Foto’s: Geweld, verkeerschaos wyl taxi’s staak

Taxi’s vroegoggend op die N1 tussen Pretoria en Johannesburg. (Foto: @crimeairnetwerk/Twitter)

Duisende mense is Woensdagoggend gestrand gelaat weens die Nasionale Taxi-alliansie (NTA) se een dag lange staking in Pretoria. Enorme verkeersontwrigting is oor groot dele van die hoofstad aangemeld en talle mense kon glad nie by die werk aanmeld nie.

In Orchards, in die noorde van die stad, is ʼn bus van die Tshwane-metro vroegoggend gekaap, oënskynlik deur lede van die NTA. Die busbestuurder het noodgedwonge weggehardloop.

Dikeledi Selowa, burgemeesterkomiteelid vir paaie en vervoer in die Tshwane-metroraad, het die kaping ten sterkste veroordeel en gesê dit druis in teen die onderneming wat die bedryf Dinsdag gegee het dat hy vreedsaam sal betoog.

Taxi’s ry teen ‘n slakkepas deur Centurion op pad na die Pretoriase middestad.

“Ons moes die besluit neem om ons busdiens op te skort om ons bates en die lewens van ons busbestuurders en pendelaars te beskerm,” het Selowa gesê.

Vir leerders wat ná ʼn reeds moeilike jaar weens die Covid-19-pandemie in hierdie stadium eksamen skryf, het die staking ook hoofbrekens besorg.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het gesê leerders sal toegelaat word om tot ʼn uur laat vir ʼn eksamen aan te meld. Hulle mag ook ʼn eksamen aflê by die skool naaste aan hulle.

Motoriste op die Ou Johannesburgpad in Centurion is volgens berigte met klippe bestook en op Solomon Mahlangu-rylaan in die ooste van die stad het verkeer plek-plek tot stilstand gekom.

Gedeeltes van die N1-hoofweg word ook sedert vroegoggend deur taxi’s versper wat teen ʼn slakkepas gery of soms heeltemal stilgehou het. Die taxi’s is op pad na die Pretoriase middestad waar hulle bymekaar sal kom.

Die taxibedryf eis onder meer die vinniger uitbetaling van geld ingevolge die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) se TERS-program wat toelae betaal aan diegene wat deur die Covid-19-afsonderingstydperk geraak word.

Hulle ruk op na die departement van vervoer asook die Uniegebou waar hulle memorandums aan onderskeidelik die minister van vervoer en die president oor hul griewe wil oorhandig.

Die N1-hoofweg in die omgewing van Buccleuch. (Foto: Rob Beezy/Twitter)

Van der Hoffweg in die weste van Pretoria word deur taxi’s versper. (Foto: Tidimalo/Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Werner ·

Dink n Vyfde wereldland se standaarde is veels te hoog vir hierdie regering

Is jy seker? ·

Dis “vreet-saam”! KFC’s maak vandag geld soos bossies!

Persheks Adri ·

Taxi’s en vreedsame betogings in een sin nee! Nou demand hulle al WEER pffft kyk hoe gaan die regering in gee en spring oor hulle so bang is vir die klomp tsssk

Adriaan ·

Waar is daai dapper speedcops wat Witmense laat in die aand so braaf rondruk nou?

Mariana ·

Nee regtig hoe is dit dat stakings en optogte als kan lamlê. Hoekom het hierdie mense so baie mag? Daar is regtig groot fout dat die regering nie ingryp met hierdie tipe goed nie. Almal maak en breek nes hulle wil. Geen wet en orde…….of dit tel net vir sekeres.

Blikke ·

Behalwe om motors onder die klippe te steek en n bus of twee te kaap, belowe ons n vreedsame optog…..ons is mos nie gewelddadig nie?

Deon ·

Hoe kan n matriek kind by sommer enige skool sy eksamem gaan skryf!!!! Ek kan duidelik sien die LUR het nie n clue hoe eksamens werk nie….. Ai tog……. Die gratis geld byt nou hard

Suzette ·

Hoekom word hierdie tjol in ons land toegelaat? Eintlik ken ek die antwoord op hierdie vraag reeds – Kyk wie is in beheer….

SomeOne ·

en voor aan die konvooi – ” VERKEERS OWERHEID en POLISIE, swak van julle om nie wet en orde toe te pas nie

Misky ·

Die regering werk eintlik vir die taxi vereniging. Hulle is baas en regering dans na hulle pype.

Dup ·

Transformasie in SA beteken dat die land AFGETREK moet word tot op n vlak waar verval,agteruitgang en wetteloosheid die enigste aanvaarbare norm is.

Sylvia ·

Hoekom word hierdie mense toegelaat om alles tot stilstand te bring, en dan dit nog verdedig met sinnelose argumente, wat is regtig aan die gang, regeer die “Taxi-base” of wie regeer regtig?
Hierdie vakbonde “wolwe” moet gestop word, ons het ‘n Margaret Thatcher nodig

Pieter ·

Cosatu en die taxis en eff regeer die land so gaan dit as jy vir jou broers als belowe. Die land is klaar hy het sy gat gesien.

Cornelius ·

Wat n wettelose land waar alles toegelaat word irrespective van die impact op die lands se economies.

domheks ·

Hoekom moet alles in eksmentyd plaasvind? Weet hulle dat die bloedjies nie gaan slaag nie of wat? Dan kan lesooofie maar die slaagsyfer 10% maak.

Phillip ·

Maar as ons wit mense so iets doen dan is daar nie n einde daar van nie en ons is verkeerd maar hulle mag mos doen en ry en die land rigeer siestog of ons nie skaade gelei het het ook inkomste verloor .

johan ·

EK WONDER WAT SAL GEBEUR AS ONS BOERE SO OPTOG HOU. MET TREKKERS, VRAGMOTORS EN BAKKIES.

Phillip ·

Dis my punt dan is ons in die peekel want ons ontwrig hulle

H ·

wel ek sal se hulle moet kom en gaan keer dat die taxi manne nie staat en persoonlike eiendomme beskadig nie … is dit nie wat malema gese het by senekal nie ???? ons kan dit ook dan mos doen en die goedjies so bietjie aan die bek gaan ruk !

Elize ·

Hoekom moet ons elke dag slagoffers wees van hierdie misdadigers want dis presies wat hulle is.

Aai ·

Hulle betaal nie Taks hulle betaal nie UIF maar hulle soek 1.1 biljoen van die staat vir Covid-19 terwyl hulle operasioneel is vir die laaste 5 maande hoe nou?

Vettiemaragartos ·

Ek bly naby Rayton en ry daagliks die ou Bronkhorstspruit pad. Vanoggend is alle toegange tot hierdie pad blokkeer deur die taxis en het hulle die motors onder klippe gestook. Gelukkig het ek dit betyds gesien en kon ‘n u-draai maak, maar in my lewe was ek nog nooit so bang gewees nie. Die haat en moord kyke in die mense(?) se oë!!! Die hele land is lamgelê deur hierdie regering wat nie weet hoe om ‘n pandemie te hanteer nie wat presies maak hulle so spesiaal?

Samuel ·

In Suid-Afrika is daar nie meer wet en orde nie. Vakbonde doen wat hulle wil en slaan die spreekwoordelike kitaar. Die EFF sal ook nooit vreedsaam betoog nie.

J ·

Die TAXI mafia regeer SA!

Hulle ‘demand’ selfs R1,1 biljoen van belastingbetalers se geld …. vir niks!

Die TAXI mafia probeer om die oorblywende bietjie ‘COVID geleende geld’ te stroop!

Praat van STAATSKAPING! Hulle (TAXI mafia) het lankal die publieke paaie ‘gekaap’ … so ook al die passasiers (se geld) deur die trein- en busdienste te saboteer.

Die TAXI mafia deel selfs straf uit aan ’buitelanders’ en misdadigers wat oortredings begaan.

Laastens voer die TAXI mafia ‘n onderlinge ‘handels’ oorlog (turf war) waar sluipmoorde byna daagliks uitgevoer word.

Die TAXI mafia het die land GEKAAP uit die hande van die ANC (rampokkers).

SKANDE!

andre ·

Geweld deur taxi-eienaars en taxi -vereniging sou n gepaste opskrif wees

Anel ·

Ek kan nog steeds nie verstaan hoekom hulle kan voordeel trek uit geld waartoe hulle nie ‘n sent by gedra het nie. Verder, wat maak hulle so spesiaal dat alhoewel hulle gewerk het hulle geld mag kry. DAAR IS MENSEVWAT HUL WERK GEHEEL EN AL VERLOOR HET EN GEEN SENT MAG KRY NIE, AL HET HULLE BYDRA GEMASK!!!

Johann ·

My vrou is vanoggend in Waterkloof rif geweldadig aangeval in haar kar deur n groep “persone” wat duidelik verwant is aan die Taxi industrie. Ons het fotos en Video materiaal van die “persone” wat dit gesoen het PLUS die aanhitsers.

MAGRIETHA ·

En hulle gaan nog gesubsideer word ook seke met ons belasting geld nee wat dis gaos in die land

Genis ·

Wat ek nie verstaan nie. n 29 jarige in Hammanskraal, het 150Mil verdoesel, moet hulle nie ssontoe ry nie? As ek ook verstaan, het die taxi’s dearlopens gewerk…

Hendrik ·

Ek was bly ek het vanoggend later gery ander so ek miskien moeilikheid gemaak het. Laas keer het ek sommer op die middelmannetjie gery en toe hierdie taxi skurke weer sien was ek verby. Ek dink nog steeds ons is ‘n klomp lammertjies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.