Fisiese wetenskappe-vraestel laat leerders werk vir onderskeiding

Matrikulante het Vrydag hul eerste fisiese wetenskappe-vraestel tydens die 2019-matriekeksamen geskryf. Kenners meen hoewel die vraestel maklik genoeg was om deur te kom, sou leerders wat vir ʼn onderskeiding werk dalk sukkel.

Volgens Celeste Labuschagne, Wolkskool-dosent by die Skoleondersteuningsentrum, was die vraestel gebalanseerd met ʼn goeie verskeidenheid maklike en moeilike vrae. “Na my mening was die vraestel billik, hier en daar was daar vangplekke waarop leerders bedag moes wees. Ek hou veral van die momentum-sommetjie by die meervoudigekeuse-vrae wat die som uit ʼn ander perspektief vra,” sê Labuschagne.

“Ek dink wel die kind wat ʼn onderskeiding wou kry, sou hard daarvoor moes werk.”

Onderwysers aan ʼn vooraanstaande Afrikaanse skool in Gauteng deel Labuschagne se mening. “Dit was ʼn vraestel wat maklik is om te slaag. Die plasing van die moeilike vraag aan die einde van die vraestel sal daartoe bydra dat minder leerders onderskeidings kry.”

Volgens Christiaan Botha, ʼn matriekleerder van Pretoria, was die vraestel baie billik, behalwe vraag 10.

Edrich Engelbrecht, ook van Pretoria, het die vraestel billik en soms maklik gevind, met die uitsondering van enkele vrae.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

jaco ·

skoolstandaarde is nou so lag, dat n sogenaamde onderskeiding seker maar gelyk is aan so 60 – 65% in die ou SA.

Willem ·

Het jy die vraestel gesien om te weet wat die standaard is? Het jy al vandag se silabusse vergelyk met die ou Suid Afrika se sillabus?

Retha ·

Sjoe, hy het of baie lanklaas kinders op as a kool gehad of glad nie. En Fisiese Wetenskap is nie elke man/meisie se maat nie. Baie harde werk.

Gys ·

Ek sal graag die wiskunde vraestel wil sien. Net om te kyk hoe vergelyk dit met my matriek en universiteit wiskunde.

Susan ·

Gys, my dogter het wiskunde geskryf, ek kan vir jou die vraestel wys. Ek het ook wiskunde gehad in matriek amper 30 jaar gelede. Ek het nog daai vraestelle ook. Dit wat ons in matriek gedoen het, doen hulle nou in Graad 10 al. Hulle doen baie moeiliker wiskunde as wat ons gedoen het – Calculus, Euklidiese meetkunde, dit het ons eers op universiteitsvlak gedoen. Hulle doen ook Statistiek en Finansiële wiskunde wat glad nie deel van ons sillabus was nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.