Fase 5-beurtkrag duur voort

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Eskom het Dinsdagaand bevestig beurtkrag fase 5 duur voort met die moontlikheid dat ʼn laer fase teen Donderdag ingestel sal word.

Sedert Maandagmiddag is vier kragopwekkingseenhede by vier kragstasies afgeskakel vir dringende herstelwerk. Dit is ʼn kragopwekkingseenheid elk by Arnot, Lethabo, Kendal en Majuba-kragstasies.

Sewe eenhede is aangeskakel by Camden, Kendal, Kriel, Kusile, Lethabo en Majuba-kragstasies.

Die kragvoorsiener vra om verskoning vir die voortgesette beurtkrag wat as ʼn laaste uitweg toegepas word wanneer daar ʼn gebrek aan kragopwekkingskapasiteit bestaan.

“Alhoewel sommige eenhede na verwagting weer aangeskakel sal word, is dit nodig om met fase 5-beurtkrag voort te gaan om die gebruik van noodreserwes te beperk,” het Eskom in ʼn verklaring gesê.

Daar is tans 4 098 MW op beplande instandhouding en 17 121 MW is nie beskikbaar nie weens onbeplande herstelwerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Blikkantien ·

Kan iemand ASSEBLIEF verduidelik hoekom Soweto minimale loadshedding ervaar alhoewel hulle nie betaal vir dienste nie. Die feit dat hulle sal brand en breek moet met die weermag. (dit wat daarvan oor is) gestuit word. Hierdie land is ‘n sirkus waar ongeoorloofde gedrag beloon word en afbrekende en destruktiewe optrede beloon word

Hendrik Marthinus ·

Makers Mark, Piet
En steeds se die manne en maninne ons is verkeerd, loof n man wat ons ekonomie in die grond in dryf

MakersMark ·

Naruurlik sal die meerderheid hier hul ondersteun selfde kleur en mentaliteit.

Groen Ghoen ·

Sterkte aan mnre. De Ruyter, Oberholzer en hul kundige kollegas wat met die spreekwoordelike gebakte pere sit. Met ‘n slinkse maneuver het President Paddakoker, wel wetende dat Eskom se einde in sig is, vir hulle ingetrek as die openbare gesig van Eskom. Die werklike skuldiges verdwyn stil-stil in die agtergrond.

Flip ·

Niemand dwing hulle om daar te wees nie. Hulle het die werk aanvaar en word miljoene betaal om dit reg te ruk…….

MakersMark ·

Albei moet waai. Operasionele bestuur het geen idee van die status van die opwekkings bates nie. Waar is die kondisie monitering en voorkomende onderhoud ? Hoe breek 7 opwekkings eenhede oornag ? En niemand het ‘n idee gehad nie ?

Harley Davidson ·

Vir almal of net selektiewe areas want Soweto is op fase 1

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.