ie Grove Mall in die ooste van Pretoria is Dinsdagaand ontruim weens ʼn bomdreigement.
Lees meerAlles vir Dinsdag 8 Desember 2015
Oscar Pistorius wil hierom appelleer
Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het gesê hy sal versoek dat Oscar Pistorius die voorgestelde minimumvonnis van 15 jaar tronkstraf ontvang vir die moord op Reeva Steenkamp.
Seun (15) se lyk in kloof gevind
Die ontbinde liggaam van ʼn 15-jarige seun is deur reddingswerkers en lede van die polisie se honde-eenheid uit ʼn kloof naby Pinetown in KwaZulu-Natal verwyder.
Seun en dié se vriendin hoor dán oor borgtog ná moord op ma
Gideon Stassen (43) en sy vriendin, Chantelle Justine Minnott (31), wat verdink word van die moord op Stassen se ma, Annetjie Stassen (78) van Kempton Park aan die Oos-Rand, sal na verwagting Donderdag aansoek doen om borgtog.
Familie in rou ná jong Limpopo-boer se skokdood
ʼn Jong boer van Polokwane is Sondag ten aanskoue van sy vrou en twee kinders op ʼn plaas net buite die dorp doodgeskok.
ToekomsVenster: Betekenis deur jou storie
Dit is Hy wat betekenis in en deur alles aan jou lewe gee; die wete dat Hy op pad is met jou en dat Hy jou, met jou unieke storie, wil gebruik om weer ander te bemoedig.
Boksburg-tiener in plek van veiligheid ná weeklange soektog
Anchené van den Berg (17), die meisie van Boksburg wat Sondag gevind is nadat sy byna ʼn week lank vermis was, is tans in ʼn plek van veiligheid, het haar pa gesê.
Hittegolf vir eers nié verby
ʼn Hittegolf-waarskuwing is Dinsdag deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens uitgereik.
ʼn Halfuur saam met adv. Thuli Madonsela
Daar is menige Suid-Afrikaner wat sê Madonsela moet die politieke arena betree, maar sy meen dit is nie haar doel in die lewe nie.
Man vas vir verkragting van 2-jarige
ʼn 41-jarige man van Gelvandale in Port Elizabeth in die Oos-Kaap is in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ʼn tweejarige dogtertjie.
Nóg rowers deur Schweizer-Reneke-gemeenskap gefnuik
Te danke aan die flink optrede van die gemeenskap van Schweizer-Reneke in Noordwes is drie verdagtes aangekeer kort nadat ʼn sakeman in die dorp beroof is.
Thandi Maqubela nader nóg ʼn hof vir appèl
Die veroordeelde moordenaar Thandi Maqubela het nou ook die appèlhof genader vir verlof om appèl teen die vonnis van drie jaar tronkstraf wat haar opgelê is vir bedrog en vervalsing.
Bykans 17 000 vrywilligers help strande skoonmaak
Plastics SA, ʼn organisasie wat jaarliks deelneem aan die internasionale skoonmaakdag van strande om kusgebiede en omliggende areas skoon te maak, sê vanjaar se skoonmaakdag wat op 19 September plaasgevind het, was ’n reuse-sukses.
Reën broodnodig vir SA om ernstige probleme te vermy
Suid-Afrika mag dalk nie meer genoeg voedsel vir sy huishoudelike behoeftes kan produseer as dit nie binnekort reën nie, het kundiges vandeesweek verduidelik op ʼn spesiale Nasie in Gesprek-program op kykNET.
[Video] TBF: Baie foto’s en geen gemmerkoekies, vra CH2
“Kersfees is ’n tyd van gee en nie neem nie,” sê Leon Gropp, die een helfte van die talentvolle kitaarduo, CH2. “Al wat jy dié feesseisoen moet neem, is foto’s,” spot hy. Corneille Hutten-Burger, die ander helfte van die groep, skerts dat mense wat altyd vir hom gemmerkoekies koop, dit nie vanjaar moet doen nie.
Limpopo-plaasmoord: Werker en nog twee vas
Drie verdagtes is in hegtenis geneem nadat die liggaam van ʼn vrou Maandagoggend deur haar huishulp onder ʼn matras in een van die slaapkamers in haar huis in Limpopo gevind is.
Rommelstatus: ‘Zuma moet waai’ sê ekonoom
Die maklikste en vinnigste manier vir Suid-Afrika om rommelstatus te probeer verhoed, is om ontslae te raak van pres. Jacob Zuma, het ‘n bekende ekonoom gesê.
Oscar Pistorius op borgtog vrygelaat
Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdagoggend borgtog aan die voormalige Paralimpiese atleet Oscar Pistorius toegestaan.
Tweelingboeties sterf saam
Die polisie is op soek na ʼn motoris wat 14-jarige tweelingbroers van die Vrystaat Maandagoggend op die N1 doodgery het.
Nuuskommentaar: Afrikaans ís die teiken, al sê Zoeloekoning ook wat
Zoeloekoning Goodwill Zwelithini het baie mense laat regop sit met gerapporteerde uitsprake oor sekere positiewe erflatings van apartheid en sy gesindheid teenoor Afrikaners, maar die vyande van Afrikaans op universiteite toon klaarblyklik geen sulke misplaaste sentimente nie.