Fitch-kredietgradering: ‘Politieke risiko’s het toegeneem’

Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die kredietgradeerder Fitch het soos Standard & Poor’s Suid-Afrika se kredietgradering onveranderd gelaat.

Fitch se gradering bly dus BBB- met ʼn positiewe vooruitsig. Talle ekonome het verwag Fitch sou die vooruitsig na negatief verander om ooreen te stem met Standard & Poor’s, wat Vrydag aangekondig het Suid-Afrika se gradering onveranderd bly op Baa2, twee vlakke bó rommelstatus, maar met ʼn negatiewe vooruitsig.

Volgens Fitch weerspieël die gradering Suid-Afrika se tendens van lae BBP-groei, beduidende fiskale en eksterne tekorte en hoë skuldvlakke. “Politieke risiko’s het toegeneem sedert die vorige waarderingshersiening in Desember 2015. Die ontslag van twee ministers van finansies binne ʼn week en die daaropvolgende spanning tussen die nuwe minister van finansies, Pravin Gordhan en ander dele van die regering, het vrae laat ontstaan oor die regering se verbintenis tot volgehoue fiskale konsolidasie en omsigtige bestuur van ondernemings in staatsbesit.”

Fitch het gesê pres. Jacob Zuma is al hoe meer beleërd na die konstitusionele hof se Nkandla-uitspraak en die hooggeregshof se uitspraak dat die besluit om korrupsieaanklagte teen hom te laat vaar, irrasioneel was. “Suid-Afrikaanse instellings het egter stabiliteit getoon. Fitch verwag egter dat die regerende ANC-party steun kan verloor in die komende munisipale verkiesing op 3 Augustus. Spanning in die ANC is intussen ook aan die opbou voor die verkiesingskonferensie in Desember 2017, wanneer Zuma se opvolger as ANC-president gekies sal word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Koos Karoo ·

Die tragiese is dat Jacob Zuma, oftewel “Numbah One”, absoluut niks hiervan verstaan nie, en die negatiewe impak daarvan op apartheid sal blameer.

Theuns ·

Hy verstaan nie die Ekonomie nie en hy lees ook nie die kommentare in die media nie! Dit lyk my hy het huweliks probleme met sy 4 of is dit nou 5! Ek is bly ek het net een wonderlike vrou.

Grap ·

Meneere ,dit sal moeilik wees vir enige persoon met ‘n graad 2 om te verstaan

Rynhardt ·

SAKE24 VAN DIE BEELD EN BURGER HET ALRYD GEGLO DAT DIE ANC SA NA ONGELOOFLIKE HOOGTES GAAN NEEM.NOU HET DIE KOBRA BEGIN PIK EN DIE GIF MOET NOU MET MENING SY SLAGOFFER VERLAM!! VANDAG IN BEELD SE OPSKRIF:”SAKEVERTROUE IN SUID-AFRIKA OP LAAGSTE VLAK NOG!” ZUMA EN ANC HET SPESIALE “MAGIC” NODIG, MAAR NIE EENS HARRY POTTER SE TOWERSTAF KAN DIT VUL NIE! GORDHAN SE MOOI TOESPRAKE HELP NIE, EN DIE GIF VAN DIE KOBRA GAAN SY SLAGOFFER LELIK ONKANT BETRAP!

vaarwel ·

Bewustelik of on-, die gat(graf) wat SELF gegrawe is deur die 20+ jare deur die cANCer is groot en diep en donker en die skrif op die Steen sal lees RI..H

Alfonso ·

Ek sien nou op TV Pravin Gordhan vra alle landsburgers om saam te werk om n afgradering in Desember te verhoed. Dis só belaglik! Een van die belangrikste onmiddelike aksies wat die ANC regering NOU moet neem is om wetgewing oor regstellende aksie en swart bemagtiging te skrap. Mense sit in poste waarvoor hulle nie bevoeg is nie. Konsultante word aangestel om die werk te doen. Miljoene rande word so vermors op onnodige duplisering van hulpbronne. Is daar dan géén verstand nie?

Ahooy ·

Wag tot die wet op onteiening goedgekeur word, dan sien ons hoe styg die kredietgradering!!! HA!!!!! Verstand,??- waarvan praat ons???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.