ʼn Man in sy 20’s is Vrydag in die vroeë oggendure beseer in ʼn ongeluk op die N3-snelweg in KwaZulu-Natal waartydens ʼn silwer Jaguar XK erg beskadig is.
Volgens Garrith Jamieson, operasionele direkteur van Rescue Care-paramedici, het die ongeluk omstreeks 05:00 in die noordelike gedeelte van die snelweg naby die M13-wisselaar buite Pinetown plaasgevind.
“Die man was alleen in die voertuig toe hy beheer daaroor verloor het. Die motor het gerol en op sy wiele tot stilstand gekom,” het Jamieson gesê.
Die man het matige beserings opgedoen. Hy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek. Dit lyk nie of daar nog ʼn voertuig in die ongeluk betrokke was nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
60 Kommentare
Nog iemand wat te veel geld het en zero breinselle.
Stem saam. Erg beskadig? Wat van afgeskryf… Meer as ‘n Miljoen Rand… Versekering? Kanse goed dat eis geweier sal word… Eisch!! Met ys!
Dis n probleem deesdae, enige janrap en sy maat kry n lisensie na n paar bestuurslesse en dan jy n draai deur die dorp en slaag jou lisensie, dan kan jy nog nie op die oop pad bestuur nie. Mense gaan direk vir n kode 10 lisensie, slaag dit met paar bestuurslesse en het nog nooit eers n motor bestuur nie – beslis nie so vinnige een soos in die foto nie!
Erg beskadig? Daai kar is afgeskryf?
Sjoe maar die.kar is goed opgefonkprop.
Iets ongelooflik on verantwoordelik moes gebeur het om so n kar op n snelweg waar almal in dieselfde rigting ry, te rol dat dit die uiteindelik gevolg is.