Foto’s: Eerste CT-skandering op SA renoster

‘n CT-skandering word op die renosterbul Oz uitgevoer. (Foto: Care for Wild Rhino-beskermingsfasiliteit /Facebook)

Danksy baanbreker tegnologie by die Onderstepoort Veterinêre Akademiese Hospitaal (OVAH) kon ʼn witrenosterbul met ʼn tandabses gediagnoseer word en behandeling daarvoor ontvang.

Die witrenoster van een ton, Oz, het onlangs ʼn CT-skandering by die OVAH ondergaan wat gewys het dat hy ’n tandabses in sy wortelkanaal onder lede het. Dit is die eerste keer dat ʼn lewende renoster in Suid-Afrika só ʼn skandering ondergaan.

Stropers het Oz in 2015 wees gelaat waarna hy in die Care for Wild Rhino-beskermingsfasiliteit in Mpumalanga se sorg geplaas is.

Die fasiliteit het vroeg vanjaar ongewone swelling aan Oz se gesig opgemerk en Petronel Nieuwoudt, stigter van die beskermingsfasiliteit, het besluit om dr. Albertus Coetzee van die West Acres-dierehospitaal in Mbombela te raadpleeg.

‘n CT-skandering word op die renosterbul Oz uitgevoer. (Foto: Care for Wild Rhino-beskermingsfasiliteit /Facebook)

Daar is ná gesprekke met die wildveearts dr. Jacques O’Dell en die spesialis in tandheelkunde en kaakchirurgie vir diere, prof. Gerhard Steenkamp, besluit om Oz na die OVAH te neem om meer oor sy toestand te wete te kom.

Dit is hiér waar Oz die eerste renoster in Suid-Afrika geword om ’n CT-skandering te ondergaan.

Nieuwoudt bestempel die skandering as ʼn belangrike oomblik in veeartsenykundige gesondheidsorg sowel as die versorging en rehabilitasie van renosters.

“Die logistieke ervaring, inligting en kennis wat hieruit opgedoen is, is fenomenale vordering in die stryd om ʼn hoeksteenspesie van uitwissing te red.

“Ons kan nie ʼn spesie alleen red nie, maar saam kan ons merkwaardige dinge bereik. Ter erkenning van die span spesialiste wat saamgekom het, bedank ons ​​hulle vir hul passie en groot toewyding,” sê Nieuwoudt.

Oz het ná die skandering behandeling ontvang en is intussen terug by die Wild Rhino-beskermingsfasiliteit. Hy eet en drink goed.

Oz by die die Onderstepoort Veterinêre Akademiese Hospitaal. (Foto: Care for Wild Rhino-beskermingsfasiliteit /Facebook)

Oz by die die Onderstepoort Veterinêre Akademiese Hospitaal. (Foto: Care for Wild Rhino-beskermingsfasiliteit /Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Di ·

Sjoe wonderlik hoe tegnologie net al hoe beter word. Wens ek kan so naby ‘n renoster kom, absoluut gek oor hierdie wonderlike dier

Toy ·

Een van die mooiste diere is ‘n klein renostertjie, ek so mal oor hulle. My hart is so seer elke keer wanneer die mense hierdie diere so wreed aanval.

Casper ·

Ja die kalfies is mos altyd so uitbundig,nuuskierig en astrant hoor.Ek is mal oor die spesie.Dankie vir die wonderlike werk wat julle doen.

Samuel ·

Wonderlike nuus. Dankie aan al die toegewyde personeel by Onderstepoort. Mooi storie.

Paulien ·

Hoe as ek mag vra het hulle die renoster op die tafel gekry. Ek neem aan seker met een of ander huiser??

Waarnemer ·

Daardie tafel waarop Oz gele het moes seer sekerlik versterk word om sy gewig te dra.Baie geluk aan die rolspelers met hierdie baanbrekerswerk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.