Fase 6-beurtkrag nou heeldag ingestel

(Foto: Sixteen miles out / Unsplash)

Fase 6-beurtkrag sal nou ononderbroke ingestel word en nie net snags soos vroeër aangekondig is nie.

Eskom het Woensdagmiddag gesê die jongste faseverandering sal vanaf 16:00 tot verdere kennisgewing geld. Fase 6-beurtkrag sou oorspronklik daagliks tussen 16:00 en 05:00 ingestel word.

Altesaam 11 eenhede wat verantwoordelik is vir 5 084 MW se opwekkingskapasiteit het sedert Dinsdagoggend onklaar geraak, wat die kragnetwerk se kapasiteit aansienlik verminder het.

Een eenheid elk by die Camden-, Duvha-, Hendrina-, Kriel-, Matimba- en Matla-kragstasies is intussen herstel. Dié eenhede verteenwoordig altesaam 2 540 MW se kapasiteit.

“Weens die strawwe kapasiteitsbeperkings sal Eskom voortgaan om die beperkte noodopwekkingsreserwes te gebruik om die opwekkingskapasiteit aan te vul,” lui die kragvoorsiener se verklaring.

Tans is 5 739 MW weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie, terwyl nog 18 041 MW weens onbeplande herstelwerk nie beskikbaar is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Hannelie ·

Ja wat kan mens verwag………………Sit sommer als af

Truman Burbank ·

Ek neem aan jy het paneeltjies. Dit gaan ook net vir n kort rukkie werk. Dan gee batterye in. En jy kan boonop nie stort of toilet spoel nie. Nou dink ek wat die klein seekoei vir die groot een gese het in die chomp advertensie. “ou grootbek”

Daniel ·

Is jy verbaas? Dit gebeur weens gebrek aan onderhoud en onbevoegde korrupte kaders by Eksdom, sabotasie speel ook ‘n rol

Samuel ·

Persoonlik glo ek hierdie beurtkrag word deeglik beplan. Eskom se stories is nie meer geloofwaardig nie.

Nettie ·

Ek stem Samuel. Dis TE gedefinieerd. Georkestreer. En die kort kennisgewing waar hulle ‘n uur voor die tyd laat weet die vlakke verhoog veroorsaak die maksimum ongerief. En soos Oujaarsdag wat hulle weet mense het funksies aangehad en skielik die middag stel hulle weer beurtkrag in. Wanneer die hele land op vakansie is.

Hulle is besig om mense te druk en te dryf en kwaad te maak. Chaos, sodat die orde daaruit kan voortspruit. Maar hulle beplanning maak mense nou suspisieus, eerder as kwaad.

Janie ·

Een van die dae gaan dit nuus wees as die krag aan is… in plaas van af gaan wees

Republikein in die Wes Kaap ·

Wat nou Mantaash? Beplan jy ‘n staatsgreep?

Koos 100 ·

Nee, skepe wat krag opwek teen miljarde dollars waaruit weer geskep kan word.

Jessey ·

Wel, die redenasie was dat dit beter geword het onmiddelik nadat ADR bedank het, so miskien moet nog iemand bedank, want dis mos wat die krag aanhou. Wat van die “incompetent” Eskom “board of directors”, dis net dood eenvoudig jare se diefstal en plundering wat ons hier het. Bly die dooie donkie slaan

Reinette ·

Ek het gesê Desember.. Tye wat ons niks beurt krag gehad het nie.. Kyk wat gaan in januarie gebeur.. En hier is ons. Dit gaan net slegter gaan. Afdraand pad met ‘n spoed…Dan kyk jy sekere “areas” wat lyk my net 2 ure ‘n dag afgaan..?? Hkm..??

Ronel ·

Hier is iets anders aan die gang – iets “duister”. Hierdie stories is net wat dit sê – stories. Ons word nie die waarheid vertel nie. Of anders is die graad van onkundigheid ongekend!!!! Die hele waarheid gaan nog eendag uitkom. Die wat De Ruyter vergifitg wou word – hulle is bang hy vertel die land iets wat ons nie weet nie!

Truman Burbank ·

Jy is reg in jou eerste sin. Daar is iets meer aan die gang as wat die media se.

Wendy ·

Nee DR het hul draadjies geknip en kraantjies toegedraai die wat hy stilgemaak moes word – ek vra net wat ht v wet en orde gewrd of nee dt is nt vd bleekvel ingestel

Johann ·

En só mense laat jy ‘n land buig en bars en breek as mikpunt van die ANARGIS ANC!

Danie ·

Sterkte aan almal tot die lig aan einde van tonnel weer skyn.

Leon ·

Dis nie óf dit gaan gebeur nie, maar wánneer die kragnetwerk heeltemal gaan ingee.
En Ramaphosa met sy kaders hou steeds lekker paartie met ons belasting geld ipv die Eskom probleme aan te spreek.
Ek verlang intens na die ou Suid Afrika …

Harry ·

Ek ken ka? as ek ka? sien. Voor die einde van Januarie gaan ons fase 8 sien.

Mariana ·

Hierdie beurtkrag is haarfyn beplan deur sekere politici. Ons weet almal wat presies die ANC se planne is en dis reeds aan die gebeur. Hier kom nog baie donker dae en beurtkrag maar net ‘n klein gedeelte daarvan. Hier sit beslis meer agter as wat ons dink en die wat daarby baat sit en wag net………….kyk maar na al die rolspelers wat so graag van De Ruyter wou ontslae raak en hom boonop dalk vergiftig het. Kyk mooi en jy sal sien wie in beheer is. Nee SA gaan donker word dis gewis.

Henro ·

Almal wat Eskom se Push app het; voeg Soweto as area by en gaan kyk bietjie hoe lyk hulle beurtkrag se skedule. Lagwekkend hoe die areas wat eintlik bydra tot die land se ekonomie word gestraf en die wat ‘n las is geniet al die voordele.

Piet 6 ·

Praat jy van Soweto in Gauteng of Soweto in Kwazula-Natal?

Lizl ·

Nou waar gaan al die steenkool heen wat met 370 trokke by Richardsbaai se hawe staan?

Henry ·

Dit is om 32 persent te kry. Maar hulle gaan baie probleme daarmee optel.

Nettie ·

Natuurlik. Ons verwag niks beter. Is dit more fase 6 en 8? En oormore slegs 8 heel dag en nag? En wat, fase 9 of 10 volgende week?

Alexander ·

My liewe… hoe Suid-Afrikaners die ANC se mislukkings verdra gaan my verstand te bowe

Peter ·

the total collapse of the system is here, our once beautiful country has been reduced to a banana republic, it’s over

Goldy ·

Asseblief mense, die wat in posisie is, help ons met onafhanklikheid anders gaan ons nog almal wat nie kan emmigreer nie vermoor of in vlugtelingskampe opeindig. Die ANC vernietig als en gaan ons die scapegoat maak

Jan ·

Sjoe mense is negatief.Wat hierdie beurtkrag wel duidelik se is, dat mense wat nie in die verlede gestem het nie en ook nie geregistreer het om te stem nie,moet registreer en wel gaan stem.Ons kruisie by die stembus volgende jaar 2024 kan en SAL ‘n verkil maak.Al is die die regering ‘n koalisie.Die toekoms is in God se hande vertrou net glo en gaan stem.Ons kan nie verwag God moet ons help vir ‘n beter toekoms nie maar ons doen nie ons deel nie.

Wendy ·

Moeilik om positief te bly met die skrif aan die muur my liewe vriend

Hendrik Marthinus ·

Wel Mr de Reyter is steeds die man in beheer
So moet nie die regering blameer nie.
Hy is steeds 100% in beheer
Verstom my maar Kom ons kyk na einde Maart gaan 99% kommentators ook die nuwe CEO so ondersteun
Mark my words julle gaan se kader aanstelling en nie Dan ook se die arme man het n oer oue stelsel van de Reyter ontvang nie.
Hoe vinniger Maart 2023 Kom Hoe minder loadshedding
Die man Wil geld spaar Plaas van krag gee

Truman Burbank ·

Ek stem. Hy het maar net aan ESKOM gedoen wat hy aan SASOL en NAMPAK gedoen het. Maar niemand wil dit sien nie.

Sonblom ·

Mnr Hendrik, jy weet nie waarvan jy praat nie. Ek daag jou uit. Gaan werk jy as hoof van Eskom waar die regering eintlik regeer en dan kyk ons hoeveel jy reg kry.

Adriana ·

Dan wil hul 32% verhoging vra, vir wat, vir ñ diens wat ons glad nie kry. Pateties

Chris ·

Dit begin vir my al meer voorkom of sekere persone besig is met ‘n vorm van “domestic terrorism” met betrekking tot die beurtkrag. Dit is die warmste tyd in die jaar, en die boere sukkel al reeds om al hul sirkels nat te hou – twee nadelige gevolge kan hieruit voortspruit 1. Voedsel sekuriteit is in gedrang, en 2. Eiendomsreg is in gedrang. Wat die tweede punt aanbetref sal boere met die hoe insetkoste net nie hul verpligtinge kan nakom nie, wat dan die geleentheid sal bied vir ekonomiese plundering, of dan nou onteiening om “voedsel sekerheid” te waarborg soos Ramaphosa in 2018 aangedui het. Die regering behoort voedsel te prioritiseer – wereldwyd is die tendens dieselfde, en sal ons nie graan kan invoer teen die pryse wat dit gaan behaal nie – tekort aan voedsel gaan verrykende gevolge teweeg bring, veral wat misdaad aanbetref. Die situasie sal vir die regering net meer magte verleen om burgerregte in te perk, ensomeer. Hoekom hoor mens niemand praat oor hierdie SKREEUEND OOGLOPENDE

Kensy ·

Snaaks dat die ding elke keer eskuleer net voor die gevraagde verhogging (32%)!!! in die Parlement bespreek word.
Dit raak nou baie deursigtig!
Ek voorspel n blitsige oplossing as die verhooging goed gekeur word….. en fase 8 as dit nie goed gekeur word nie!!!!

Keelvol ·

Die swakste bestuur nog ooit by eskom. Geen benul wat Hulle doen nie. Kan nie glo elf opwekkers breek oornag nie en Hulle oplossing is fase 6 load shedding. Wat van ons maak dit binne 24 uur reg om die ineenstorting te voorkom, Huh?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.