Fase 4-beurtkrag duur voort

(Foto: Natsuki via Unsplash)

Fase 4-beurtkrag sal minstens tot Donderdagmiddag voortduur nadat nog eenhede oornag onklaar geraak het.

Volgens Eskom sal fase 4-beurtkrag tot minstens 16:00 voortduur waarna die kragvoorsiener ʼn aankondiging sal maak oor watter beurtkragfases daarna sal volg.

Dit kom nadat nog drie opwekkingseenhede oornag onklaar geraak het. Eskom wil ook noodopwekkingsreserwes aanvul.

Fase 2-beurtkrag is die afgelope dae deur die dag toegepas, gevolg deur fase 4 deur die aand as gevolg van opwekkingseenhede wat onklaar geraak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jaco ·

Ja, minster van krag. Nou wat nou??? Groot mond. Net jy glo seker die kaf wat by jou mond uitkom. Jy en alles wat julle regering aanraak, is n groot gemors.

Boer ·

Die ANC het gesorg dat BRICS sonder kragonderbrekings plaasvind tot nadeel van almal in SA

TrueMan ·

Nee BRICS het vir ESKOM gese om seker te maak daar is geen onderbrekings. Dink jy werklik die wereld leiers weet nie wat aangaan nie?

Casper ·

Opwekkingseenhede het so mooi saamgewerk die afgelope week en nou skielik kalf die een na die ander,of lieg hulle alweer soos gewoonlik.Hulle berei ons solank vir fase 6 voor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.