Familielede slaan glo tiener dood

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto)

ʼn Tiener is glo die afgelope naweek deur lede van sy familie doodgeslaan nadat hulle hom daarvan beskuldig het dat hy ʼn T-hemp gesteel het.

Drie verdagtes, onder wie sy tannie, is ná die voorval in hegtenis geneem en het reeds in die hof verskyn. Een verdagte is steeds op vrye voet, maar die polisie verwag om hom ook binnekort vas te trek.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê Andile Sambo (18) is glo op die dag van sy moord deur sy tannie en drie ander familielede by hul huis op Numbi in Mpumalanga aangekeer. Hulle het beweer dat hy ʼn venster gebreek en ʼn T-hemp gesteel het.

“Die oorledene is toe na bewering met ʼn houtvoorwerp en ʼn sambok aangerand. Hy het beserings aan sy kop en lyf opgedoen,” sê Mohlala.

“Hy is daarna na die Phola Nsikazi-kliniek geneem vir behandeling, maar het kort daarna aan sy beserings beswyk.”

Sambo was ʼn gr. 10-leerder aan die Bhekiswako Secondary School.

Die drie verdagtes, Gladys Mashabane (51), Skholiwe Mbuyane (27) en Sandiso Mbuyane (26), is kort daarna in hegtenis geneem.

Die verdagtes het Maandag in die Kabokweni-landdroshof verskyn op aanklagte van moord. Hulle is nog in polisieaanhouding tot hulle Vrydag in die Masoyi- rondgaande hof sal verskyn vir ʼn formele borgtogaansoek.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel en sê niemand mag die reg in eie hande neem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Christine ·

As hulle vir hul eie mense niks voel, wat voel hulle vir hul medemens?

Marius ·

Is die mense nou besig om mal te word ? Dis net ‘n t – hemp…

Christelle ·

Liewe Genade, dis nie eers hulle kind nie, hulle kon mos met sy ouers gaan praat het.

PieterJ ·

Snaaks ne, dat die Stellenbosch insident soveel meer aandag kry as hierdie absolute onnodige moord, en ander soortgelyke misdade.

Di ·

“brothers will rise up against each other” DIS wat besig is om in hierdie land te gebeur.

Jack ·

Dis die boendoe wat in anc land werk. Niemand sal vervolg word nie solank hulle net berou toon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.