Foto’s: Man hardloop weg toe hy met motor in huis in jaag

(Foto: Rusa/Facebook)

Die bestuurder van ʼn silwerkleurige Hyundai ix35 het weggehardloop ná hy Sondagoggend in ʼn huis in Prickly Pearweg in Waterloo, KwaZulu-Natal, vasgejaag het.

Lede van Reaction Unit South Africa (RUSA) het net ná 06:00 by die toneel aangekom. Die motor het op sy sy langs die huis gelê. Die huis se sitkamermuur het omgeval.

ʼn 29-jarige man het geringe beserings opgedoen toe die puin hom getref het.

Volgens ooggetuies was die bestuurder van die motor vermoedelik onder die invloed van alkohol voor hy weggehardloop het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

SjN ·

Hy het dus lekker gedryf, mooi man, die koordinasie was bietjie uit.

Meerkat ·

Arme inwoners. Hoop hy boet vir sy dade en herstel hulle huis.

Swerwer ·

Mooi, die voertuig se nommerplaat inligting moet die skuldige mos maklik laat aankeer of is dit weer ‘n geval waar die skuldige vir maande gesoek gaan word.

Snuffelgids ·

Wag n bietjie, dis nie die KFC drive through wat hy wou gehad het nie

Miena ·

Duidelik nie dronk genoeg gewees nie – hy kon nog weg hardloop na die tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.