Fluitjieblaser se vermoede oor Tembisa bevestig

Babita Deokaran

ʼn Ondersoek deur die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het nou bevestig wat die fluitjieblaser Babita Deokaran voor haar moord probeer bewys het: Bedrieglike betalings en onreëlmatige aanstellings van diensverskaffers is by die Tembisa- provinsiale tersiêre hospitaal gemaak.

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, het Dinsdag ʼn verslag van die SOE, waarin die ondersoekeenheid Deokaran se vermoede bevestig, tydens ʼn mediakonferensie in Midrand bekend gemaak.

Luidens die verslag is bedrieglike betalings van R850 miljoen deur middel van onreëlmatige kontrakte aan 227 maatskappy gemaak. Deokaran het ten tyde van haar moord reeds profiele van 224 van die maatskappye opgestel en in ʼn forensiese verslag van haar eie vervat.

Die maatskappye behoort aan vier sakelui, onder wie Stefan Govindraju. Hy word in die SOE se verslag as die hoofbegunstigde van die onreëlmatige verkrygingspraktyke by die Tembisa-hospitaal geïdentifiseer.

Die Tembisa-hospitaal. (Foto: Tembisa Hospital/Facebook)

Die Valke het vanoggend ʼn klopjag by Tembisa uitgevoer waartydens amptenare beslag gelê het op onder meer dokumente en elektroniese toestelle wat die owerhede in hul ondersoek na die beweerde korrupsie by die staatshospitaal kan bystaan.

Deokaran was die departement van gesondheid se waarnemende finansiële hoof toe sy op 23 Augustus 2021 buite haar huis in die suide van Johannesburg doodgeskiet is nadat sy haar dogter by die skool gaan aflaai het.

Sy het kort voor die moord ʼn forensiese verslag met haar bewerings en die name van die maatskappye met haar departementshoof gedeel. Senior amptenare het aanvanklik ontken dat die departement ooit dié verslag ontvang het.

Lesufi het vanmiddag gesê die SOE se verslag word nou bekend gemaak om Deokoran se nalatenskap te eer. “Ons doen dit om die belofte na te kom wat ons ná Babita se dood gemaak het en dit is dat sy nie verniet gesterf het nie. Sy bly ʼn simbool van fluitjieblaas.”

Lees al Maroela Media se vorige berigte oor Deokaran en die beweerde korrupsie hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Harley Davidson ·

Wat is ‘n simbool van” fluitjie blaas” ,sy was ‘n eerbare mens met goeie morele waardes lezufi aan die ander kant is ‘n simbool van haat en rassisme veral as dit by huidige benaadeelde minderhede kom.

Chris dupreez ·

Ja Lesufi, en wanneer kom die ondersoek na die miljoene rande se bedrog ,om skole te sanitize, toe jy LUR van Gauteng onderwys was,

domheks ·

cANCer verrot van kop tot tone. Dit is net KORRUPSIE oral. Skole, Hospitale Digital Vibes ens ens.
SA sal nooit regkom met die huidige party aan bewind nie.
Lesufi moet ook nog ondersoek word!

Rocco ·

Die Orde van Mapungubwe moet toegeken word aan Babita Deokaran. Diens van hoogstaande gehalte aan die land, en met haar lewe geboet

Martie Smartie ·

Dit gaan regdeur die staatsdiens so. Vrot van die ANC oorgeneem het en vrotter nou

Kokerboom ·

Dink ‘n neutrale toekenning uit. Die Orde spruit voort uit ‘n korrupte regime

Althes ·

Die arme vrou het met haar lewe geboet oor die gulsigheid en gierigheid van tenderpreneurs.

Marcello ·

Net jammer dat sy met haar lewe moes boet voor die SOE se oë moes opgaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.