Foto’s: Ligte vliegtuig stort naby Gansbaai neer

Die ongeluk het om 13:00 plaasgevind. (Foto: Overstrand Municipality/Facebook)

ʼn Ligte vliegtuig het Woensdagmiddag tussen Gansbaai en Pearly Beach in die Wes-Kaap neergestort.

Die vliegtuig het klaarblyklik net-net die pad en verbygaande motors gemis.

Die Overstrand- plaaslike munisipaliteit het kortliks gesê dat die vliegtuig om 13:00 op die R43 naby die Duineveld-kroeg neergestort het.

“In hierdie stadium is geen beserings aangemeld nie,” sê Dean O’Neill, munisipale bestuurder van die munisipaliteit.

Die pad is intussen vir verkeer gesluit terwyl al die betrokke nooddienste en wetstoepassingsagentskappe die toneel opruim.

“Sodra die Overstrand se brand- en reddingsdienste die toneel opgeruim het, sal die pad gedeeltelik oopgestel word.”

Verdere besonderhede oor die ongeluk is nie in hierdie stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nommer 7 ·

Lyk soos ‘n ou Beachcraft Baron. Goeie vliegtuie gewees.

Prikkie ·

Wat is nou aan die gang? Eers het ons byna daagliks van Pitt Bulterriers gelees wat mense aanval en soms doodbyt, en nou is dit byna elke week ‘n ligte vliegtuig wat neerstort?

John ·

Wys jou daar is nie meer genoeg bekwame mense wat die betekenis van instandhouding verstaan nie

Hennie Biebouw ·

ZS-OKS, Beechcraft E55 Baron.
Lyk vir my soos ‘n suksesvolle noodlanding eerder as ‘n vliegtuig wat “neergestort” het.
Beide engines het onklaar geraak pas nadat hy opgestyg het vanaf Hermanus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.