Familie in rou ná jong Limpopo-boer se skokdood

Louwrens de Jager saam met sy vrou Lee-Ann en hul dogtertjie Carmi. Foto: Verskaf

Louwrens de Jager saam met sy vrou Lee-Ann en hul dogtertjie Carmi. Foto: Verskaf

ʼn Jong boer van Polokwane is Sondag ten aanskoue van sy vrou en twee kinders op ʼn plaas net buite die dorp doodgeskok.

Louwrens de Jager (29) was saam met sy vrou, Lee-Ann, en hul twee kinders, Carmi (23 maande) en Bernich (vier maande), op hul plaas Doornbult toe hy vermoedelik deur ʼn kortsluiting by ʼn spilpunt doodgeskok is.

Louwrens se pa, Louwrens snr., het aan Maroela Media vertel dat die gesin na die aartappelland toe is om die perde uit die land te jaag. “Daar was die afgelope tyd gereeld probleme met die elektrisiteit op die plaas weens kabeldiewe wat op die plaas kom en met die goed peuter. Terwyl hulle in die land was, het Louwrens gesien dat die sproeier op die end van die spilpunt afgebreek het en hy het aan die pyp geraak om te kyk wat die probleem is. Toe hy aan die spilpunt raak, is hy geskok,” het hy gesê.

Die egpaar se seuntjie Bernich. Foto: Verskaf

Die egpaar se seuntjie Bernich. Foto: Verskaf

Lee-Ann wat glo net enkele meter verder gestaan het, het gesien hoe dit gebeur. “Toe die krag hom los, het Louwrens uit die land gekruip. Lee-Ann het hom op sy rug gedraai en dadelik noodbehandeling toegepas. Maar toe die ambulansdienste daar opdaag, was hy klaar dood,” het Louwrens snr. gesê.

ʼn Elektrisiën wat later die spilpunt ondersoek het, het bevind dat daar met die bedrading gepeuter is en dat ʼn lewendige draad aan die pyp waarop die sproeiers was geraak het.

ʼn Emosionele Louwrens snr. het sy seun beskryf as ʼn standvastige leier wat net vriende en nie vyande gehad het nie. “Waar hy gekom het, het hy mense se lewens aangeraak. Hy het altyd ʼn sagte woord vir ander gehad en in sy hele lewe het ek en hy nooit rusie gemaak nie. Al is ek soveel ouer as hy, het hy my nog steeds so baie goed geleer. Hy was my mentor, my boesemvriend, my seun.”

Louwrens laat ook sy ma, Karin, en sy twee susters, Carla en Zolé, agter. ʼn Roudiens word Saterdag om 10:00 in die AGS-Oos gemeente in Polokwane gehou. Daarna sal Louwrens op die plaas begrawe word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Marianne ·

Houe tragies. Innige simpatie asn die familie. Mag die Hemelse Vader jul beskerm en bystaan in hierdie seer tyd en ook in die toekoms.

Nettie ·

Sal nie verbaas wees nie, Chrisjan. Sal nie verbaas wees nie. Dalk is dit met opset gedoen – die gepeuter met die elektrisiteit, die perde wat in die land was – dalk daar ingejaag om te verseker dat die boer sal kom ondersoek instel? Nóg ‘n manier om wit Afrikaner boere van die plase af te kry???

Langtand ·

Dit breek my hart! Ja ,ek stem saam ,dis presies soos Chrisjan sê, sabbotasie!!
Die wêreld is vol van die drek, en nou moet n familie betaal vir die vuilgoed se begeertes om alles om hul te steel! So jammer die draad het nie die dreksel doodgeskok nie! Lyk my ons boere word uit alle rigtings bedreig, skokkend!
Mag die Here julle naby wees in hierdie verskriklike moeilike tyd!

Gideon ·

Ja nee kyk, dis darem nou net toevallig hoe dit gebeur het. Maar dit sal seker as n ongeluk afgeskryf word deur ons fantastiese polisie mag. Ons gebede aan die familie…..boere is die voeders van hierdie land maar ook die teikens van barbare met oer oue barbaarse tradisies.

SNEL ·

Baie hartseer wat hier gebeur het, en so onnodig. Baie sterkte aan sy vroutjie, ouers en al die familie en vriende.

kotie de lange ·

Dis verskriklik nog so jonk sy lewe is onnodig kort geknip deur skurke wat nie werd is om te lewe nie BAIE STERKTE AAN SY FAMILIE

Johannes Meintjes ·

Simpatie. My herhaalde voorstel is landbou kommunes waar families saamwoon, saamwerk, spesialis en beskermingstake deel, onderhoud behartig en waar families en medemense na mekaar omsien. Duidelik, – in die teenwoordigheid van toenemende terrorisme en misdaad, moet plaasonderhoud nou met ‘n groter perspektief behartig word.

Gesiggie ·

EK VERSTAAN NIE……???? Ek verstaan nie vrae maal deur my Binneste??? vir wie kan ek vra?? Hoekom moes dit so gebeur??? Ek kan net dink dat Lee-Ann soveel hartseer deurmaak… met die wete dat haar man en die twee pragtigge kinders se Pappa nie nou meer daar is…. so n mooi gesin wat se lewe nou uit mekaar geskeur is”’ Die tyd van die jaar is dit nog erger Kersfees is om die draai…. My hart gaan uit na jou Lee-Ann… en aan jou kindertjies… Mag Jesus jul hartseer verlig, mag jul vertroosting vind…. Met innige simpatie… Aan sy Ouers en Familie ook… Jammer vir jul verlies….

Frans ·

‘n Absolute tragedie. Indien dit met opset gedoen is, is dit moord met voorbedagte rade want hul sou geweet het ‘n boer sou dadelik ondersoek instel om vas te stel wat die probleem is,en die nodige herstelwerk probeer doen.

Sterkte en simpatie aan die gesin.

Jenny Thom ·

Dit is soooo tragies, maar ek wil vandag vir die ouers troos. Weet maar net:-

ABBA Vader het Louwrens vir Hom kom haal. Hy het hom nodig om ‘n baie spesiale taak te verrig. Niemand anders sou deug nie. Troos julself daaraan. Hy is nog altyd naby julle en waak oor julle. ABBA Vader sal jul krag gee en neem asseblief net eendag op ‘n slag. Baie, baie sterkte.

neelsie ·

Baie jammer oor die tragedie.
“Mag Jesus julle toevou in Sy liefde”
Onthou , God bly in beheer, al kan ons nie al die antwoorde gee nie.
Ons is atlete in n wedloop, bytvas, Jesus het reeds die wedloop vir ons voltooi en oorwin.

Eliza-beth ·

Dis erg as sulke dinge die tyd van die jaar gebeur. BAIE sterkte en simpatie aan die gesin en familie, mens kan jou nie indink hoe dit moet voel nie. Weet net derdusiende mense dra jul in hul harte en gebede.

H ·

Weet nie wat om te se nie. Dit raak baie erg die tyd van die jaar. Sterkte aan die familie en vriende. Wonder of alles gaan reg kom in die land en of daar regtig nog hoop is vir die land.

Miq ·

Ek het nounet die artikel in MaroelaMedia gelees van Lourens de Jager se dood…DIS DUIDELIK ‘N PLAASMOORD hulle se daar was ‘n afgebreekte spilpunt toe hy aan dit vat word hy dood gekok ..op nadere ondersoek was daar ‘n live wire aan die spilpunt gekoppel …DIT RAAK NOU ERG

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.