Fase 3-beurtkrag Donderdag ingestel

(Argieffoto: Severin D./Unsplash)

Eskom sal Donderdag van 08:00 tot 22:00 fase 3-beurtkrag toepas waarna daar weer na fase 2 oorgeskakel sal word.

Die kragvoorsiener het aanvanklik Woensdagoggend aangekondig fase 2-beurtkrag sal van Woensdag om 10:00 tot Sondag om 22:00 geld. Hy het egter Woensdagmiddag aangekondig dat fase 4-beurtkrag omstreeks 14:00 ingestel word en tot 22:00 geld waarna fase 2 weer gegeld het.

Volgens Eskom is hy egter genoodsaak om vandag fase 3-beurtkrag toe te pas aangesien daar verdere onderbrekings by sy Kusile-, Matla- en Tutuka-kragstasies is.

“Dit is ten einde noodopwekkingreserwes verder aan te vul. Die noodopwekkingreserwes is nodig om op noodgevalle te reageer ten einde die stabiliteit van die nasionale kragnetwerk te handhaaf,” het Eskom gesê.

Ten tye van die aankondiging dat fase 3 Donderdag ingestel word, was daar onderskeidelik 13 995 MW weens stukkende opwekkingseenhede en 1 273 MW weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie.

Eskom het weereens benadruk dat sy kapasiteitsbeperkings in die afsienbare toekoms sal voortduur en Suid-Afrikaners versoek om hul kragverbruik te verminder.

“Eskom vra om verskoning vir die ongerief en onsekerheid wat veroorsaak word deur die onderbrekings in kragtoevoer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Hendrik Marthinus ·

No problem
Moenie onverskoning vra nie
Ons gebruik te veel krag en het nie ore as superheld de Reyter praat nie
Ons moet mos 2 uur smiddae eet en teen 6 uur slaap om krag te spaar

Hendrik Marthinus ·

Lees broer Dries se kommentaar Genis
Ek is sarkasties die man is n flop van n CEO

Genis ·

Jammer vir die oorsig, ek stem saam…. dit raak nou regtig pateties… Ekonomie ly daaronder…

marius ·

En die koning loop sonder ‘n draad klere in die straat en almal besing sy pragtige kleed ….

Nicholaas ·

Wonder of hier nie dalk sabotasie agter dit sit, want die daar was mos n saak van rassime teen die hoof wat verloor is nou voel die komrades dalk bietjie gegrief.

Harry ·

En moenie vergeet nie hulle is besig met salaris verhoging onderhandelings

Samuel ·

Wat kan ‘n mens regtig sê? Die landsburgers is vuisvoos van kragonderbrekings. Wat is die waarheid agter die beurtkrag? Waarheid, nie die amptelike verskonings nie.

Hendrik Marthinus ·

Samuel
Ek vra ook net die waarheid, dus my probleem met De Reyter.
Laasweek niks krag toe ewe skielik genoeg krag om wetgewing deur te voer, toe breek geen substasies etc nie.
Net daarna breek Al’s ewe skielik.
De Reyter spreek ons nooit toe nie, jy hoor net die woordvoerders wat in my opinie niks weet nie want Hulle se wat daar vir hulle gese word om ons om die bos te lui.
Dus onmoontlik dat elke dag of nou elke uur iets breek en hy doen maintenance vir 2 jaar al.

Keelvol ·

Kusile en Medupi se kragopwekkers is mos nuut, of is ek onder die verkeerde indruk gebring?

Genis ·

Maybe it is time you phase yourself out of this country and let the private sector take over?

Anoniem ·

Onthou net dit is winter. Die Buurlande moet eerste krag kry, dan die onwettige aansluitings en ons drink aan die agter speen

Stof ·

Mmomogelo se kliniek gebruik sonkrag. Hulle is weereens vandag op skedule met hulle afsprake.
So word planne gemaak.

Willem ·

Jaag de ruyter weg hy dompel Eskom dieper in die moeras wat die anc hom gedompel het.Uiters swak bestuurstyl van de ruyter!!!!

Hendrik Marthinus ·

Willem
Well done, jy verdien n Bells.
Ek stem 100% saam jou.
Maar 99% van ons maroela lesers gaan ons duime afgee.
Die man is uiters swak, ons kry nou daagliks loadshedding.
Maar jy lees elke 2de berig dat hy Eskom so gekry het en dat hy probeer en ons moet bid vir hom.
Die man service elke minuut van elke dag vir 2 jaar en ons sien net agteruitgang in plaas van stabiliteit.
Maar as die regering se ligte aan soos verlede week vir 5 ure, het de Reyter gespring en toe is als reg. Ek se weer die man het geweet waarvoor hy hom in laat, as die stoel Dan so warm is, stap uit, as hy regtig so briljant is Sal Nampak hom mos terugvat.
Dit Sal beter wees vir almal.

Piet parys ·

Jy sien Die mense wat kan is nie meer by Eskom nie en die paar wat daar oor is het n onbegonne taak . So hoekom het jy nie al alternatiewe krag gekry nie. De Ruiter gaan aftree dan is daai kragstasies nog nie in bedryf nie. Jyt mos gehoor cyreltjie vra nou al weer private sonkrag stasies maar hulle wil nog steeds in beheer wees . Wie is so stupid

Dries ·

De Ruiter word aangeval hier deur almal. Wees verseker dat hy sy bes probeer en als in sy vermoë in n bitter moeilike en aggressiewe omgewing doen. Staatskaping vind nogsteeds plaas in Eskom. De Ruiter kry baie min samewerking van duisende stelende ANC kaders wat nog bankvas in Eskom sit. Dit is n vreeslike moeilike taak wat hy het . Hy word nie gemeet aan sy vermoë nie maar aan sy velkleur. Hy verdien al ons simpatie. Om n dooie perd lewendig te maak is n onbegonne taak.

Hendrik Marthinus ·

Dan beter eskom se sekuriteit De Reyter se kantoor gaan check
Lyk my hy Geniet te veel verversings in plaas van skoon water

Dries ·

De Ruyter en Jan Oberholser se familie het n ruk gelede n beroep gedoen dat die publiek vir hulle bid. Hulle werk onder geweldige druk in ‘n baie vyandige omgewing

Hendrik Marthinus ·

Die Polisie is al wat in gevaarlike omgewing werk
En elke dag word Hulle gekritiseer, De Reyter pay 100 maal Hulle salaris, hy moet die pad vat

Dries ·

Moenie uit die oog verloor deRuyter is nou niks anders as n staatsamptenaar onder die korrupte ANC regering nie. Bitter moeilike situasie

Dries ·

Voor staatskaping het daar duisende hoogs bevoegde blanke ingenieurs gewerk wat eskom se wiele aan die rol gehou. Hulle is almal gevra om te loop. De Ruyter kan dit nie omdraai nie. Hy moet werk met die wat nou daar is. Dit is n vreeslike moeilike situasie. Ons kan maar net vir hom bid

Persheks Adri ·

Jammer oor dieselfde storie oor en oor werk nie hoor! 1 keer word jammer aanvaar nie daarna nie voetsek

Hendrik Marthinus ·

StembPersheks Adri
De Reyter se persverklarings elke dag dieselfde
Hy verander net die datum, deesdae nie eens Meer datum, slegs tyd want in 1 dag verander die onbevoegde man die fases 3 keer

Rian ·

Elke keer as daar loon onderhandelings plaasvind dan neem beurtkrag skielik toe. Dink hierdie idiote ons is dom?

Keelvol ·

My vraag aan evkom is, as jy n motor koop, hou jy dit instand voordat dit jou nie in die steek laat nie? Of wag jy totdat dit breek voordat jy instand wil begin te hou?

Rian ·

Al hoekom de Ruyter aangestel was is om die blaam op n wit man te plaas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.