[Foto’s] Betogende studente veroorsaak chaos by UWK

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Betogende studente by die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) het Woensdag probeer om ʼn koshuis op die Bellville-kampus aan die brand te steek en het na bewering eksamens ontwrig.

Volgens ʼn amptelike verklaring wat deur die universiteit uitgereik is, is vyf studente vanoggend in hegtenis geneem. “Daar is gepoog om ʼn gedeelte van die Ruth First-koshuis op die UWK se Bellville-kampus aan die brand te steek. UWK se brand- en mediese beampte het op die brandalarms gereageer wat afgegaan het en is met sy aankoms by die koshuise oorval en erg aangerand deur die betogende groep,” het die universiteit gesê.

“Die beampte is na ʼn hospitaal gehaas vir mediese behandeling. Vyf studente is in hegtenis geneem in verband met die aanranding.”

Studente het sambokke, bakstene en knopkieries gedra en veiligheidspersoneel met klippe bestook. ʼn Vroueveiligheidsbeampte is aangerand en met ʼn mes gedreig. Omstreeks 13:30 het motors by die kampus se hekke uitgestroom terwyl voertuie verbied is om die kampus binne te gaan.

Universiteitsbeamptes het aangedui dat geen eksamens deur die betogings ontwrig is nie, maar studente het gesê dit is nie waar nie. Volgens berigte het ʼn groep studente by die hoofsaal ingebars en die verrigtinge ontwrig.

Een van die personeellede het gesê studente is klaar gespanne omdat dit eksamentyd is en nou moet hulle hul weg deur polisielede met oproer-toerusting vind. Volgens die personeellid het die betogers talle vensters gebreek en het sy gehoor hoe skokgranate afgevuur word.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die vyf studente wat in aanhouding is, is tussen die ouderdom van 19 en 25. Hulle is aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Asjas ·

Hier kom nog ‘n Marikana!! Hulle is bewapen maar die Polisie en Veiligheidsbeamptes mag nie aan hulle raak nie. Dis om van naar te word. Ek wonder hoe gaan die ANC hierdie “Marikana” handteer? Het hulle al iets geleer uit die vorige probleme??

Izzy ·

BELAGLIK, dis wat hierdie klomp studente is! Soos stout kinders (in grootmens lywe) wat nie kry wat hulle wil he nie, en dan steek hulle alles aan die brand, beskadig alles en rand mense aan (wat nie met hulle standpunt saam stem nie).Ek vind dit lagwekkend as hulle se dat dit ‘n ‘VREEDSAME’ optog/betoging is, want dis NOOIT nie (en klaarblyklik weet almal dit, behalwe hulleself). Hierdie studente het duidelik nie genoeg leer-werk ens om hulle besig te hou nie.

fransie rowles ·

Waar is ons president?
Kom sorteer bietjie die chaos uit ou zumpie!!

HEVW ·

Die regte manier is polisie moet teenwoordig met kamaras, luitsprekers wapens teenwoordig wees. Waarskuwings moet baie duidelik oorgedra word en indien daar nie gehoor gegee word nie moet die leier, belhamel gelyk gemaak word. Minimum geweld. Dit werk. Die situasie ontlont gewoonlilk blitsig.

Gerhardt ·

Ek hou van jou denke. Neem die leiers af en gaan haal hulle later een vir een. Hulle is baie braaf in ‘n groep, nie soveel 5 uur die oggend nie. Die luidspreker idee werk baie goed oorsee. Honde het ook goed vewerk maar die deesdae uit. Ek dink ook verfballe wat lank vlek sal impak he.

Genis ·

Hoekom gebruik mense troetelname vir politici Fransie? “Zumpie”?? Hy is NIE jou speelmaatjie nie, hy is jou ONDERGANG. Besef julle dit of is daar geen begrip nie?

Gerhardt ·

Oom Genis, is jy nou beswaard? Die verkleinwoord is ‘n sielkundige manier om dinge te verwerk. Zumpie verdien niks beter nie.

Andre ·

Hulle is dalk geregistreer as studente maar gedra hulle soos opperste kriminele en barbare. Dus, behandel hulle sodanig.

Murrie Barnard ·

Ek is n eerstejaar verpleegstudent by UWK en ek wil net my eksamens skryf. Meeste studente wil hul eksamens suksesvol voltooi en huistoe gaan. Dat n handjie vol studente so baie moeilikheid kan veroorsaak gaan my verstand te bowe?

anita ·

Is aparteid nog te blameer vir al die optogte, strikes, in die NUWE S.A..nee wat hierdie is nog net die begin..we want free housing ,, free water and lights,,, free education. ..and a farm!!
alles is al opgevoeterd..hospitale..skole..plase …skoon water..krag..sauk…myne…paaie vol gate..en dan het ons n wapenwet..vir elke krimeneel om OTMs…winkelsentrums..en hijackings..te roof…hoe oulik..MAAR wat jy saai gaan jy maai..NUWE SA

gert ·

ek se vir julle as hulle die studente skiet gaan die eff n burger oorlog verklaar

EVT ·

Hulle word inhegtenis geneem net om niks oor te kom nie. Dis hoekom hulle voortgaan om te vernietig, want hulle weet hulle gaan niks oorkom nie. Die optogte is nou rerig vervelig hoor, daar IS studente wat graag hulle eksamen wil skryf en klaar kry. Hou op om ander se tyd te mors met julle gemors!!!!!!!!

J.Z ·

Die polisie moet n bietjie ondersoek instel hoeveel van die betoogers is studente,miskien sal hulle verbaas wees met die uitslag van so n ondersoek,

GES ·

Ek hoop daar word hierdie keer behoorlik met die vandale gehandel. Om die saak net weer terug te trek na ‘n paar dae is maar net vet op die vuur. Maak ‘n voorbeeld van die skuim.

Koos ·

Hier is sekerlik nou al baie meer onluste as in die apartheidstyd. Ou Jakkals verander van hare maar nie van snare.

Dan ·

Dis duidelik dat die soort ding die land oorneem, hulle sal nooit meer gestop kan word nie. Ales sal nou daarby aangepas word, soos daar weer met die vuurwapen wet gepeuter word. Jy sal in die toekoms jou nie meer kan teensit teen sekere magte nie.

Elmarie ·

Alles moet nou verniet wees maar wie gaan betaal vir al die skade wat die gemors aanrig? Nie een van die student het al by gedra tot die land se ekonomie nie maar hulle breek af? Nee wat as dit die jong leiers van die land gaan wees – is ons en ons kinders se toekoms maar bleek in die land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.