Boksburg-tiener in plek van veiligheid ná weeklange soektog

Anchené van den Berg. Foto: Verskaf

Anchené van den Berg. Foto: Verskaf

Anchené van den Berg (17), die meisie van Boksburg wat Sondag gevind is nadat sy byna ʼn week lank vermis was, is tans in ʼn plek van veiligheid, het haar pa gesê.

Pieter, Anchené se pa, het Dinsdag aan Maroela Media gesê sy dogter word tydelik in ʼn plek van veiligheid gehou ter wille van haar eie veiligheid en om haar kans te gee om die trauma wat sy deurgemaak het te verwerk. “Ons weet waar sy is en ons sien haar elke dag. Sy bly tydelik daar ter wille van haar eie veiligheid omdat die man saam met wie sy was haar lewe bedreig het,” het hy gesê.

Maroela Media het vroeër berig Anchené is Sondag in die vroeë oggendure in Durban opgespoor. Sy is die laaste keer gesien toe haar ouers haar verlede Maandagoggend by die skool afgelaai het om haar laaste eksamenvak vir die jaar te skryf. Toe hulle ʼn paar ure later weer opdaag om haar op te laai, was sy nêrens te vinde nie. Haar ouers het ʼn brief in haar sluitkassie by die skool gekry waarin sy sê dat sy op haar eie wil wees en “haar eie ding gaan doen”.

Lt. Kwenzakwakhe Ngobese, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat die 27-jarige man saam met wie Anchené was, in hegtenis geneem is op aanklag van bedrog. “Die aanklag het betrekking op ʼn onverwante geval. ʼn Saak van ontvoering word ook ondersoek, maar in dié stadium is die verdagte nie daarvoor aangekla nie,” het hy gesê.

Volgens Pieter is Anchené onder valse voorwendsels na die man toe en het sy nie geweet wat daar vir haar sou wag nie. “Omdat die omstandighede deel vorm van ʼn polisieondersoek, kan ons nie veel besonderhede bekendmaak nie, maar Anchené het beslis nie die waarheid geweet nie. Ons prys net die Here dat sy veilig terug is by ons. Ons het gisteraand vir die eerste keer sedert hierdie nagmerrie begin het ʼn ordentlike nagrus gekry,” het hy gesê.

Pieter het namens die gesin almal  bedank wat met die soektog gehelp en Anchené se foto versprei het. “Ons is ongelooflik dankbaar vir almal se hulp en ondersteuning,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

36 Kommentare

jongste oudste gewildste
pauline

Ek is bly die kind is veilig, maar di vraag is deur watter sosiale netwerk het sy die ou ontmoet selfs vriende kringe. Al wat nou saak maak sy is veilig

Magda Blom

Ek hou vol by dit wat ek voorheen gese het: Sy het haar ouers in onnodige erge trauma geplaas en net aan haarself gedink sonder om aan die nagevolge te dink. Ek kyk na haar foto – sy lyk nie na ‘n skoolgaande persoon nie – veel ouer. Weglopery van jong dogters en meisies gebeur net te maklik en te veel. Let wel: ek oordeel nie die persone waar daar erge probleme aan huis ervaar word nie, maar dan is wegloop ook nie ‘n opsie nie – wend jou na jou naaste famillie, onderwysers, predikante of kontak die polisie. Vir… Lees meer »

Mandie

Ek hoop regtig mense sal nou leer om hulle “kop klappe” en kom ons ignoreer want almal loop weg en bas velle aftrek comments bietjie eenkant te sit as hulle nie die waarheid en die volle waarheid ken nie. Baie bly sy is veilig en mag ander tieners en selfs grootmense so ogies nou oopgaan.

ME

Baie bly sy is veilig. Maar die dametjie was weer te groot vir haar skoene. Hoe kon sy in veilige skoolterein n brief gaan skryf het wat sê “Sy wil haar eie lewe gaan lei” en uit veilige gronde uitstap. Hoekom het sy nie dit gaan aangee van die 27jarige wat vir haar wag nie. Syt gedink die weivelde is groener aan die anderkant…..toe is dit nie “maanskyn en rose nie” Nee wat sys kop in een mus tot sy agterkom die gras is nie so groen nie. Hoe kon sy in die eerste plek met n 27jarige deurmekaar raak.… Lees meer »

Moeder

Ja nee wraggies. Deesdae kan kinders maak wat hul wil en daarna in n glaskas gesit word. Hoekom het sy in die 1ste plek kontak met n 27jarige man? As sy so onskuldig was sou haar gesonde verstand haar gewaarsku het. Eishhhh.