[Foto’s] 20 beseer in Jhb-botsing

Die ongeluk op die hoek van Beyers Nauderylaan en Judithweg in Randburg op 11 Maart 2016 (Foto: ER24)

Die ongeluk op die hoek van Beyers Nauderylaan en Judithweg in Randburg op 11 Maart 2016 (Foto: ER24)

Altesaam 20 persone is beseer toe ʼn taxi, twee motors en ʼn bakkie mekaar Vrydagmiddag in Randburg, Johannesburg, getref het.

“Drie pasiënte was in die taxi vasgekeer wat op sy dak gelê het,” het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, gesê. “Beamptes van die brand- en reddingsdiens en paramedici het van meganiese toerusting gebruik gemaak om die persone uit die wrak te haal.” Die persone het ernstige beserings opgedoen.

Volgens Bodasing het ander persone, waarvan sommige op die sypaadjie gesit het, matige beserings opgedoen. “Hulle is op die toneel behandel voor hulle na verskeie hospitale geneem is.”

Die ongeluk het op die hoek van Beyers Nauderylaan en Judithweg plaasgevind.

Owerhede was op die toneel. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Michael ·

Hoe vinnig moes hierdie taxi in ‘n dorps gebied gery het om so te lyk die bestuurder moet van poging tot moord aangekla word

Oupa ·

Ek wonder: presies wanneer verander iemand se status van “passasier” na “pasiënt”? Die bestuurder van die taxi is sekerlik ook beseer tydens die botsing (dit was nie ‘n ongeluk nie!), hoekom verander sý status nie ook nie?

Delia ·

MM, jou sarkasme is heel onvanpas. …..Oupa is heeltemaal reg, joernalistiek is nie meer wat dit was nie. Moes self 2 keer lees….gee die indruk dit was ‘n taxi wat as ambulaans gebruik was.

Veritas ·

Op hierdie stadium weet niemand, met sekerheid, wie die skuldige party in die botsing is nie. Ons kan maar net ‘n raaiskoot waag. Indien ek reg is, is dit hoog tyd dat die verkeersowerhede en regering ernstig besin oor die manier waarop die Taxi-industrie hanteer en gereguleer word. Hier in Benoni is daar twee stelle padreëls. Een vir minibus taxis en een vir die res. Taxi-drywers maak nes hulle wil en daar word skynbaar nie teen hulle opgetree nie. Nou onlangs het ‘n taxi, wat voor my gery het, vier ernstige verkeersoortredings gemaak in die bestek van minder as een kilometer. Die EMPD-motor, twee voertuie agter my, het nie eens gepoog om hom af te trek nie. Sy oortredings is gewoon geignoreer. Is hier omkoopgeld betrokke of is verkeersbeamptes bang vir taxi-eienaars wat blykbaar ‘n reg op hulle eie is?Die probleem lê dus ook vierkant voor die deur van die verkeersowwerhede. Iets drasties moet hieraan gedoen word of voorvalle van padwoede gaan erg toeneem. Die wetsgehoorsame padgebruikers is moeg vir hierdie gemors.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.