eThekwini ontken werker steel koshulppakkies

‘n Skermskoot uit die video op Twitter.

Die eThekwini (Durban)-munisipaliteit ontken bewerings dat een van sy werknemers kosskenkings in die vloedgeteisterde KwaZulu-Natal gesteel het.

’n Video doen tans die rondte op sosiale media waarin ’n werknemer van die munisipaliteit daarvan beskuldig word dat sy ’n bakkievrag kospakkies – wat glo deur inwoners van die noorde van Durban onder reddingswerkers versprei is – gesteel het.

“Is eThekwini besig om die hulppakkies te steel?” wil ’n woedende vrou by ’n munisipale werker weet. Dit wil in die video voorkom of die vrou die werker op heterdaad betrap het met gesteelde kosskenkings agterop ’n bakkie. Die bakkie word in die video deur ’n vragmotor van die polisie en ’n vragmotor van die munisipaliteit begelei.

“Hulle het gekom en vragte vol hulppakkies gelaai,” beweer die vrou dan in die video. “Ek het letterlik my kar voor hulle parkeer om te verhoed dat hulle wegry.”

“Die bestuurder het nie gesteel nie,” het die metro egter Maandagaand in ’n verklaring bevestig.

“Sy is een van ons werknemers in die Gemeenskapsdeelname‑eenheid en is aangewys om skenkings aan een van die townships te lewer.”

Die kosskenkings is glo by ’n sentrale verspreidingspunt opgelaai waar die munisipaliteit hand bysit om dit na vloedgeteisterde gebiede te versprei.

‘n Skermskoot uit die video op Twitter.

“Ons kan ook berigte bevestig dat sommige inwoners daarop aandring dat geskenkte goedere by gebiede van hul keuse afgelewer word en dikwels word daardie gebiede nie die swaarste geraak nie.

“Dit is jammer dat die betrokke werknemer se reputasie op hierdie wyse skade aangedoen is. Ons doen ’n beroep op die publiek om op te hou om vals nuus te skep en te versprei.”

Die munisipaliteit het vroeër in ’n verklaring gesê munisipale werkers het oor die Paasnaweek bont gestaan om te sorg dat watertenks by die geraakte gebiede uitkom.

Pres. Cyril Ramaphosa het intussen ʼn nasionale ramptoestand aangekondig in ʼn poging om doeltreffend te kan reageer op die humanitêre en ekonomiese krisis wat deur die oorstromings in KwaZulu-Natal veroorsaak is.

Die eThekwini-munisipaliteit sê sy water-en-sanitasiespanne werk 24 uur per dag aan herstelwerk en verskeie gebiede is reeds van water voorsien. In die binne- westelike streek is watertoevoer na die meeste dele van Reservoir Hills, Pinetown, New Germany, Westville‑Noord en Westville‑Sentraal herstel. In die suide is toevoer in uMlazi C-Seksie, KwaMakhutha en Lovu C-afdeling herstel.

Herstelwerk is ook tans in Shallcross, Impola, Leligwababa, KwaDabeka, Clermont, KwaNdengezi, La Mercy, Glen Anil, uMhlanga Rocks‑weg, Virginia en Amaoti aan die gang om watertoevoer in dié gebiede te herstel.

“Uitgebreide herstelwerk aan infrastruktuur is in die uMdloti-gebied nodig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Kokerboom ·

Die jag is oop vir gevoellose hartelose skelms! Hou die ruimte dop vir diefstal van rampfondse!!!

Kobus ·

Ongemerkte bakkie? Gewoonlik is daar plakkers op die voertuie wat die verskillende afdelings verteenwoordig

Di ·

Ja ek dink ons almal weet al wat met vorige skenkings gebeur het! Party het net GEEN gewete nie, hou maar die nuus dop – korrupsie gaan weer die hoogtes inskiet met hierdie vloedramp in KZN

Kaptein ·

Ja ja net so het Zuma ook gesê. Maar….kom hy nie ook van kzn af nie.

Witbaard ·

Het iemand nie weer te gou die “post” knoppie op Facebook gedruk nie. Vra maar net. Ek het al self met n ongemerkte bakkie emmers vol sop en honderde brode plakkerskamp toe aangery.

Andre ·

Dit mag so wees wat die woordvoerder beweer maar dit is’n algemene feit dat hulpfondse leeg gestel word juis deur diegene wat dit moet bestuur. Ek wil juis ook iets bydra maar het geen vertroue dat dit diegene wat dit nodig het, dit gaan bereik nie

Snowball ·

Nou hoekom verdedig die honourable kader nie sommer self op die video, terwyl sy kwansuis haar werk doen, dat sy wettig daar is nie?

maruis ·

Land van melk en heuning. Dit is maar net die begin. Kom ons sien wat gebeur met die Noodtoestand se miljarde. onthou die Covid geld is klaar.

domheks ·

As tot ons minister van Finansies nie die anc kaders vertrou nie, dan moet jy weet hoe vrot hulle werklik is! Sal nooit verander nie. Wonder of die mense besef dat hulle hulle eie mense beroof!

Schalk ·

Ongelukkig het dit al voorheen gebeur so mense is dadelik agterdogtig en heelmoontlik is dit die waarheid. Slagoffres van rampe ontvang gewoonlik nie die skenkings nie. Of ten minste nie alles nie.

Kobus ·

@Witbaard, die berig lees dat die dame vir die munisipaliteit werk. Dus is ‘n ongemerkte voertuig verdag en die dame sit net verskrik en staar sonder om haarself te identifiseer. Dis wat die vraag laat onstaan

Gert ·

Onthou die skenkings is net vir “sekere” mense bedoel en nie vir almal nie

Johanna ·

Dankie aan due vrou wat tog seker gemaak het kospakkues word nie deur enige jan-rap weggevat nie..
Munisipaliteite is self verantwoordelik.vir soveel korrupsie dat mens hulle MOET op check

lodewyk ·

Waar n rokie trek is daar n vuurtjie?Nee wat ek vertrou geen ANC stelling meer nie!!

Klaar me Maroela ·

Volgens doe woordvoerder van die Munisipaliteit werk die vrou vir die “Gemeenskapsdeelname‑eenheid” (“Community Participation Unit”).

Ontleders beskou die Gemeenskapsdeelname-eenheid as ‘n KADEREENHEID van die ANC(ancer), wat dikwels sy invloed gebruik om ondersteuning vir die party (ANC) te werf met ondersteuning aan (geselekteerde) “gemeenskappe” (lees “ANC ondersteuners”)

Ek haal die volgende direk aan van die Daily Maverick se webwerf:
“Sources told Daily Maverick they believed the goods were destined for ANC councillors to distribute in distressed communities. This region of the governing party is the stronghold of the party’s RET faction.”

Daar, nou het almal die waarheid…..

SIEK, SIEK, SIEK!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.