Fase 4-beurtkrag SA’ners se voorland

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Fase 4-beurtkrag sal van Sondag tot Donderdag tussen 16:00 en 05:00 ingestel word.

Eskom het Sondag in ʼn verklaring aangekondig dat fase 4-beurtkrag Sondag om 12:00 tot Maandag om 05:00 van krag sal wees. Daarna sal fase 3-beurtkrag dan tot Maandag 16:00 geïmplementeer word.

Volgens die kragvoorsiener is die noodopwekkingsreserwes amper uitgeput, dit sluit diesel en gepompte opgaardamvlakke in.

“Die hoër beurtkragfases is nodig om die noodreserwes te help opbou,” lui die verklaring.

Eskom sê hy sal ’n verdere opdatering bekend maak sodra enige beduidende veranderinge plaasvind.

Gedurende die naweek het ’n opwekkingseenheid elk by die Duvha-, Kriel- en Medupi-kragstasie onklaar geraak en die vertraging om ʼn opwekkingseenheid elk by Camden-, Kusile-, Komati- en Kendal-kragstasie aanlyn te bring, het die tekort aan kapasiteit vererger.

Eskom-spanne het ’n opwekkingseenheid elk by die Grootvlei-, Hendrina-, Majuba-, Matla- en Tutuka-kragstasie herstel.

In hierdie stadium is 6 004 MW weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie en nog 14 961 MW is weens onbeplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

MakersMark ·

Diesel en water tekorte word gebruik as verskonings vir swak beplanning. Useless.

Keelvol ·

n Mens weet nie meer wat om te sê nie. Dis die sewende week van aanlopende beurt krag en oor die 90 dae die jaar. Duidelik kan of wil die top bestuur nie die probleme aanvat nie. Hulle dink die heeltyd net Verskonings uit.

Nie Verbaas ·

En so ploeter Eskom maar aan met dieselfde onbevoegde bestuur, ingenieurs en tegnici by kragstasies. Dan is daar nog steeds die korrupte sindikate wat nog floreer.

VaalDonkie ·

Kom ek deel weer my samesweringsteorie:

Hierdie is aspris. Want Suid-Afrika is gewaarsku dat ons te veel koolstof kragsentrales het, en dus sal ons beboet word deur die “internasionale gemeenskap” deur invoertariewe op ons produkte, ens. Die enigste ding wat ons kon doen, was om 30% van ons krag uitset te elimineer. En die verskoning is “onbeplande instandhouding”. Dis altyd omtrent 30% van die totale netwerk wat onklaar is.

Nee, ek het geen bewyse nie. Dis maar net eienaardig hoe en wanneer hierdie dinge gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.