Fase 4-beurtkrag nog langer van krag

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Janosch Diggelmann/Unsplash)

ʼn Verdere tekort aan opwekkingskapasiteit het daartoe gelei dat fase 4-beurtkrag nou nog langer van krag gaan wees.

Dié fase sou aanvanklik net tot Donderdag 05:00 duur, maar volgens Eskom sal dit ook Donderdag en Vrydag geld.

Daar is wel ʼn moontlikheid van ʼn verminderde beurtkragfase oor die naweek.

“Fase 4-beurtkrag is nodig weens nog opwekkingseenhede wat vanoggend onklaar geraak het,” lui Eskom se jongste verklaring.

Een eenheid het elk by die Kendal- en Majuba-kragstasie onklaar geraak weens lekkasies in die ketelpype.

Die kragvoorsiener voer aan dat die tekort aan drie opwekkingseenhede elk by die Kendal- en Tutuka-kragstasie, asook vertragings om ʼn eenheid by die Camden-kragstasie te herstel, bygedra het tot Eskom se jongste opwekkingsdilemma.

Hiermee saam moet Eskom voortgaan met onbeplande instandhoudingswerk om te verseker dat eenhede by die Arnot-, Kriel-, Matimba-, Matla- en Camden-kragstasie ook nie onklaar raak nie.

“Hoewel sommige opwekkingseenhede na verwagting binnekort in werking sal wees, is dit nodig om beurtkrag voort te sit in ʼn poging om die noodreserwes aan te vul wat die afgelope week uitgeput is.”

Altesaam 5 209 MW is nou weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie, terwyl nog 16 669 MW aan kapasiteit weens onbeplande kragonderbrekings nie beskikbaar is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Witbaard ·

Eskom se kaarthuisie gaan tuimel. Dan het ons GROOT moeilikheid. Hulle is besig om “vure” dood te slaan, maar ek dink die tyd waar die “vuur” buite beheer gaan raak, is goed

Johan ·

Hulle het al 7.7 miljard aan diesel bestee hierdie jaar en het net 250 miljoen oor. Ons gaan n ding sien wat ons nie wil sien nie.

Vonny ·

En as jy in JB Marx woon…werk dit SO.
Ons het ook geen water/ geen krag.
Wat n kombinasie…?!
Ons bad in gesuiwerde water.
DUUR!!!
(JBMarx is Ventersdorp en Potchefstroom. )

Ns. Wens ons munisipaliteite se name was gekoppel nog aan die dorp se naam.
Nou so volks vreemd!

Koos 100 ·

Vonny, hier in sekere woongebiede in Pretoria gaan dit net so.

Owlie ·

Regtig…..
Eskom moet privatiseer dan kan die liewe refering nie voorskryf wat waar en wanneer gedoen moet word nie en kan daadwerklik teen sabotasie, bedrog, diefstsl op getree word

Henri ·

As Eskom ‘n Shakespeare toneelspel was, sou dit ‘n donker komedie gewees het en die naam sou wees The Merchant of Menace of The Tightening of the Screw…

PieterJ ·

Raak maar gewoond, elke 2de of 3de dag gaan beurtkrag aangekondig of verleng word. Die wat wel iets aan die probleem kan doen, stel nie belang nie want hulle almal het kragopwekkers wat verniet volgemaak word, en hulle kan steeds aangaan om hul sakke vol te maak. Dus sien hul geen probleem nie.

Kompas ·

Die opwekkingseenhede gee die gees op ń daaglikse basis . Wat my verstand te bowe gaan, is dat my elektrisiteitsrekening meer word en dit met beurtkrag van 7-8 ure op ń daaglikse basis.

Koos 100 ·

Kompas, moenie dat dit jou verbaas nie. Dis die (komunistiese) sisteem van SA. Almal moet gelyk kry maar net 10% hoef te betaal.

VaalDonkie ·

My kragrekening is R2500 per maand en ons gebruik maar so 750 eenhede per maand. Met ander woorde, ek betaal GEMIDDELD R3.30 per eenheid.

Keelvol ·

Ek’s so keelvol vir die nonsens. Daar word net mooi niks gedoen om die probleem permanent op te los nie. Vandat de ruyter oorgeneem het, het die beurtkrag die hoogte in geskiet. Die ekonomie is besig om in duie te stort as gevolg van dit. Wanneer word daar wakker geskrik!!!

Nie Verbaas ·

De Ruyter is ongelukkig nie die individu wat die instandhouding moet uitvoer nie. Verkies jy eerder n Zuma in sy posisie want ek kan jou verseker dat dit net erger sal gaan.

Johan ·

Eskom word gesaboteer om De Ruyter in ‘n swak lig te stel. Hierdie kaders is meesters daarmee!

Peter ·

En ons moet ons bekke hou en alles aanvaar. Die dag sal kom wanneer die gepeupel sal opstaan en se genoeg is genoeg. Hemel, ons word soos skape ter slagting gelei. Waar is julle promises ramaphosa??de ruyter???oberholzer??? Ons is done, die Titanic sink vinniger as wat ons verwag het.

Koos 100 ·

Eskom, laat julle werkers bietjie harder en meer ure werk. Afterall het hulle 7% salaris vehoging gekry!

Nie Verbaas ·

Dit maak nie saak hoeveel ure jy werk as jy totaal onbevoeg is om die werk te doen waarvoor jy aangestel is nie.

Di ·

Ons gaan seker binnekort na level 6 of self 8 toe as jy my vra!

Skuilnaam ·

de Ruyter kry ‘n helse salaris, en hy bereik net mooi niks. Nar!

kristi ·

Ek gesels gisteraand met n mamma wat n Douwn Sindroom dogter het. Haar woorde “Ek wens Esk om se mense kan net vir die duur van 1 loadshedding in my huis kom sit. Hulle moet sien waardeur ek met my kind gaan gedurende daardie tyd”. Op n ander groep sien ek trane van mense wat op suurstof is, nie n :backup plan” kan bekostig nie.
Waar gaan ons land heen met al die swak onderhoudings en onopgeleide of lui werkers????

Nie Verbaas ·

Ek het dit al hoeveel keer gesê en sê weer, de Ruyter raak ontslae van die onbevoegdes en kriminele element want as jy dit nie doen nie weet jy so goed as ons dat daar geen ommekeer is nie. BEE werk nie en n 30%ter sal in sy lewe nie die insig of kennis hê om instandhouding te kan doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.