Foto’s: 500 inwoners dakloos ná brand in Pta-Oos

Plastic View (6 Oktober 2018) Foto verskaf

Byna 500 inwoners is Saterdag dakloos gelaat ná ʼn brand by die Plastic View- informele nedersetting in die ooste van Pretoria.

Solly Msimanga, burgemeester van Pretoria, het gesê hy is na die toneel ontbied waar ʼn brand minstens 50 huise verwoes het. “Byna 500 persone het nou al hul persoonlike besittings verloor.”

Nooddienste het intussen die brand geblus en ondersoek steeds die oorsaak van die brand. Dit is vermoedelik deur paraffien aangevuur.

“Die stad se departement van maatskaplike ontwikkeling is versoek om die inwoners van Plastic View by te staan. Ons doen ook ʼn beroep op die mense van Pretoria en Gauteng om enige bystand te lewer vir dié inwoners wat alles verloor het.”

Hy het gesê die formalisering van informele nedersettings is een van die belangrikste punte op sy agenda. “Onder Projek Tirane sal formalisering seker maak dat soortgelyke brande iets van die verlede is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

24 Kommentare

jongste oudste gewildste
Wonder net

Die Somme maak nie sin nie. 50 huise afgebrand….500 dakloos gelaat. Bly daar werklik 10 mense in ‘n plakkershut?

James

Aarde 10 mense in n bly plek van daardie groote. As mens nou byvoorbeeld jou eie elektristeit konneksie opsit en iets loop skeef of met so konneksie soveel mense daardie “krag” trek wat verwag mens.

Siek en sat

Hulle eie mense gaan hulle nie help nie. So maw wie dra weer kos klere beddegoed ens ens aan. En agterna voel hulle net mooi ziltz vir jou. Eks sooo siek en sat want dit word van ons verwag en om alles te kroon is meeste van buurlande en seker sonder wettige permitte.

Realis

Maak soos die President!! Turn a blind eye!!

Onnatuurlike bevolkongsontploffing

Waar kom die mense vandaan? In geen ander land verreis plakbuurtes so snel uit die niet soos in SA nie. Waar het hierdie mense 15 jaar gelede gewoon? Dorpe wat voorheen geen sinkbuurtes gehad het nie, word skielik deur sulke buurtes omring en die dorp se ekonomie word doodgedruk en leeggesuig deur hierdie onnatuurlike bevolkongsontploffing. Stuur hulle terug na waar hulle vandaan kom! SA kannie eers vir homself sorg nie, so hoe wil hy die res van Afrika hier in ons ou landjie huisves en voed met ‘n minderheid se swaar-verdiende ekonomiese bydrae?