Foto’s: CR in Londen vir koninklike besoek

President Cyril Ramaphosa het Maandagoggend by die Stansted-lughawe in Londen geland (Foto: Daniel Leal, AFP)

Die Suid-Afrikaanse vlag het Maandag by die Stansted-lughawe en Buckingham-paleis in Londen, Engeland, gewapper met pres. Cyril Ramaphosa se aankoms in die land vir ʼn ampsbesoek wat deur koning Charles III gereël is.

Ramaphosa het die oggend met ʼn lugmagvliegtuig by die Stansted-lughawe in Londen geland en is deur ʼn Britse militêre erewag ingewag.

Hy het Sondag uit Suid-Afrika vertrek vir die ampsbesoek aan Groot-Brittanje en Noord-Ierland wat tot Woensdag sal duur.

Ramaphosa is deur ‘n Britse militêre erewag ingewag (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

“Koninklike staatsbesoeke is ter bevordering van bilaterale betrekkinge en dien ook as ʼn simbool van respek en van die belangrikheid wat die Verenigde Koninkryk aan sy betrekkinge met ʼn bepaalde land toeskryf,” het Ramaphosa gesê.

Ramaphosa se vrou, Tshepo Motsepe, kon nie die staatsbesoek meemaak nie omdat sy op aanbeveling van haar dokters nie lang afstande kan vlieg nie. Sy het onlangs ʼn oogoperasie gehad.

Ramaphosa is koning Charles III se eerste staatsbesoek sedert hy die leisels as monarg oorgeneem het. Die laaste staatsbesoek in die Verenigde Koninkryk was in Junie 2019 toe koningin Elizabeth II die Amerikaanse president, Donald Trump, en sy vrou, Melania, verwelkom het.

Ramaphosa was in September laas in Londen vir die staatsbegrafnis van koningin Elizabeth II by Westminster-abdy. Sy staatsbesoek kom meer as ʼn dekade ná ʼn vorige besoek deur ʼn Suid-Afrikaanse leier, toe Jacob Zuma die Verenigde Koninkryk in 2010 besoek het.

Die amptelike program begin Dinsdag en sal ʼn staatsbanket by Buckingham-paleis insluit. Gesprekke oor klimaatsverandering, handel en Charles se visie vir die Britse Statebond sal waarskynlik ook hoog op die agenda wees.

Charles en koningin-gemalin Camilla sal Ramaphosa Dinsdag amptelik verwelkom, maar die president sal ook met ander senior koninklikes vergader.

Troonopvolger prins William en sy vrou, Kate, prinses van Wallis, sal by Charles en Camilla aansluit vir ʼn seremoniële militêre verwelkoming.

Charles se jongste broer, prins Edward, sal na verwagting Ramaphosa vergesel na Londen se Kew-tuine en ʼn biomediese navorsingsentrum.

Op die agenda is ook ʼn toespraak aan wetmakers van albei huise van die parlement en ʼn vergadering met eerste minister Rishi Sunak by Downingstraat om ʼn reeks kwessies van ʼn bilaterale, kontinentale en globale aard te hersien.

“Sleutelsektore wat oorweeg word vir wedersydse voordeel en om ekonomiese groei en ontwikkeling in Suid-Afrika te ondersteun, sluit in infrastruktuurontwikkeling, mynbou, energie, vervaardiging, landbouverwerking, sakeproses-uitkontraktering en toerisme.”

Ramaphosa sal Dinsdag ook ʼn huldeblyksteen vir Nelson Mandela besoek wat in 2018 in die Westminster-abdy geïnstalleer is.

Maroela Media het vroeër berig die groot diplomatieke geleentheid word egter oorskadu deur gebeure in Suid-Afrika, naamlik Ramaphosa se beweerde pogings om die diefstal by sy Phala Phala-wildplaas te verbloem.

Die parlement sal volgende maand die bevindings van die spesiale ondersoekpaneel bekendmaak, wat moet bepaal of Ramaphosa oor die Phala Phala-sage in ʼn staat van beskuldiging geplaas moet word. Ramaphosa ontken bewerings dat hy versuim het om ʼn diefstal van miljoene dollars op sy wildplaas in Limpopo aan te meld, asook dat hy gereël het dat die rowers ontvoer word en vir hul stilswye omgekoop is.

Die president erken daar was ʼn inbraak, maar ontken bewerings van ontvoering en omkopery. Hy sê die voorval is by die polisie aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Antie Sarie ·

Nee nee. Instruksies ontvang. Waarom was hy die eerste staatshoof wat genooi was?

Delia ·

1. As die President sê dis aangemeld moes sy mense seker n saaknommer gekry het.
2. Kyk hoe netjies en vaartbelyn is die erewag.

Elméne ·

Ja en intussen is daar gerugte dat die hele land vir 2 weke sonder krag gaan sit – HY die wetter mors duisende rande om te gaan bakhand staan. En raai wat, indien hy dit gaan regkry om NOG geld uit die buiteland te kry gaan ELKE SENT in sy EIE sak – èn die van sy kaders se sakke gaan. DIT is om van te GIL!!!! Wonder nou ook maar net, gaan HY EN SY KADERS geraak word deur die “noodtoestand” wat hy so ligtelik wil instel in Desember / Januarie???

Samuel ·

CR het seker reeds bepaal hoeveel £ sterling hy by Sunak gaan bedel onder die voorwendsel dat dit vir groenkrag aangewend gaan word. Hy sal seker swyg oor die geld wat eenkant weggesteek gaan word as beloning vir kaders.

Pierre ·

Luukse lewe, vlieg die wereld vol en drink tee saam met die Engelse wat die land gekolianiseer het en sy land se mense vrek van die honger in die donkerte te danke aan hom ens sy regering.

Lillian ·

Ek sou wragtig steeds eerder on Britse beheer wou leef as dit wat ons nou ervaar.

Nie Verbaas ·

Korrek. Loop soos n groot meneer terwyl hy eintlik die hoof nar in die sirkus is.

Peter ·

Seker n paar kanne jet fuel in die garage gebêre vir in case

Swerwer ·

Sou graag ‘n vlieg op die muur wou wees om die waarheid aan te hoor!

Antie Sarie ·

Of hy gaan ridderskap ontvang vir die “goeie werk” wat hy doen in Suid Afrika.

Koos 100 ·

Jou land brand CR en jou kaders het die vuur begin en stook hom, en jy voeter oorsee rond vir langer as ‘n maand al. En dit op my onkoste! Jou staatsdiens staan op die punt van ‘n masiewe staking en jy voeter oorsee rond. Eskom kan nie krag voorsien nie, en jy word ondersoek vir valuta bedrog, en jy sit oorsee. Baie goeie voorbeeld wat jy stel!

Tjaart ·

Dien politisie nog enige waardevolle doel? Die land val uitmekaar en hulle karjakker rond in groot weelde terwyl alles net versleg.

Parmantige samaritaan ·

Tjaart, jy vra n naie belangrike vraag. Ons kan wêreldwyd doen sonder skelms in beheer.

Anel ·

En hy was “September laas in Engeland”! Genade, wil hy elke week soontoe gaan? Maar my! En hy wil met hulle oor wat gaan praat? Hy kan nie eers die ligte hier aan hou nie!!! Pateet!!!!!

Antie Sarie ·

Hy was genooi. En nie sonder rede nie. Mense vergeet. Sedert 1965 het britanje hul kloue styf in SA. Die ou vlag getuig daarvan. Met die klein britse vlaggie in die middel.

annie ·

Sjoe, dit lyk of die Britte effe skuldig voel oor daai skatte in die kluis onder die paleis… Maar moenie hoop nie… Goud en diamante is net eenrigting verkeer: No return ticket.

Strandloper ·

Die twee wanabe famous piete behoort goed oor die weg te kom. Beide vreeslik vol van hulself, die een 90% van sy lewe werkloos en die ander werk
net op ons senuwees.

Nettie ·

Klimaatsverandering??
So hy gaan terug kom met ‘n pakkie reels waaraan ons gaan moet voldoen?
Slegs groen energie, geen koeie, wurms vir proteiene, ens.?

Nico ·

Hoeveel Britte het al verskoning gemaak oor die dood van vroue en kinders in sogenaamde moordkampe gedurende die Anglo Boere oorlog in 1899 – 1900, die Britte was te bang vir die Boere, die Britte was agter die minerale aan wat in SA ontdek was. Kyk, hoeveel wit, swart en kleurling sit in armoede omdat ons president rond flenter oorsee. Daar is ook probleme met die krag voorsiening as gevolg van korrupsie, geld wassery en bedrog.

Wendy ·

Mnr Ramaphosa ken jy die geskiedenis v ons land, weet jy wat die destydse britte aan die SuidAfrikaanse boerevolk gedoen het ? Ek stel voor jy ondersoek dit

Kobus ·

Mnr Ramaphosa is net spyt die Britte het nie die Afrikaanse bevolking méér skade berokken nie. En die Britte het saam geskreeu Free Mandela – hulle verpes Afrikaanses, want ons het dit durf waag om teen hulle op te staan in die Anglo-Boereoorlog.

Elize ·

Hy gaan weer bedel want moet kersgeskenke vir sy “brothers en sisters” koop. Die een wat hom genooi het is net so groot pateet soos hy. Hoop hy bly sommer daar tussen al die bleek gesigte

LANA is ELANè ·

Wat van die vreeslike “carbon footprint” wat die besoek veroorsaak. Die “Koning” is mos groen in al sy doen en late, hoekom nie ñ “zoom meeting” nie.
Die is net ñ onnodige klug terwyl SA in die donker gehul is, maar daarvan hou die nuwe “Koning” seker vreeslik, want dit pas sy inisiatief dat gewone werkerklas mense tog net weer moet lewe soos in die donker eeue, in totale afhanklikheid van die rykes.

Nie Verbaas ·

Eerste keer dat ek sien dat n korrupte n erewag kry. Is dit nie ironies nie?

Kobus ·

En twee dae gelede vaar hy uit teen apartheid en kolianalisme omrede sy party nie diens kan lewer nie. Nou eet saam met hulle.

Antoinette ·

Vergesel van nog paar nutteloses. Wat soek hulle daar en wie betaal die onkostes.

SjN ·

Met die toestand in die land danksy die anc moes die vlag halfmas gehang het!!

TO ·

En wat wil jy nou weer gaan lieg?? Maar not to worry ou Charles en sy trawante glo tog als wat julle lieg, hy lieg et so, ook oor sy verhoudings

Willem ·

Soos al sy rasgenote het hierdie man en sy gevolg geen skaamte nie. Hulle het die Republiek van Suid-Afrika deur hul agterente getrek maar nou arriveer hulle opgetof en uitgevat om die Engelse koning te ontmoet! Sies man

My siening ·

Ag foeitog hy sê hulle sleg maar bakhand sal hy staan. Alles ge erf maar dit goed op gebruik en vernietig!

Miena ·

Ek is so bly ek kry kommentaar #44. Dit wil net bewys dat ek een van die 44 Afrikaanssprekendes in SA nog oor is. Jou land is in “shambles” geagte meneer die president. Nou gaan jy “high-tea en komkommer drie-hoekbroodjies” eet saam met die mense wat baie baie jare terug vir ons land baie baie hartseer veroorsaak het. Ek hoop jy bring daai diamant sommer terug ook – want dit behoort aan ons. Dit kom uit suid Afrika grond uit. En so terloops – groet hulle sommer so Trots Suid Afrikaans en praat Afrikaans met hulle.

Aanhouer ·

Hoe lekker lag ek nou…
Kan net dink hoe die grote staatshoof dit waardeer. Hier is hy basies mampara en daar word hy op die hande gedra.
England oh England…!

Dies ·

Wat is die ophef oor, of gaan hy van sy geld daar by Charles Bank???
Siestog wie weet hy gaan dalk CR oor sy oumagrootjie se oorlogsmisdade om verskoning vra. ????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.