
Andrea Meza van Mexiko is deur Suid-Afrika se Zozibini Tunzi as die nuwe Mej. Heelal gekroon. (Foto: Rodrigo Varela/GETTY IMAGES NORTH AMERICA/Getty Images via AFP)
Andrea Meza (26) van Mexiko is Sondagaand in Florida in die VSA as die nuwe Mej. Heelal aangewys.
Meza is uit 70 deelnemers van oor die wêreld as die 69ste Mej. Heelal gekies.
Julia Gama van Brasilië is as die naaswenner gekroon terwyl Mej. Peru Janick Maceta del Castillo derde was.
Meza is deur Suid-Afrika se Zozibini Tunzi gekroon. Tunzi, wat op 8 Desember 2019 as Mej. Heelal gekroon is, was weens die Covid-19-pandemie die langste Mej. Heelal nog nadat die kompetisie nie verlede jaar plaasgevind het nie.
Suid-Afrika het gehoop dat Natasha Joubert die kroon vir ʼn tweede agtereenvolgende keer huis toe sou bring. In die geskiedenis van die Mej. Heelal-kompetisie het dit nog net een keer gebeur toe Mej. Venezuela in 2008 en 2009 gewen het.
Joubert kon egter nie daarin slaag om die top-21 te haal nie.
Demi-Leigh Tebow (Nel-Peters) is in 2017 as Mej. Heelal aangewys en Tamaryn Green is in 2018 as naaswenner aangewys.
Tebow en ander voormalige Mej. Heelal-deelnemers Cheslie Kryst, Paulina Vega en Demi-Leigh Tebow het Sondagaand as ontleders en kommentators gedien, en ʼn paneel van agt vroue het die wenner bepaal.
The new Miss Universe is Mexico!!!! #MISSUNIVERSE pic.twitter.com/Mmb6l7tK8I
— Miss Universe (@MissUniverse) May 17, 2021
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
22 Kommentare
Mens kan maar net wonder. Nie eers top 21 gehaal nie?
Ai, mej. SA is so mooi en almal het soveel hoop gehad. Dis teleurstellend dat sy nie eers die top 21 kon haal nie.
Wasr kom Covid nou in…geen ” sovial distancing” geen maskers en dit is ‘n
” wereldgeleentheid” Die ding vernietig lewens…Sportbyeenkomste word afgestel maar ” Mej. Wereld” gaan voort. Ek het ‘n woord daarvoor maar nke hier nie
Een Groot klugspul.
Ek skat elke land moet ‘n kans kry, ek dink nie SA kan kla oor ons “innings” nie. Baie lande kom nooit 1/2 nie. Ook is hulle almal asembenewend mooi, weet nie hoe kies die judges nie.