Só lyk Ramaphosa se kleiner kabinet

Pres. Cyril Ramaphosa lewer sy inhuldigingstoespraak. (Foto: SA Government via Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdagaand sy kabinet aangekondig nadat hy presies ʼn weke gelede onbestrede tot president van die republiek verkies is.

Ramaphosa se aankondiging moes reeds om 20:00 begin maar het uiteindelik eers na 21:00 begin. Ramaphosa het tydens die aankondiging in die Uniegebou gesê die aantal ministers is van 36 na 28 verminder deur talle van die departemente saam te laat smelt. David Mabuza is weer as adjunkpresident van die land aangewys.

Só lyk die nuwe kabinet:

Patricia de Lille. Foto: Armand Hough/ANA

Minister van openbare werke en infrastruktuur: Patricia de Lille vervang Thulas Nxesi as minister van die nuwe saamgestelde departement. Adjunkminister: Noxolo Kiviet vervang Jeremy Cronin.

Minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling: Thoko Didiza vervang Senzeni Zokwana as nuwe minister van die saamgestelde departement. Adjunkministers: Sdumo Dlamini vervang Sfiso Buthelezi en die departement kry ook nog ʼn adjunkminister by: Mcebisi Skwatsha

Minister van basiese onderwys: Angie Motshekga bly die minister. Adjunkminister: Regina Mhaule vervang Enver Surty.

Minister van kommunikasie: Stella Ndabeni-Abrahams bly die minister. Adjunkminister: Pinky Kekana bly die adjunkminister.

Nkosazana Dlamini-Zuma. Foto: ANA/David Ritchie

Minister van samewerkende regering en tradisionele sake: Nkosazana Dlamini-Zuma vervang Zweli Mkhize. Parks Tau vervang Andries Nel en Obed Bapela bly die ander adjunkminister.

Minister van verdediging en millitêre veterane: Nosiviwe Mapisa-Nqakula bly die minister. Adjunkminister: Thabang Makwetla vervang Kebby Maphatsoe.

Minister van omgewingsake, bosbou en visserye: Barbara Creecy is die minister van die nuwe saamgestelde departement. Adjunkminister: Maggie Sotyu.

Minister van indiensneming en arbeid: Thulas Nxesi vervang Mildred Oliphant as minister van die nuwe saamgestelde departement. Adjunkminister: Boitumelo Moloi vervang Nkosi Phathekile Holomisa

Tito Mboweni. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Minister van finansies: Tito Mboweni bly die minister. Adjunkminister: David Masondo vervang Mondli Gungubele

Minister van gesondheid: Zwelini Mkhize vervang Aaron Motsoaledi. Joe Phaahla bly die adjunkminister.

Minister van hoër onderwys, wetenskap en tegnologie: Blade Nzimande vervang Naledi Pandor as minister van die nuwe saamgestelde departement. Buti Manamela bly die adjunkminister.

Minister van binnelandse sake: Aaron Motsoaledi vervang Siyabonga Cwele. Adjunkminister: Njabulo Nzuza vervang Fatima Chohan.

Minister van menslike nedersettings, water en sanitasie: Lindiwe Sisulu vervang Nomaindia Mfeketo as minister van die nuwe saamgestelde departement. Adjunkministers: Pam Tshwete vervang Zoliswa Kota-Fredericks en die departement kry ook nog ʼn adjunkminister by: David Mahlobo.

Naledi Pandor. (Foto: ANA)

Minister van internasionale betrekkinge en samewerking: Naledi Pandor vervang Lindiwe Sisulu. Adjunkministers: Alvin Botes en Candith Mashego-Dlamini vervang Luwellyn Landers en Reginah Mhaule.

Minister van justisie en korrektiewe dienste: Ronald Lamola vervang Michael Masutha. Adjunkministers: Inkosi Phathekile Holomisa vervang Thabang Makwetla en John Jeffery bly aan as die tweede adjunkminister.

Minister van minerale bronne en energie: Gwede Mantashe bly die minister van die nuwe saamgestelde departement. Adjunkminister: Bavelile Hlongwa vervang Godfrey Oliphant.

Minister van polisie: Bheki Cele bly die minister. Adjunkminister: Cassel Mathale vervang Bongani Mkongi.

Pravin Gordhan. Foto: ANA

Minister van openbare ondernemings: Pravin Gordhan bly die minister en kry Phumulo Masualle as adjunkminister.

Minister van staatsdiens en administrasie: Senzo Mchunu vervang Ayanda Dlodlo. Adjunkminister: Sindy Chikunga vervang Chana Pilane-Majeke.

Minister van kleinsakeontwikkeling: Khumbudzo Ntshavheni vervang Lindiwe Zulu. Adjunkminister: Rosemary Capa vervang Cassel Mathale

Minister van maatskaplike ontwikkeling: Lindiwe Zulu vervang Susan Shabangu. Hendrietta Bogopane-Zulu bly die adjunkminister.

Nathi Mthethwa. Foto: GCIS/Flickr/GovernmentZA

Minister van sport, kuns en kultuur: Nathi Mthethwa bly die minister van die nuwe saamgestelde departement. Adjunkminister: Nocawe Mafu vervang Maggie Sotyu.

Minister van staatsveiligheid: Ayanda Dlodlo vervang Dipuo Letsatsi-Duba. Adjunkminister: Zizi Kodwa vervang Ellen Molekane.

Minister van toerisme: Nkhensani Kubayi-Ngubane vervang Derek Hanekom. Adjunkminister: Fish Mahlalela vervang Elizabeth Thabethe.

Minister van handel en nywerheid: Ebrahim Patel vervang Rob Davies. Adjunkministers: Fikile Majola en Nomalungelo Gina vervang Bulelani Magwanishe.

Fikile Mbalula. Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency(ANA).

Minister van vervoer: Fikile Mbalula vervang Blade Nzimande. Adjunkminister: Dikeledi Magadzi vervang Sindisiwe Lydia Chikunga

Minister in die presidensie (beplanning, monitering en evaluasie): Jackson Mthembu vervang Nkosazana Dlamini-Zuma. Die nuwe adjunkminister is Thembi Siweya.

Minister in die presidensie (vroue): Maite Nkoana-Mashabane vervang Bathabile Dlamini. Die nuwe adjunkminister is Hlengiwe Mkhize.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Chris Ws ·

Fikile Mbalula was onsuksesvol minister van sport,toe onsuksesvol minister van polisie en nou minister van vervoer?Wat ‘n gemors.Die minister van vervoer moet iemand wees met wilskrag en integriteit en nie ‘n groot mond wees soos Mbulula nie.Hy gaan die’ toets ook dop.

Stiks ·

Jy dop toe die toets mnr Rhamaposa nes ek verwag het. Jou kabinetsamestelling onder andere weerspieel geensins demokrasie nie. Ook nie ander belangrike poste in onder ander staatsinstellings nie. U party het slegs “57” % stemme die afgelope verkiesing verwerf. U kon sekerlik die duisende kundiges 43% ingesluit het in belangrike portefules of hoe? My seun en sy gesin vertrek permanent oorsee. Na n land toe met sterk en diepgewortelde demokraties beginsels sonder enige diskriminasie. Hartseer , maar tevrede met hul keuse.

San ·

Hoop die minister van Gesondheid weet wat sy pos behels siende dat hy geen mediese ervaring het nie. Kom van Samewerkende regering en tradisionele sake. Seker maar ‘n toordokter of iets dergliks.

Dewald ·

Ek sal so hoop dat Zweli Mkhize sal weet wat hy moet doen. Hy is ‘n gekwalifiseerde mediese dokter. Ek het nou spesifiek sy naam gaan google na aanleiding van jou kommentaar.

Ai ·

As jy sy naam gegoogle het sal jy sien hy is n mediese dokter…

NouWatNou ·

Mmusi Mainane se grootste nagmerrie het toe waar geword. Dit moet vir hom n BITTER PIL wees om nou te sluk om te aanskou dat Patricia De Lille , wat hy aangevat het terwyl sy nog in die DA was, nou n minister in die Kabinet is

CW ·

Moesie daar gewees het en sy vrinne in Wes Kaap da het nou n onbegonne taak om Weskaap te behou, met Patricia in kabinet gaan hulle die res van bruin steun verloor en ek vermoed die res van wit steun na VF+. Altyd goed om voor jy moeilikheid soek te dink wat jy gaan maak as jy dit kry. da het duidelik nie gedink nie

Dries du Toit ·

Die meeste van hulle is maar onbevoeg. Tyd sal ons leer hoe korrup is hulle. Ek is net dankbaar die meeste Zuma staatskapers is nie meer daar nie.

Dries du Toit ·

Maar die sports gaan nou begin. Daar is baie ongelukkige zumas wat gaan opsweep teen CR. Batabile Dlamini is seker al kouende klaar besig

Adam ·

Antie Pat bly maar politiek se Ferrari. Zero to Hero in under 3 seconds. CR se skuif met De Lille is ‘n berekende poging om die bruin stem in die Wes- Kaap na die ANC te laat swaai. Net jammer daar is weereens ‘n paar bedenklike aanstellings.

Johanna Botha ·

Mbalula was nog net n flop waar hy gaan ….maar die anc leer nie !

Linda ·

Ek is bly dat Patricia de Lille in is !!!!! Ek kan nie die DA leier se agterbaksheid verdra nie !!!

François Joubert ·

CR is baie ingenome met sy kabinet, nie ‘n mhlungu in sig nie………..

Manie van Worcester ·

Ek het dan verstaan st kabinet sal verteenwoordigend wees. Dus gaan wit nou seker uitgefaseer word aangesien hulle nie daar is nie

Bmw ·

En so ploeter hulle voort, as hulle ‘n land sou kon regeer sou Afrika ‘n paradys gewees het.

Ander Koos ·

Groot waarheid Bmw. Maar ook so dat “hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde “

Sarel ·

Patricia De Lill nou in ANC Kabinet? Wil jy nou meer. Wys jou nou net. Mbalula ???? Moet jy nou die Korrupte en Bankrot Transnet red? .

Barries ·

Transnet val onder Openbare Ondernemings. PRASA val onder Vervoer.

ZAR ·

Nou verstaan ek baie mooi hoekom de lille soveel moeilikheid gemaak het vir die DA.
Sy was gekoop.
Nou pas die legkaarte mooi in mekaar.

hendrik ·

ZAR, dit is ook die rede hoekom sy nie juis groot gegaan het om stemme te werf voor die verkiesing nie.

Manie van Worcester ·

Ek dink jy mis iets, sy is deur da weggejaag omdat sy nie in moesie daar gewees het en sy vrinne se smaak en planne geval het nie en sy bly nie stil nie. Dis n vet kans om te kon voorspel wat nou gebeur het. Ding is sy is nou n nice to have gesigkoop vir anc. da moet hulself blameer daarvoor maar ons verstaan julle da aanhangers voel gekrenk dat die steen wat julle verwerp het nou n rots teen julle geraak het

Sé maar net ·

So de lill is nou vas gevang in die net van die anc in die Kaap en parlement sal sy nou maar weer haar handtjie moet opsteek vir die anc dit laat jou dink né!!!!
Nou verwonder ek my oor hoekom die DA soo met haar gespook het??
Ander intersante uitlating van CR is dat almal wat nou uuit is wel gebruik gaan word??? Soo kry hullle nog steeks pay & ń pos?

hendrik ·

Auntie Pat sou in die vorige of enige intelligente regering nie haar-af kon maak nie, nie as gevolg van apartheid nie maar bloot oor vooroordeel en n gebrek aan leierseienskappe. In die Weskaap het sy goed gelyk as burgemeester bloot omdat sy carte blanche tot die provinsie se finansies gehad het.

Naguiltjie ·

Dieselfde eksperiment, maar n ander resultaat word voorspel! Droom voort!

honourable member ·

Ons kan maar net bid dat hierdie mense die krag en wysheid sal kry om n sukses te maak. Hierdie land is oppad in die drein af en ons kan dit nie bekostig nie.

Manie van Worcester ·

Krag het hulle altyd, probleem is wysheid. Hoop maar jou gebede help maar die wind waai steeds wes

Willie Gouws ·

En so het die liefling van loftus gefaal. Wat het van sy beloftes met sy inhuldiging geword ?

Nico ·

Ramaphosa se pantoffelregering !! Mag die liewe Vader ons behoede !!

Blommie ·

Dieselfde sport net n ander besering…
Die LAND sal noooooooit verander nie.
Net weer n kabinet wat my sal help toesmeer waar nodig.
Wens net vir eenkeer kan daar n eerlike persoon aangestel word, wat nie korupsie sal toelaat nie.
Die enigste besluit waaroor ek bly is met die Kabinet is oor Pravin Gordhan.

Nie Verbaas ·

Patricia De Lill… hoeveel kos dit deesdae om jou mense te verloen ??

Lana ·

Wat gaan word van internasionale betrekkinge onder Pandora??!
Feit is dat daar 6 uit die 28 is wat DALK kan werk.
Probleem is dat dit dus DIÉ TOETS OOK DOP.

Se maar net ·

Moenie stres oor internasionale betrekkinge VF” en Afriforum sal daar sorg dat buiteland weet wat hier gebeur. Dis binnelands wat die probleme is

Dries Moolman ·

As daar nou een plek in die landjie van ons is waar ‘kwotas’ duidelik nie geld nie, is dit die kabinet, as ek die spulletjie so kyk.

hercu ·

praat jy!! jou woorde het by my opgekom en wraggies daar tik jy dit!

nou wonder ek nog steeds hoekom sport kwotas moet toepas en die cANCer regering nie

toe onthou ek skielik hulle mag seker, want hulle is aan bewind!

groete

Porratjie ·

Aunty Pat, Uncle Cyril soek jou net want hy dink hy gaan die Wes Kaap beower met jou aan sy sy. Jy gaan waar ookal jy die meeste belowe is en dan wil jy die “baas” wees. Ja nee, niks het verander nie. Nog steeds ‘n klomp onbevoegde vrinne van die baas wat gaan probeer om dinge te doen waarvan hulle niks weet nie. Die aanstellings was net window dressing want the vrot klomp gaan net ander poste gegee word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.