
Pres. Cyril Ramaphosa kom by die Sefako Makgatho-presidensiële gastehuis in Pretoria aan. Agter hom volg hoofregter Mogoeng Mogoeng. (Foto: Twitter)
Pres. Cyril Ramaphosa se kabinet is Donderdagmiddag deur hoofregter Mogoeng Mogoeng beëdig.
Dit volg nadat Ramaphosa sy kabinet wat hom in sy termyn sal bystaan Woensdagaand in die Uniegebou aangekondig het. Die president het besluit om talle departemente te laat saamsmelt en die aantal ministers is van 36 tot 28 verminder. David Mabuza is weer as adjunkpresident van die land aangewys.
Dié seremonie waartydens die adjunkpresident, ministers asook adjunkministers beëdig is, het by die Sefako Makgatho-presidensiële gastehuis in Pretoria plaasgevind.
- David Mabuza is weer as adjunkpresident van die land aangewys. (Foto: Twitter)
- Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, wetenskap en tegnologie. (Foto: Twitter)
- Patricia de Lille, minister van openbare werke en infrastruktuur. (Foto: Twitter)
- Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings. (Foto: Twitter)
- (Foto: Twitter)
- Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake. (Foto: Twitter)
- Tito Mboweni, minister van finansies. (Foto: Twitter)
- Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie. (Foto: Twitter)
- Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking. (Foto: Twitter)
- Bheki Cele, minister van polisie. (Foto: Twitter)
Sien die volledige lys van nuwe ministers en adjunkministers hier.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
19 Kommentare
Raak ek nou amper opgewonde want ek lees die opskrif hulle het die kabinet in Pretoria be-eindig.
Dit het gelyk of me De Lille die hoof-“regter ‘n “High Five” wou gee! Ek reken sy gaan haar gate uit geniet in die Ministerie van Openbare Werke. Die amptenare moet maar begin oefen om hul sokkies op te trek, want sy sal wil uithaal en wys dat sy die job goed/Good sal kan doen! Sterkte auntie Pat!!
En terwyl die sirkus aan die gang is word plaasmoorde gepleeg nog inbrake nog huisrowe en werkloosheid gaan agteruit – wat gaan hierdie klomp anders doen as hul onbevoegde voorgangers ?
Duidelik geld die rasse kwota stelsel nie by die aanstelling van ministers nie.
Almal waai vir “a pie in the sky”.