Fase 6-beurtkrag ingestel

(Foto: Mariska Nanni / Maroela Media)

Eskom het Saterdag aangekondig dat fase 6-beurtkrag van 16:00 ingestel sal word tot verdere kennisgewing.

Volgens die kragvoorsiener het eenheid 2 by Koeberg-kragstasie onklaar geraak. Eskom se tegniese span stel nog ondersoek in en kan nie in hierdie stadium bevestig wat die kortsluiting veroorsaak het nie.

Maroela Media het vroeër berig Eskom sê hy wil graag alle Suid-Afrikaners verseker dat personeel by die onderskeie kragstasies onverpoosd werk om die kragopwekkingsprobleme op te los.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.