Faf de Klerk verloof

Faf de Klerk en sy verloofde, Miné van Niekerk. (Foto: Faf de Klerk/Instagram)

Die blondekop-skrumskakel Faf de Klerk is uiteindelik platgeduik deur die liefde en hy het sy meisie, Miné van Niekerk, gevra om te trou.

Die paartjie het die nuus op hul onderskeie Instagram-bladsye gedeel.

“Verloof! Geseën met die beste! Ek is lief vir jou my skat!” Só lui die woorde wat die kranige rugbyspeler saam met die verlowingsfoto’s gedeel het.

Talle bekendes, wat Cheslin Kolbe, Franco Mostert en Bok van Blerk insluit, het die paartjie reeds gelukgewens.

De Klerk was in 2019 as die gewildste speler onder Maroela Media-lesers aangewys ná die Suid-Afrikaners se suksesvolle Wêreldbeker-veldtog in Japan.

Van Niekerk het die oorwinning van die einste Wêreldbeker saam met De Klerk in Japan gevier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Kensy ·

Is dit net ek of lyk die twee BAIE na mekaar… selfde hare kleur en styl… kant paatjie .. selfde kleur oe..

Janie ·

Want elke pot se deksel moet mos by hom/haar pas. Kan jy net dink hoe mooi hulle kinders gaan wees?

Annelize ·

Dis die eerste ding wat my opval van die 2. As ek nie van beter geweet het nie, sou ek hulle baie maklik as broer en suster kon aansien.

Hoe ook al, mag hierdie 2 pragtige mense net gelukkig wees.

Janie ·

Baie geluk julle 2 mooi mense. Mag alles wat mooi is vir julle wag… en mag julle ryklik geseën wees met julle pad saam vorentoe..xxx

Piet ·

Ek vra namens ‘n vriend…..
Hoe klein is sy as Faf omtrent ‘n kop langer is as sy?

miche ·

Inderdaad ‘n pragtige paartjie. En hul lyk sowaar na mekaar.
Sy het so ruk terug in ‘n onderhoud (tydskrif ) genoem sy hou glád nie van verandering nie. Ek hoop die rugbylewe behandel haar goed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.