Fase 6-beurtkrag van krag tot (minstens) Saterdag

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Eskom het Donderdagmiddag aangekondig dat fase 6-beurtkrag van krag sal bly tot Vrydag om middernag.

Dit is genoodsaak weens nog opwekkingseenhede wat deur die dag onklaar geraak het, asook die voortgesette tekort aan opwekkingskapasiteit weens vertragings in die herstel van opwekkingseenhede.

Eskom waarsku verbruikers dat die stelsel beperk bly en dat veranderinge aan fases op kort kennisgewing vereis kan word.

Eskom sê 18 617 MW kapasiteit is tans onbeskikbaar weens onklaarrakings by substasies. Verder word 5 807 MW aan beplande instandhouding afgestaan.

Oor die afgelope 24 uur is twee opwekkingseenhede by die Camden-kragstasie weer in diens gestel.

In dieselfde tydperk is opwekkingseenhede elk by die Duvha-, Kendal-, Medupi- en Tutuka-kragstasie van lyn af geneem vir herstelwerk.

Daar is vertragings met die herstel van ʼn eenheid elk by die Kendal-, Lethabo-, Medupi- en Tutuka-kragstasie.

 

“Eskom sal voortgaan om die beurtkragfases aan te pas na gelang van onklaarrakings van die eenhede,” het die kragvoorsiener gewaarsku.

“Beurtkrag word ingestel as ʼn laaste uitweg om die stabiliteit van die nasionale kragstelsel te handhaaf. Daarom doen ons ʼn beroep op mense om voort te gaan om die uitwerking van beurtkrag te help beperk deur hul elektrisiteitsverbruik te verminder, veral tydens spitstye (tussen 17:00 en 21:00).

“Eskom sal ʼn verdere bywerking verskaf sodra enige beduidende veranderinge plaasvind.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Theunis ·

Ongeag die opgebreekte inligting as verduideliking vir fase 6, die beloftes van die minister, hoe slim hy dink hy mag wees, bly die feit van die saak – Nie die regering of Eskom is bewus van die volle omgang van die energie probleem of wat omtrent dit te doen nie, intussen gaan ons lewens kwaliteit en die vooruitgang van SA se ekomomie ten sterkste agteruit.

Burt ·

en net vandag, gaan laai ek items wat ek op veiling gekoop het by die poskantoor, spesifiek die tshwane mail centre in potgieter straat. weet nie hoeveel personeel oor is , en die area wat nog benut word is uiters klein, MAAR die hele sorteer area is verlig met ‘n geskatte 400 ligte wat geskatte 200 watt plus hoog bo die werksarea verlig word. Elke buite gebou se ou tipe dubbel neon-ligte is aan, onbeman en onbenut. Ek skat maklike 100,000 WATT wat nutteloos is, en vermors word. Tragies.

Gert ·

Waar is die beloftes van die minister van liggies dat beurtkrag iets van die verlede is?

Nico ·

En voorheen was die arme André de Ruiter kwalik geneem, beskuldig van onderduimsheid en nou word dit net eenvoudig aanvaar ………………. ai tog????

Waarnemer ·

Hoe de m..r haal hulle turbines uit as daar nie genoeg krag is nie?Eskom is genuine besig om al ons elektroniese aparaaf op te f.k!

Piet 6 ·

Dit is om herstelwerk en noodsaaklike onderhoud te doen. Dit is juis omdat dit NIE in die verlede gedoen was nie dat ons nou in hierdie posisie is.

whatever ·

En wat het die nuwe minister van elektrisiteit (of whatever) gesê toe hy sooooo optimisties was dat beurkrag gou-gou iets van die verlede gaan wees.

Waarnemer ·

Met die geld wat die regering hierdie minister van energie betaal kon eskom al lankal beter voorsiening gemaak het met die krag netwerk maar soos ons almal weet hierdie is n “baantjie vir boeties:….cyril moes nog n plek maak vir een van sy kaders.

Casper ·

Soos Nico tereg opmerk dat de Ruiter volgens ‘n sekere minister die regering wou saboteur en toe stel Rampie ‘n minister van gloeilampe aan wat sê beurtkrag is sommer gou iets van die verlede.Nou sit ons in ons dorpe vandag 17 ure sonder krag.Die sabotasie in eskom gaan onverpoosd voort danksy die kartelle en ministers wat betrokke is en min.Ramarama korrupsie is ‘n werklikheid.

Casper ·

Min. Ramarama sê daar bestaan qeen sabotasie of korrupsie by eskom nie.Nou is my vraag
1 Hoeom soveel eenhede onklaar raak
2 Hoekom word daar gesukkel om herstelwerk te doen om eenhede weer aanland te bring en hoekom elke keer by dieselfde kragstasies.

Jaco ·

Gee regrukwerk by eskom & ander vervalle staatsbedrywe vir wit mense met die regte opleiding en ondervinding.As dít ‘n uiters bitter pil is vir die ANC om te sluk, vat dan dáárdie wit mense se stemreg weg. Die geen stemreg word dan die “straf” vir apartheid. Dis darem beter as geen werk. Topbetuur+ander werkers kan swart bly.Ander swart werkers hoef ook nie “ondergeskik” aan dié wit sleutelwerkers te wees nie. Hulle kan buite-om en agter die skerms dinge regkry en direk aan topbestuur rapporteer. Al daardie swak staatsinstellings gaan uiteindelik regkom en dus nog werkskepping bevorder.
Voordat almal my nou kruisig oor stemreg wegvat: vanaf 1994 sê BAIE wit mense my hulle stem nie meer nie. Ek hoor gereeld “ons het ons kans gehad. Dis nou ‘hulle’ kans”. Eskom en treine en munisipaliteite wat elke dag 100% reg werk is in elk geval ‘n veel groter behoefte/reg as om 1 keer elke 5 jaar ‘n kruisie te trek. Dink buite die boks.

Papsak ·

Hierdie burgermeester minister moet krag reg kry want verkiesing kom hy is ook net daar vir vet pay dit is al want weer een van Ramaphosa se broers

Surfer ·

“Gebruik verminder”, jou kop raas ou maat. Ons sit klaar sonder krag vir 12 ure uit 24. Weer, jou kop raas ou maat. Kyk Jeffreysbaai as jy nie glo nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.