Drie persone is Donderdagoggend omstreeks 11:00 dood in Empangeni in KwaZulu-Natal.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê volgens berigte het die bestuurder van ʼn wipvragwa beheer verloor oor die voertuig en die vragmotor het ʼn motor getref. Twee insittendes in die motor is oorlede.
Die vragmotor het daarna ʼn vroulike voetganger getref en sy is op slag dood voor die vragmotor die pad verlaat en in ʼn buitegebou by die ingang van ʼn skool vasgejaag het.
“ʼn Man in die gebou het ernstige beserings opgedoen ná hy getref is. Hy is op die toneel behandel,” het Herbst bygevoeg.
Die bestuurder van die vragmotor het ook ernstige beserings opgedoen. Hy is later met ʼn Netcare 911-helikopter na ʼn spesialis-fasiliteit geneem.
- Empangeni-ongeluk (Foto: Netcare 911)
- Empangeni-ongeluk (Foto: Netcare 911)
- Empangeni-ongeluk (Foto: Netcare 911)
- Empangeni-ongeluk (Foto: Netcare 911)
- Empangeni-ongeluk (Foto: Netcare 911)
- Empangeni-ongeluk (Foto: Netcare 911)
- Empangeni-ongeluk (Foto: Netcare 911)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
‘n Probleem:
U opskrif sê ” Drie sterf in Durban-Ongeluk……..”
u berig gaan oor ‘n ongeluk in Empangeni….dit is ‘n hele paar honderd kilometers die kus op…..
Die grondpad-aansluiting is darem baie naby aan die draai in die teerpad…is dit wettig?