Foto’s: Dit sneeu in Oktober!

Sneeu langs die N3. (Foto: X)

Suid-Afrikaners het Maandag ʼn aansienlike daling in temperatuur beleef met swaar sneeu wat in die omgewing van Harrismith in die Oos-Vrystaat en op die N3 by die Van Reenenspas in KwaZulu-Natal uitgesak het.

Teen laatmiddag het die sneeu nog plek-plek dik gelê.

Ysreën en hael is ook op plekke, waaronder Johannesburg in Gauteng en Brits in Noordwes, aangemeld.

Anita Heyl, woordvoerder van die N3-tolkonsessie, het padgebruikers vanoggend voorberei op koue weer.

“Maak voorsiening vir warm klere en komberse, water, kos en basiese mediese voorrade in jou voertuig, sou onverwagte vertragings of noodgevalle voorkom.”

Sneeu in die omgewing van Harrismith. (Foto: X)

Teen laatmiddag het Heyl laat weet dat daar geen verdere sneeuval langs die N3 aangemeld is nie. Daar was ook geen ernstige voorvalle wat die verkeersvloei ontwrig het nie.

“Koue en nat weerstoestande duur egter voort en die N3-tolkonsessie doen ʼn beroep op padgebruikers om ekstra versigtig op die paaie te wees,” het Heyl gesê.

Die koue weersomstandighede volg nadat ʼn groot deel van die land verlede week nog behoorlik gesweet het weens die versengende hitte.

Maroela Media het vroeër berig die oorsaak van die nat, koue toestande is ʼn kombinasie van twee weerstelsels: Eerstens, ʼn sterk oppervlak-hoëdrukstelsel wat koue, vogtige lug oor die suidoostelike en oostelike kus en binneland meebring. Tweedens is daar die ontwikkeling van afwaartse druk oor die sentrale binneland wat reën oor die oostelike provinsies kan veroorsaak. ʼn Verdere faktor wat die waarskynlikheid van en hoeveelheid reën kan raak, is die tropiese aard van die lugmassa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Miena ·

Ooo wee – Iemand het vir Elsa (Frozen) vieslik kwaad gemaak… en hier dog ek dit is so koud omdat daar gese was dat dit gaan sneeu as die Bokke weer die beker wen. Mmm – ek sal maar onder my ou Blou kombersie sit – want my Bloed is mos Blou (en nee dis nie net omdat ek koud kry nie – oogknip en glimlag vir jou wat hier lees) Dankie baie en lekker dag. Bly warm.

Truman Burbank ·

Enige iemand wat hierdie as “normaal” probeer afmaak, is of uiters dom, of uiters verdag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.