Familie, werkers kry berading ná Bonnievale-plaasaanval

Tool (53) en Liezel (51) Wessels. Foto: verskaf

AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid het vroeër dié week die plaas Kapteinsdrif buite Bonnievale besoek waar die boer Tool Wessels (53) vermoor en sy vrou, Liezel (51), gemartel is.

Die eenheid het emosionele bystand en ondersteuning aan die nagenoeg 15 plaaswerkers verleen en ook ’n groepontlonting van stapel gestuur.

Die werkers, veral die persoon wat eerste op Wessels se liggaam afgekom het, asook die Wessels-gesin se huishulp, is erg getraumatiseer deur die gebeure, het Johan Kloppers, trauma-ondersteuningsbeampte by AfriForum, gesê.

Die Trauma-eenheid gaan ook die familie in die hospitaal besoek om emosionele bystand te verleen en sal ondersoek doen om te bepaal of daar ’n behoefte aan verdere ondersteuning bestaan – hetsy by die gemeenskap of die betrokke familie.

“Dit is baie tragies wat hier gebeur het. Die feit dat die werkers baie erg getraumatiseer is ná die koelbloedige moord op Wessels en die makabere manier waarop sy vrou, Liezel, gemartel is, gaan beslis ’n letsel op dié mense laat. Dit is egter nie die enigste hartseer waarmee hulle worstel nie.

“Die moontlikheid dat hulle dalk nie verder enige inkomste kan verdien nie aangesien hulle werkgewer oorlede is, plaas verdere druk op hulle. Die werklikheid is dat elke boer wat vermoor word, basies ’n besigheid is wat sy deure moet sluit,” het Kloppers gesê.

Maroela Media het vroeër berig die polisie ondervra ʼn 19-jarige verdagte in verband met die moord op Wessels.

“Een van die vuurwapens wat tydens die voorval gesteel is, ’n .22-geweer, is gekonfiskeer,” het lt.kol. André Traut, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, vroeër gesê.

Die Wessels-egpaar is Dinsdagaand op hulle plaas, Kapteinsdrif, oorrompel, vermoedelik deur vier mans met klapmusse. Liezel het pas teruggekeer van ’n atletiekoefening en Tool het werkers op die dorp gaan aflaai. Die aanvallers het hulle vermoedelik op die plaas ingewag.

Die egpaar en hulle dogters, Annelie (23) en haar suster, Jana (19), boer al sedert 2000 op die plaas, hoofsaaklik met druiwe, appelkose en perskes.

Liezel is tydens die aanval met ’n skerp voorwerp in die bors gesteek en met kookwater op haar rug gebrand. Annelie het vanoggend gesê haar ma word steeds in die hospitaal op Worcester behandel.

Liezel het tydens die aanval haar bewussyn verloor en by die bure gaan hulp soek toe sy weer bygekom het. Haar man se liggaam is ná ’n soektog ’n ent weg van die huis gevind. Hy was reeds dood.

Die ander verdagtes wat in die voorval betrokke was, is nog soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Oujongvrou ·

Ek dink van die ander werkers weet wie die aanval geloods het. Hulle is mos nie nou by die werk nie. Bleikbaar is die een wat gevang is n seisoenwerker. Nouja as plaaswerkers reg in eie hande neem as hulle weet wie hulle boer vermoor het, wie kan hulle blameer. Daar sit hulle nou almal sonder werk, want die mense het klaar gese hulle gaan nie terug plaas toe nie. Hierdie regering sal moet help keer want daars al klaar werkskaarste.

jennefer ·

Nou kan regering die plaas koop vir n appel en n ei, en dan gaan nog n plaas en werkgeleenthede verlore.

Viv ·

Jammer, maar ek verstaan nie die naiwiteit nie. Daar is geen manier waarop die regering sal “keer” nie. Die agenda is tog so duidelik as daglig – hoe is dit moontlik dat ons mense na 400 jaar nog so goedgelowig is? G’n wonder ons is sulke makilike teikens nie.

onderwyser ·

ek wil hierdie hofsaak bywoon, ek sal graag wil weet wat hier gebeur het en hoekom die werkers so getraumatiseer is

leonora ·

HOU OP OM ILLEGAL IMMIGRANTS AAn TE STEL wat mens minder betaal. die boere dra deel vd skuld v hierdie gebeure!! hulle stroom reeds oor ons grense nou stel jy nog hulle onwetting aan.

Johnny Lerm ·

Die persoon wat kommentaar gelewer het dat die boere n bydrae tot die Bvale moord het, omdat hulle onwettige werks in diens neem is totaal oningelig. Boere moet aan streng voorwaardes voldoen en kan geen persoon sonder die nodige dokumente aanstel nie- dus as die regering dokumente aan “onwettige moordenaars” uitreik is hulle medepligtiges aan Plaasmoorde.
Die persoon se kommentaar klink ook of hy/sy geen simpatie het met Plaasmoorde nie- Hoop jy geniet jou volgende bord kos terwyl die Boere nog, in moeilike omstandighede, voedelsekerheid verseker.
Hoera vir die dapper Boere!!!!

ZAR ·

leonora dink bietjie voor jy skryf. Jou omgekeerde denkwyses is onvanpas in hierdie saak. Dis nie die boere se skuld dat hy aangeval word nie. Jy het ANC/EFF mentaliteit.

Cherokee ·

Jul aanval op Leonora getuig juis van oningelig wees. Sy is absoluut reg met wat sy sê, want dit is wel so dat vele booshede wat gepleeg word, is deur boosaards van oor die grense.

Sarie ·

Baie tragies en hartseer wat met hierdie gesin gebeur het. Indien enige plaaswerker aangeval was, sou die DA lank voor Afriforum opgedaag het. Dit is verseker.

Boer in Beton ·

Soos met Distrik Ses, het die regering geen plan met grondhervorming nie. Plase le verlate , onbewoon en onbewerk, omdat die regering geen benul het watter grond aan hulle behoort nie. Kyk maar hoeveel “abandoned farms” op die internet gelys is.

Francois ·

Hartverskeurend! So word ons volkie een vir een uitgewis…?

Maro ·

Die regte ding om te doen sou wees dat al die politieke partye n “man hunt” begin. Die hofsaak bywoon en daar wees as hulle toegesluit word. Maar ja ons weet maar wie aandele hierin het.

Oppaduit ·

Leonora se denke is 100% reg. Sonder grense, geen land. Vrye Migrasie en Liberale Demokrasie is Weste se einde. Maar dit is demokrasie, die meerderheid is ten gunste, die meerderheid moet alles verloor en swaarkry. Vir die klein boer wat te laat begin meganiseer het, is onwettige arbeit ‘n tydelike uitstel van die finaliteit.

DA BO ·

Leonora n seisoen werker beteken nie hulle is onwettig hier nie. Boere ry die mense van bv qwa qwa met lorries aan om te help met oeste. Dis in die vrystaat!!!sodiende kry daai mense ook n salaris as dit pluktyd ens is. As jy niks weet van boer, moenie aannames maak nie.

Francois ·

Ek weet nie van ander provinsies nie, maar in die Wes-Kaap is daar baie streng vereistes voor buitelandse werker soos die van Lesotho of Zimbabwe in diens geneem mag word.

Daar moet n geldige werkspermit in die persoon se paspoort wees. Hulle het ook dieselfde regte as Suid Afrikaanse burgers en moet dieselfde betaal word. Die buitelanders weet dit ook.

As hulle anders hanteer word of nie volgens S.A arbeids Wette hanteer word, dan mag hulle gewis ook by arbeidskantore n boer gaan verkla.

Daar word jaarliks inspeksies op plase gedoen, en daar word na rekorfs gekyk tot sover as 3 jaar terug. Die ouditeure doen ook onderhoude met die S.A. sowel as buitelandse burgers tydens hul besoeke.

Moet dus nie stellings oor goed maak waarvan jy niks weet nie @Oppaduit

LINDA ·

Bonnievale is gewis Wes Kaap. Werkers sou nie sonder permitte daar wees nie. Maar hoekom is die boere so mak? Waar is die honde wat kan aanval en jou rewolwer?? Min boere is deesdae sonder rewolwers….

Corrie Botes ·

Malema en sy trawante moet vir die plaaswerkers, wat sonder heenkome en inkomste is, na ‘n boer vermoor is, sorg!! Dit is mos op hulle aandrang dat boere vermoor word!! Siende hulle self soveel fondse het, wat hulle onwettig bekom het!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.