar steeds is daar n te kort aan krag maw Eskom lewer al hoe minder. Dankie tog vir sonkrag.

Excalibur ·

Dit help nie om ‘n politiese toutrekliggaam “lewend” te hou as die breinfunksie dood ge-“B-BBEE” is en die hartklop met regstellende aksieskokke verlore gegaan het nie. Al wat oorbly is ‘n kadawer – resultaat. Regering, sit die masjiene af en gaan liefs en subsideer Jan Publiek behoorlik om na alternatiewe krag soos sonkrag oor te slaan vir nuwe groei en belleggingswaarde in die toekoms.

VaalDonkie ·

As jy die geld het, koop ‘n gasstoof en gas geyser. En kry sonpanele en ‘n battery vir lig of as jy ‘n rekenaar gebruik om te werk.

annie ·

Ek het slapelose nagte oor daai dooie gloeilampies wat so wapper in die wind. Kan ons nie kombersies help hekel vir die drie voor die winter aanbreek nie? Aaitog! Swart wol sal mooi lyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.