Fase 5-beurtkrag ingestel

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Eskom het Saterdag gesê fase 5-beurtkrag sal tot Maandagoggend om 05:00 toegepas word ná vyf kragopwekkingseenhede oornag onklaar geraak het.

Fase 5 word vanaf 10:00 ingestel. “Indien enige ander kragopwekkingseenhede onklaar raak, sal ʼn hoër fase beurtkrag op kort kennisgewing ingestel moet word.”

Eskom sal na verwagting Sondag verdere inligting verskaf oor die vooruitsig van beurtkrag vir die res van die week. “Spanne werk onverpoosd om die eenhede weer in diens te stel.”

Volgens die kragvoorsiener het Kusile, Arnot en Camden elk een eenheid verloor en twee eenhede by Duvha-kragstasie het ʼn kortsluiting beleef.

“Dit is noodsaaklik om die fase beurtkrag te verhoog om noodreserwes op te bou vir die komende week.”

Eskom vra om verskoning vir die voortgesette beurtkrag.

“Ons het tans 7 210 MW op beplande instandhouding en 16 597 MW elektrisiteit is tans nie beskikbaar nie weens eenhede wat onklaar geraak het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.