Fase 2- en 3-beurtkrag om die beurt dié week

Argieffoto (Foto: Arek Socha / Pixabay)

Fase 3-beurtkrag sal vandag voortduur tot Dinsdagoggend om 05:00.

Eskom het Maandag gesê dit is weens tegniese probleme wat tans op 15 984 MW van kragopwekkingskapasiteit staan. Ses kragopwekkingseenhede sal na verwagting Dinsdag aangeskakel word.

Fase 2-beurtkrag geld Dinsdag van 05:00 tot 16:00 en fase 3-beurtkrag geld van 16:00 tot Woensdagoggend om 05:00.

Dié patroon sal dan daagliks om die beurt geld tot verdere kennisgewing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

KB ·

Wat het geword van “Tripswitch” Ramakgopa se leë belofte/woorde: “no loadshedding over this long weekend”.
Die politici is van die mees onbetroubare skepsels in SA, maar veral onder die ANC-regering.
(Selfs “Piet Promise” Koornhof sou sleg tweede teen die ANC se leë woorde gekom het)

hpven ·

Tripswitch, goeie beskrywende bynaam! Ja hy is besig om Eskom finaal te trip…

Harley Davidson ·

Dit sal nooit stop todat bevoegde mense weer in beheer is.

ronel ·

Dalk is dit tyd dat hul ESKOM se naam ook verander, iets meer van toepassing tot die cANCer regime,

Papsak ·

Ai die klomp morone kan rond flip met eskom krag dan af dan aan en sommer op onmoontlike tye dan sal hulle nou krag af sit wanneer jy kos moet maak of bad of so iets hulle almal onbevoeg vir eskom regtig

Papsak ·

Regtig eskom julle pateties julle mors meer krag as publiek met julle af aan af aan kom oor julle self dinsdag sou ses kragstasies dan in skop waars dit julle blof julle self nie vir publiek nie maar o ja ons moet krag bly betaal wat ons nooit het nie skaam julle Ramaghopa jy moet waai vinnig ook

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.