Foto’s: Hordes mense sak op Senekal toe

Hordes mense van verskillende organisasies en groepe het Vrydagoggend op Senekal in die Vrystaat toegesak te midde van ʼn groot polisieteenwoordigheid.

Die twee verdagtes wat aangekla word van die moord op die jong plaasbestuurder Brendin Horner (21) verskyn vandag weer in die Senekal-landdroshof.

Woede het verlede Dinsdag by die hof oorgekook tydens Sekwetje Mahlamba en Sekola Matlaletsa se verskyning. Honderde mense het na die hof opgeruk in ʼn spontane betoging teen landelike misdaad. ʼn Polisievoertuig is egter onder meer omgekeer en het aan die brand geraak. Skade is ook aan die hofgebou aangerig.

Die EFF het in reaksie hierop gesê hy sal vandag van sy lede na Senekal stuur om die “demokrasie en eiendom te beskerm”. Hordes EFF-lede het reeds vroegoggend in die dorp aangekom. Talle het knopkieries en selfs gholfstokke by hulle gehad en dit in die lug geswaai terwyl hulle gesing en gedans het.

AfriForum se lede en ondersteuners het ook op die dorp byeenkom om ʼn vreedsame protesoptrede teen plaasterreur te hou. Die polisie het verskillende persele aan die onderskeie groepe toegeken waar hul protesaksies kan plaasvind.

Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Dries ·

Wat presies dan al hierdie ‘ander’ groepe daar, anders as om te se: “Julle is nie geregtig daarop om kwaad te wees oor ‘n moord nie! Maar ons mag kwaad wees oor ‘advertensies’!” Hoe belaglik is dit???

koos10 ·

Dreis dit is juis demokrasie! Almal het ‘n stem en mag betoog en staak, maar net nie as jy wit is nie.

Mariana ·

Kom met knopkieries en stokke, hoekom, om amok te maak. Vreedsaam ken hulle nie. En dit vir twee gewoonte misdadigers, moordenaars. Sal teen vanaand sien wat berig word. Wie het wat gebrand en verniel.

Jack Russ1 ·

Daar is net een rede hoekom hulle daar is, en dit is nie om teen die brutale moord te betoog nie, maar om die wit mense te tart. Kyk maar na die plakate, absoluut niks met die saak te doen nie

Susan ·

EFF is daar om die boere te tart , hulle beskerm nie eiendom of demokrasie nie hulle breek dan alles af wat ‘n grap.

Anoniem ·

Boere protes teen moord en die EFF en ANC protes teen witmense maar ons is die rassiste?

Persheks Adri ·

Ons moet vreedsaam wees met die klomp rassiste! Geen wapens word toe gelaat nie, maar hulle het kieries en gholfstokke en geen maskers op nie! Hoekom doen die polisie nie hulle werk nie?

#Boere lives matter!!!

Natasha ·

Daar gaan natuurlik weer klomp strategies geplaasde lede wees om amok te maak en hulle beter ook van terrorisme aangekla word sodra dit gebeur. Uhm en waar is almal se maskers?

Alex ·

Die grootste rassiste is op die dorp. Die is daar om die hand wat hulle kos gee af te byt en dit oor 2 mense wat alreeds n hand afgebyt het by te staan

Reinier ·

Boere se bakkies word deursoek vir wapens maar die res loop met stokke,kolwe en knopkierries…

Tong in die kies ·

Dit en die verlengde inkorting is een groot klug. Waar is die gesigmaskers en afstand wat konsuis gehou moet word?

Rina ·

Dit geld mos net vir sekeres, nie vir die eff nie! wat ‘n flippen sirkus!

Wakkerslaper ·

Die Boere wat aan protes wil deelneem word ontwapen deur die polisie maar die terroriste daag op in hulle duisende met wapens? Dan word daar gevra ons moet kalm bly?

saggiespraat ·

ASB MENSE GAAN OP JULLE KNE EN BID NET WAAR JULLE IS ASB ONS KAN DIT NIEMAN ALEEN DOEN NIE

Rina ·

Ek bid vir Goddelike wysheid en Goddelike beskerming vir al die blankes daar teenwoordig asook by hul huise.
Daar kom ook ‘n tyd om te bid en dan te veg, mag God hul wysheid gee wanneer om die regte ding te doen,

Antoinette ·

En vanaand sal hierdie idiotiese rooipette se kinders na die nuusuitsendings kyk, en ek wonder wat sal hulle dink. Malema se kinders is waarskynlik in ‘n privaatskool met wit onderwysers en wit vriende. Kinders kan baie wreed wees en sy kinders gaan nog daaronder ly. Mark my words!

Cecilia ·

EFF is gewapen tot d tande. Padblokkades buite d dorp deursoek voertuie vir Wapens, hoe het d EFF busse vol wapens ingekry?
D EFF gaan na d tyd plunder, roof en afbrand! Ek hoop d winkel eienaars in Senekal se winkels is beskerm.

Rina ·

Dan moet ons NOU BID VIR Goddelike beskerming vir die hele dorp se mense en besighede en huise!

Johan ·

Die hele media is vol van die EFF, maar ek sien omtrent niks van die boere nie. EFF het al klaar weer begin sing “kill se Boer” volgens een joernalis. Soos iemand tereg gese het, hoekom is hulle daar? Om die boere sleg te se? Dis nie waaroor dit vandag gaan nie. Al wat hulle basies se is dat ons, ons bekke moet hou of trek. Wel ek het nuus vir hulle almal. Ons gaan nerens nie.

Elmarie ·

Ek en my gesin sal van nou af SELF werk al sal dit sukkel. Ek sal GEEN geldelike hulp gee of liefdadigheidonganisasie ondersteun tensy ek VERSEKER WEET die geld/hulp gaan net vir MY mense. Ek het altyd almal gehelp ongeag. Nouja, sekere plekke kry nie geskenke, kos met die feestyd wat voorle van my nie. Geen geldelike hulp meer vir enigeen nie. Ek word geforseer om my hart hard te hou al weet ek almal is nie dieselfde nie. Ongelukkig is dit mou maar so. Ek is net een mens maar ek weet my impak gaan gevoel word, ek het altyd maar altyd ‘n oop hand gehad. Ek slaan terug op my manier. Laat die EFF almal wat sukkel dan help…

Snowball ·

Voel net soos jy! Die VN trokkie kan maar kom pap uitdeel.

johanf ·

Stem 100%, dink ek val ook in daardie kategorie….gaan self verder, sny dinge uit wat BTW draend is…..koop die rou produk direk by die boer….en so sal ek meer en meer uitsny…….

Persheks Adri ·

HOEKOM SIT ROOI PETTER SAAM MET CELE IN DIE HOF? HULLE TART DIE BOERE.

MRK JULLE IS SO TEEN ONS JULLE EET NET ONS GELD, WANT ALS IS DUIDELIK, MAAR JULLE SIEN DIT NIE! HOE GERIEFLIK NE!!!

Jaco ·

Ek sien een plakkaat sê “gaan na Australië”. As dít EFF beleid is om wit mense na wit lande te deporteer, begin ek van vandag af die EFF steun. Eks ten volle bereid om met niks en heel van vooraf te begin in ‘n ander 200 maal veiliger land as dié anti-wit SA.

Heinrich ·

Kom Ramaphosa, sê vir die lede van JOU party dat ons ook Suid-Afrikaners is en die reg het om hier te bly, in vrede. Maar na ja oeps, jy is nie ‘n landspresident nie maar net die leier van die ANC, so ek sal nie my asem ophou nie. Selfbeskikking is die enigste uitweg.

Blackies ·

Teen vanaand is al die winkels geplunder, saak is uitgestel, en die arme klomp weet nie eintlik wat hulle daar gedoen het nie. Maar die wat geraak word moet maar net toe kyk hoe hulle die dorp oorneem.

Ferryman ·

Net ‘n opmerking: Boere en Afriforum hou Sosiale Afstand by hulle byeenkoms. EFF en ANC drom in hordes saam sonder maskers. Hier kom nog n Covid uitbarsting.

Hoekom ·

Hier is die bewyse dat die EFF en ANC plaasmoorde ondersteun. Ons kan die regime of die polisie nie meer vertrou nie. Ons moet ons self ontrek van enige onderhandeling en belasting. Ons is op ons eie…

Maggies ·

“KILL THE BOER” word luid gesing. As dit nie aanhitsing asook rassisme is nie, is ek nie ‘n boerenooi nie. Ek weet wie en wat ek is, ek kan tussen die lyne lees.
Mense, hierdie is die begin van ‘n baie gevaarlike uittarting. Die mense wat vir die regte rede, (om te sien dat geregtigheid seëvier) daar in Senekal is, sal nou moet kophou, kalm bly ongeag van hoe hulle uitgelok word.
Nou is die tyd om vir die wêreld te wys presies wat in ONS land aangaan en wie die groep is wat eintlik AL DIE AANHITSING VIR PLAASMOORDE doen. Daar behoort na vandag geen twyfel wees oor wie die blanke man, vrou en nageslag wil vernietig nie.

Rina ·

Ek stem saam en die polisie doen NIKS!!!
Hoop hierdie word die wêreld ingestuur!
Bly kalm mense, bly kalm, al is dit hou moeilik …..

Vanessa ·

Ek moet myself so inhou!!!!!!. Ek word so opgewerk en kwaad vir die EFF. Dis beter dat ek nie daar in Senekal is nie. Hulle tart mens en ek sal dit nie kan hou nie. Seker daarom dat daar nie vandag so baie boere is nie, want mens kan ook net soveel vat. Ek is so trots op die wat wel daar is.

daniel ·

Ek mag verkeerd wees, maar dit wil voorkom asof baie van die swartes daar is in solidariteit met die moordenaars.

Riana ·

Ja en nou breek die EFF DIE STRATE af en gooi asblikke om?? Gaan hulle ook in tronk gegooi word vir destruction of Public propertyen geweld

Rina ·

Die persoon met plakaat: gaan na australlia, hoop ek het genoeg kos bymekaar gemaak. Hy moet net onthou: as die boer nie kos produseer nie, kan nie eers Shoprite, Checkers of Pick ‘n Pay dit op hul rakke hou nie.

Sterkte ou! Kry jou maar jammer. … ligte is nie eers aan nie ….

Vernon ·

Nee wat al hierdie lawaai gaan niks help nie. Oor n week of wat gaan die volgende moord gepleeg word. Hou dop….mag dit natuurlik nie waar wees nie!! Ons rug is teen die muur,soms moet mens geweld gebruik om wel vrede te kry. Die WW I EN II…is n bewys…

Herman L ·

Van wanneer af is die eff die bewakers van die grondwet?

Mariana ·

weereens het die EFF gaan doen wat hulle baie goed kan doen, goed afgebreek, en raai wat…..die boere het opgeruim, dankie boere

Erika ·

Die EFF sit en wag vir reaksie sodat hulle dit kan uit buit..teen witmense…. En Die ANC is kop en een mus saam skierlik weer Terwyl dit waneer hulle pas distansieer….Hierdie mense kon nog nooit konflik uit sorteer sonder geweld nie en hulle praat van “Demokrasie” wat hulle beskerm Ne Dit is n klug Dit reflekteer dubble standaarde- Situasie is net verdere bewys ….Hoe teenstrydig die mense is
Die Boere het volslae reg om teen Wrede plaasaanvalle te Protesteer -Maar doen dit op Regte manier ,,,, sodat die EFF /Anc dit nie uitbuit

Charles ·

Nie een foto hier wat wys hoeveel boere daar is en waar hulle is nie. net ……….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.