Foto’s: EFF-lede sak landwyd toe op Clicks-winkels

EFF-lede voor die Clicks in die Menlyn-winkelsentrum in Pretoria (Foto: EFF Twitter)

Protesaksies het talle Clicks-winkels landwyd Maandag tot stilstand gebring nadat ʼn rasseherrie vroeër die naweek op sosialemediaplatforms losgebars het oor ʼn advertensie op die kleinhandelaar se webwerf.

Die EFF het Sondagmiddag gedreig om sake by al die kleinhandelaar se takke tot stilstand te bring waarna EFF-lede Maandagoggend by verskeie Clicks-winkels in die land betoog en ʼn bohaai opgeskop het.

Die Clicks in die Saveways-winkelsentrum in Emalahleni is vanoggend onder meer met ʼn petrolbom bestook.

EFF-lede en leiers van die party het onder meer buite die Clicks-winkels in die Goodwood-winkelsentrum in Kaapstad, die Highveld-winkelsentrum in Emalahleni, die Menlyn-winkelsentrum in Pretoria en die Mall of Africa-winkelsentrum in Midrand byeengekom. ‘n Clicks in Alberton is gevandaliseer en aan die brand gesteek.

Malema sluit die deure van die Cycad Clicks in Polokwane met ‘n ketting en slot (Foto: Verskaf)

Die EFF-leier, Julius Malema, het ook vanoggend by die Clicks in die Mall of the North in Polokwane opgedaag.

“Die enigste manier hoe kapitaliste sal jammer sê is wanneer geld betrokke is. Ons is in ʼn stryd teen die rassistiese finansiële sektor. Ons sal nie toelaat dat die onberouvolle en verdraaide rassisme van Clicks in Suid-Afrika voortduur nie,” het Malema gesê.

Hy is hierna na ʼn ander Clicks in Polokwane waar hy die winkel se deure met ʼn ketting en slot gesluit het.

Clicks se uitvoerende hoof, Vikesh Ramsunder, het intussen in ʼn ope brief om verskoning gevra.

Rakke is omgegooi in ‘n Clicks in Alberton (Foto: Twitter)

“Ek is diep teleurgesteld dat ons toegelaat het dat onsensitiewe en aanstootlike foto’s op ons webwerf gepubliseer word. Ek vra onvoorwaardelik om verskoning vir die seer en woede wat hierdie advertensie veroorsaak het,” skryf hy.

Ramsunder sê hoewel die foto’s en inhoud deur die verskaffer TRESemmé aan hulle verskaf is, dra hulle steeds skuld en het Clicks dus in die openbaar om verskoning gevra en die advertensie van sy webwerf verwyder. Hy het bygevoeg dat die nalatige werknemers wat vir die advertensie verantwoordelik was, reeds geskors is. Hulle was ook met TRESemmé in verbinding, wat ook om verskoning gevra het.

Protesaksie by die Goodwood-winkelsentrum in Kaapstad (Foto: Verskaf)

“Hierdie voorval het die noodsaak beklemtoon om al ons derdeparty (en ons eie) promosiemateriaal te oudit vir enige implisiete of eksplisiete vooroordele, sowel as om die personeel in ons hoofkantoor in diversiteit en inklusiwiteit op te lei. Dit sal dringend geïmplementeer word.”

Ramsunder sê Clicks het die afgelope naweek ʼn buitengewone raadsvergadering belê om sy volgende stappe te bespreek. Dit sluit in die prioritisering van ʼn opleidingsprogram vir diversiteit en insluiting.

“Ons werk saam met ʼn uitgebreide lys van verskaffers, meer as 20, om te verseker dat ons meer as 40 natuurlike haarsorgreekse in ons winkels het. Sedert 2005 het ons die aantal natuurlike haarprodukte op ons rakke met meer as 4 000% uitgebrei.”

“As ʼn onderneming kan ons nie verander wat gebeur het nie, maar ons leer hieruit. Ons is daartoe verbind om werklike, sistemiese veranderinge in ons onderneming te bewerkstellig wat ons trots daarop maak om ʼn eg Suid-Afrikaanse maatskappy te wees. Ons het baie gedoen in terme van transformasie. Hierdie kwessie het duidelik beklemtoon dat ons nog baie meer moet doen.”

Soos vroeër berig het Clicks in die sop beland nadat hy ʼn advertensie geplaas het waarin na verskillende vroue se verskillende haarsoorte verwys word. In die advertensie word die byskrifte “frizzy & dull” en “dry & damaged” gebruik by die foto’s van swart vroue se natuurlike hare, terwyl die byskrifte “fine & flat” en “normal” by foto’s van wit vroue se hare gebruik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

90 Kommentare

Pieter ·

Hulle optogte lyk maar klein en min. Clicks moet hulle aankla van geweld en oorlog en skade.

Hendrik ·

Malema moet maar goeie shampoo gebruik vir sy hare. Dit is so bietjie dof.

James ·

Nie net dit nie – die man lyk maar aan die maer kant ook…..

Genis ·

Hoe kan hierdie misdaade Geduld word? Dis mos saak beskadiging? Of monitor die patetiese SAPD weer van ver af?

Pieter ·

Dis presies wat anc wil hê, trek aandag af van die korrupsie. ek het geen respek vir 95% van SA.

Piet ·

Lyk my EFF kry nou hul sin met al die Clicks winkels wat nou op ‘n streep sluit. Boonop is Clicks se dringende hofaansoek om die protes te keer met koste van die hand gewys. So die EFF beheer nou wie sake doen en wie nie. Dis ‘n belaglike situasie maar die hof seg dis oukei. Piesang-Republiek.

Anoniem ·

Genoeg rede om hulle op verskeie klagtes te arresteer. Kom ons of daar teen hulle opgetree gaan word, dan sal ons sien in welke mate Ramaphosa in beheer is soos hy wil voorgee.

Retha ·

Nee wat, niemand sal teen hul optree nie, want die regering het dan die die hele hoër hof in die holte van hul hand

Jannie van Niekerk ·

Daar is ‘n BAIE groot verskil tussen protesaksie en terrorisme. Petrolbomme is terrorisme. Dit is nie protesaksie nie. Gaan die SAPD optree teen die terroriste?

Porseleintjie ·

Papbroeklinie is nie instaat om iets hieraan te doen nie.

Alet ·

met EFF aan bewind…..hulle kry mos ALLES reg en bewaar die een wat hulle te na kom.

Andre ·

So maklik, stel ‘n eis in teen die Eff, en die betrokke midadigers. Met al die video getuienis sal selfs die regter dit moeilik kan uitgooi.

Jan ·

Die regbank het reeds aangedui dat die terrorisme aanvaarbaar is, deur nie ‘n interdik toe te staan nie

Cecilia ·

Mag ek vra hoekom hulle nie gearresteer word dis saakbeskadiging teen die ramp toestand se wette en onwettige protes…… Oe wag hulle mag mos enige iets doen wat ongrondwetlik is net hulle het die reg tot als #landinsydingesin#

Piet ·

Die probleem is dat die EFF nie meer ligtelik opgeneem kan word nie. Hulle het amper 11% van die stemme getrek vorige verkiesing. Dis meer as helfte van die DA se stemme. Onrusbarend.

Janine ·

Wel, blankes is slegs 4.2 miljoen. Die swartes seker omtrent 50 miljoen? Sekerlik meer, aangesien hope nie eens getel word nie. Wiskunde is nie een van anc se beste vakke nie.

tweeling ·

Sodra Enema en Flooi se geraamtes by VBS oopgekrap is dan gaan hulle stemme verloor

Elize ·

Kyk net al die gemors binne in die winkels en moet asseblief nie vergeet van die wat buite is nie!

Johan ·

Die betogers is net daar met die hoop dat hulle iets kan gryp indien ruite, ens. gebreek word (EFF-Everything For Free).

Schalk ·

Die EFF het seker nie een werk nie, seker die wat hulle orals kan loop en optogte hou? Nou raak hulle sensitief oor ‘n advertensie. Die siek argument van rassisme is besig om belaglik te raak. Die spul ondersteuners wag seker net vir die woord dat hulle die winkels kan binnestroom en begin neem sonder betaal. Werklik as die land onder hulle bewind moet kom sal dit die ANC soos amateurs laat lyk met wat hulle sal vermag. Ag en die nuwe haarstyl van JM…..Miskien soek hy die advertensie vir sjampoe! LOL

Sobymykoolkop ·

Klomp huigelaars, ons vorder, kyk die foto’s , almal hulle westerse hare by die huis gelos.

Piet ·

Wat het van die reel geword dat jy nie binne 100m van ‘n gebou mag protesteer nie? Dit klink vir my na ‘n oplossing, moet net streng toegepas word sonder uitsondering.

Ricus ·

Ja en die EFF kan net doen wat hul wil en wegkom daarmee.Aag dis lekke hier in SA

Mallie ·

Clicks moet hulle almal afdank, Daar is witte wat te dankbaar sal wees vir n werk.

Persheks Adri ·

Maak ‘n voorbeeld van hom en sy mense! Waar is groot hoed en sy mense nou? Besig om maskers te soek of wat?

Hoop ons sien hulle in oranje pakkies soos in vandag nog!

Simon ·

Dit is niks minder as terrorisme in sy ergste graad. CLICKS julle is uiters papbroekig om omverskoning te vra. Wat Trump kwansuis omtrent Madela en Afrika in geheel gese het, is 100% korrek.

Michael ·

Waar is die sapd of is hul kop in een mis met hul of is hul bang vir hul want hul het geskitter in hul afwesigheid want hul wag vir die blankes om iets te doen dan sal hul aanval of is dit motorfiets ryers eerste op hul lys.

JohanR ·

Soos Kallie Knoetze aan Leon Schuster gese het “bou ‘n nasie!”

Werner ·

So hulle het nou hulle sin gekry wat is volgende plaas besetting

Alet ·

Houston we have a problem….Oom Donald kom help hierdie land…!

Magda ·

Kan MM asb vir ons se – Wie het die Advertensies afgeteken ??

Johann ·

En die EFFers word toegelaat om te verwoes en intimideer en te dreig in full view van sekuriteit en polosie? En kom weg daarmee?

Jacobus ·

Geen twyfel dat hierdie kwaadaardige voorneme en gedrag krimineel is en dat die leierskap verantwoordelkk gehou moet word. Die ongestrafde boewery moet aangespreek word.

Sandra ·

Ek weet nie hoekom die mense van Clicks moes om verskoning vra nie. As jy gewone tv kyk deesdae, dan is elke liewe advertensie ‘n swart persoon. Ons het nou die dag daaroor gepraat. Daar is ‘n advertensie, ek kan nie nou onthou nie, maar dit kom daarop neer dat die wit meisiekind stupid moet lyk omdat sy nou glo nie geweet het van die produk wat geadverteer word nie. Die hele ding ruk hand uit met al die protesaksie en die petrol bomme ens. Die EFF moes nie eens toegelaat word om die winkelsentrums te betree nie.

Niklaas ·

Ja Rooi oorpak brigade. Enigiets om bietjie in die nuus te wees.

Tokkel ·

Tipies EFF!!!..Brand af en destroy alswat hul kan. Bou gladnie die land op nie. Die ergste van als is dat hulle media blootstelling so baie kry. Nie eers plaasmoorde kry so baie blootstelling nie. Die tragieste van als is dat die regering niks aan hulle kan doen nie, want die EFF het mos ‘n vrye sê en kom niks oor nie. Laat die vryheidsfront dit doen of ander instansies dan word hulle toegesluit…. Ek hoop Malema betaal vir daardie Clicks winkels, want hy het die optog mos gecall.!!

Piet ·

Het die EFF al ooit ‘n optog gehou waar niks beskadig is nie? Ten spyte hiervan gaan dit net voort.

koos10 ·

Kan iemand asseblief vir Malema die basiese beginsels van ekonomie verduidelik, verkieslik in sy moeder taal.
As julle die winkels sluit maak hulle nie geld nie en dit is hoofsaaklik swart werkers wat gaan lei. Dan verminder hulle belasing betalings ook en dan is dit hoofsaaklik arm swart mense wat gaan lei, want hulle kry grants by die regering, wat weer belasing kry by mense en besighede wat werk, om die grants te betaal.
Julle oormerk om kominusties te word gaan ook nie werk as die regering geen geld (belasting geld) het om uit te deel nie. So Malema, julle skiet julself in die voet en been met die stupid dade, behalwe as jy so stupid is om te dink dat die regring net nog geld kan druk, wat so by the way ook geld kos om te doen.

Danie ·

Wat n gemors en dit oor hare en wat die teleurstelendste van als is hulle blaf en ons kruip.

popsa ·

Word groot, Kleuters! Leer om advertensies te verstaan, dan sal julle nie julle speelgoed elke keer verniet uit die kot gooi nie. Volwassenes begryp dat kleur of ras nie in die minste ter sprake is by enige goeie haarversorging nie. Dis uiters kinderagtig, onvolwasse en ondankbaar om ‘n hand te byt wat aan duisende van jou eie mense volgehoue, betroubare werksgeleenthede verskaf. (Maar ja, miskien is dié bohaai slegs ‘n flou poging om die ontelbare stemme wat nou wêreldwyd teen plaasmoorde weerklink te probeer demp.) Dankie Clicks vir julle puik diens. Julle word waardeer.

Willem ·

Ek hoop Clicks stel groot eise in teen eff. Vat hulle geld vir skade en gelde wat verlore gegaan het

Keelvol ·

Hoop dat Clicks hulle vir alles wat hulle nie het nie sal davaar.

Anoniem ·

Dit maak geen saak hoe jy jou gedra nie. As jy so gebore is gaan jy dit moet aanvaar. Hulle ly aan ‘n groot minderwaardigheids kompleks en dit gaan nie net oor hulle hare (of wat ookal) nie.

Nic ·

weet nie waar gaan hulle nou hulle pille (nurovaine,,) kry nie

Nic ·

malema word wakker apartheid is nou omgedraai wat wil jy nog meer he

Nozi ·

Is dit nou werklik nodig om die winkels af te brand en dit oor shampoo??? Het ons enige haar produk wat se “white is beautiful”. Ek weet daar is ‘n produk wat se “black is beautiful”. Is dit nie maar dieselfde nie?

Wonder ·

Dit gaan nou weer n geval wees waar daar net gesit en kyk word want sekeres mag dit doen want dis hull reg na wat al die jare aan die arme siele gedoen was, volgende stakings gaan net erger word…

Christo ·

Ai tog – kom ons ruil net die twee beskrywings om. Dan kyk ons of Malema tevrede is dat dit nou rassisme teenoor wittes is ???!!

Werner ·

Dit is so mooi as die KADERS hulle boeties en sussies werkloos laat die die witmense en boere van die land Kan aanbeweeg viva anc viva malema help mekaar in die afgrond in ons sal weer opbou

my opinie ·

Genade…
Maar as daar vir plaas moorde n VREEDSAME optog hou word hul gearresteer……. DAN monitor die Polisie nie…..

Manda ·

So…môre betoog hulle omdat hulle nie by Clicks kan medikasie kry nie… die ironie is egter dat hulle hare nou maar is wat dit is – en niks kan dit verander nie.

sterk soos n beer ·

malema moet aamgekla en tronk toe gestuur word vir aanhitsing

Vanessa ·

Hel ek het nou lekker gelag!!!!! Ai, die klein goedjies in die lewe wat sommige mense so ontstel.

Ann ·

Vraag: Sou die rolle omgeruil gewees het, sou ons dieselfde gedoen het? Nee. Ons kan dit op die regte manier uitsorteer – of ons sou dit net laat verbygaan het. Nie alles gaan by ons oor ras soos blykbaar by hulle nie.

Michael ·

Vir ewig sal hulle in stof leef. Dit is die toestand waarin Afrika op sy gemaklikste is.

Sylvia ·

Ek wonder net of die swart vroue wat gebruik is in hierdie advertensie, het hulle beswaar gemaak tydens die maak van hierdie advertensie?

Susan ·

Hierdie protes aksies is allesbehalwe omdat hulle ongelukkig is óór die advertensie en die beeld wat dit van swartmense se hare. Dit is net om hulle weer toegang te gee om winkelsentrums te vandaliseer, en hulle kriminele dade te laat seëvier, dis wat sulke tipes aan die gang hou, as mense, hulle eie mense, se lewens werklik vir hulle sou saak maak sal hulle verkragters van minderjarige kindertjies san die pen wou laat ry! Dit is maar net’n bewys van hulle belaglike redenasie vermoëns, en dat hulle in hulle arrogansie soos hiënas ronddwaal en kyk waar hulle mense kan intimideer en skrik op die lyf haag, intussen besef hulle eintlik dat die party nooit gestig is om SA burgers se daaglikse lewens te verbeter nie, net hul eie deur te help om staatsgeld in hulle sakke te laat verdwyn.

Martie ·

Dis verregaande. Ek was geskok om te sien in hoeveel advertensies word blankes as die “dom” of “oningeligtes” voorgebeeld…. en daarvan kom niks.
Ek dink dis tyd dat Afriforum ook begin reageer op sulke advertensies

Marianne ·

Duidelik dink iemand iewers “fine and flat” word positief bedoel en en die implikasie is dat slegs swart dames se hare problematies is. Absoluut belaglik. Net ‘n swak dekmantel om stof op te skop. En dit terwyl geslagsgeweld, plaasmoorde en mense wat ly onder die pandemie veel groter kwessies is om aandag aan te skenk.

Die Goodwoodianer ·

Dis lekker om af te breek. En moor. Dis mos hoe dit werk hier. Eendag wanneer die kos opraak dan sal ons sien.

Jan ·

Ek aanvaar daar is reeds klagtes teen Malema en kie gele en dat hulle teen more gearresteer sal word?

Edward ·

Al die mense wat vir Clicks werk is swart, en die vrou wat die produk verskaf is swart, so ‘n hele paar swart bestuuders van Clicks moes die advertensie goedgekeur het. Dit is ‘n swak foto van die blonde wit vrou, as ek sy is dagvaar ek ook vir Clicks vir rassisime teen haar. Maar wie ookal, kan sê oor die saak wat hulle wil, ek sê die EFF is ‘n spul misdadigers. As jou beroep misdaad is en jy wil graag by ‘n politieke party aansluit wat jou behoeftes in SA kan aanspreek, sluit aan by die EFF, hulle cater spesifiek vir misdadigers.

Vrijburger ·

Mmmm. In Suid-Afrika dra die Bruin Hemde oorpakke, rooi oorpakke.

CJS ·

“Hy het bygevoeg dat die nalatige werknemers wat vir die advertensie verantwoordelik was, reeds geskors is” WAT?!!! Blame-Game in opperste, ek het geen respek vir jou nie!

Andrew ·

Daar is n paar mooi fotos van lockdown reels wat gebreek word SAP.

Alet ·

Van nou af boikot ek ALLE maatskappye wat nie blankes in hulle advertensies het nie….punt !

Schalk ·

Gelukkig is ek nie liggeraak nie anders het ek my speelgoed gebreek omdat Clicks sê my vrou se hare is dun en plat. Gelukkig is my hare ‘normaal’.

Oujongvrou ·

Hoe pateties is die spul nie. Breek net af en bou niks op nie. As Clicks nou toemaak waar gaan al die duisende swart mense wat nou daar werk heen. Die gespuis jaag net bellegers weg. Aanhoudend. Malema se haat gaan sy mense eendag nog van die honger laat omkom.

ma-Riana ·

Ek gaan ‘n saak van rassisme maak teen al die vervaardigers van skoonheidsmiddels. Hulle het al die afgelope 50 jaar blankes sonder respek behandel.
Jaar na jaar moes ons toesien hoe blankes se hare en geplooide gesigte bespotlik gemaak word, net sodat hulle hulle produkte kan verkoop.
Selfs in hierdie gewraakte advertensie word die blanke vrou se hare as fyn en plat afgemaak. Weet hulle dan nie hoe aanstootlik dit vir ‘n vrou is wat met fyn haartjies sukkel nie?
Ek sal bietjie by Gerrie Nel moet gaan hoor of ons Tresemme kan vervolg.
Al die pyn wat so veroorsaak is!

Wondermaarnet ·

Clicks moet hulle ignoreer want hoeveel van hulle koop by Clicks? Ek steun Clicks 100%!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.