Foto’s: Mej. SA op pad na VSA vir mej. Heelal-kroon

Zozibini Tunzi het Dinsdagaand na die VSA vertrek waar sy Suid-Afrika sal verteenwoordig in die mej. Heelal-kompetisie. (Foto: Verskaf)

Zozibini Tunzi het Dinsdagaand na die VSA vertrek waar sy Suid-Afrika sal verteenwoordig in die mej. Heelal-kompetisie. (Foto: Verskaf)

Mej. Suid-Afrika, Zozibini Tunzi, het Dinsdagaand haar aanhangers en landgenote op die OR Tambo-lughawe met ʼn breë glimlag gegroet voordat sy haar reis na die VSA aangepak het vir haar deelname aan die 68ste jaarlikse mej. Heelal-kompetisie.

Zozi, soos die 25-jarige skoonheid onder haar aanhangers bekendstaan, sal op 8 Desember in Atlanta, Georgia, teen verteenwoordigers van 91 ander lande meeding vir die gesogte mej. Heelal-titel.

Sy het gestraal terwyl sy haar ondersteuners bedank het wat die tyd geneem het om haar op die lughawe te groet en haar op sosiale media gelukgewens het.

“Ek is so dankbaar vir die liefde wat ek ontvang sedert ek as mej. SA gekroon is. Ek is veral verheug deur die wonderlike boodskappe van aanmoediging, wat my sterkte toewens vir die avontuur waarop ek nou vertrek. Ek is uiters opgewonde en hoop ek kan Suid-Afrika trots maak,” het Tunzi gesê.

Tunzi is van Tsolo in die Oos-Kaap afkomstig en het tot en met haar kroning in Tuine in Kaapstad gebly waar sy studeer en gewerk het. Sy het egter na haar kroning as mej. SA die Moederstad vir die Goudstad verruil.

Zozibini Tunzi sal teen verteenwoordigers van 91 ander lande meeding vir die gesogte mej. Heelal-kroon. (Foto: Miss Universe)

Zozibini Tunzi sal teen verteenwoordigers van 91 ander lande meeding vir die gesogte mej. Heelal-kroon. (Foto: Miss Universe)

“Ek neem die ontembare Suid-Afrikaanse gees saam met my. Wat meer het ek nodig as die ondersteuning van Suid-Afrikaners wat, wanneer hulle saam staan, onkeerbaar is?” het sy gesê. “Ek is gereed.”

Demi-Leigh Nel-Peters (24), is in 2017 in Las Vegas as mej. Heelal gekroon, terwyl mej. SA 2018, Tamaryn Green, verlede jaar as naaswenner in dié kompetisie aangewys is. Mej. Filippyne, Catriona Gray, is met die titel huis toe.

Nel-Peters, wat eersdaags voor die kansel staan saam met haar verloofde, die bekende Amerikaanse sportster Tim Tebow, het Woensdagoggend ʼn roerende boodskap oor haar eie reis as mej. Heelal op sosiale media gedeel.

“Vandag twee jaar gelede,” het sy geskryf by ʼn video waar sy aangekondig word as mej. Heelal. “Hierdie oomblik het alles verander. Dankie aan Suid-Afrika en die mej. Suid-Afrika-organisasie, dat julle in my geglo het en my die geleentheid gegee het om julle te verteenwoordig. Om mej. Heelal te wees was ʼn lewensveranderende ervaring en ek sal vir altyd dankbaar wees. Oor ʼn paar dae verwelkom ons ʼn nuwe suster by die susterskap en ek kan nie meer opgewonde wees nie.”

Gray sal vanjaar die kroon aan haar troonopvolger oorhandig by Tyler Perry Studios in Atlanta.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Griet ·

Jy gaan almal se asems wegslaan Zozibini! Bring die kroon terug na SA!

Vienna ·

Stem saam, Zozibini is beeldskoon !!
Pragtige glimlag en so natuurlik / natural
beauty

KaterinaKat ·

She is stunning! Very dramatic beauty. Ek hou daarvan dat sy haar eie styl het, iets anders as die gewone lang hare wat die meisies in die soort kompetisies altyd het. Sy laat my bietjie dink aan die sangeres Grace Jones. Grace was ook bekend vir haar dramatiese voorkoms.

Nettie ·

Ja-nee, Wie weet, ek stem saam: “beauty is in the eye of the beholder”.

Liefde Bo Alles ·

Haai sjoe, Corrien, “afskuwelik” is darem maar ‘n harde woordkeuse. Ons almal is immers in die beeld van God geskape en daarom pragtig. xxx

Peper ·

Ek het haar nog nooit in persoon ontmoet nie, so die boodskap word gelaat op wat ek hier sien. Ek sien baie grimering en ‘n foto wat duidelik ‘n proses of twee ekstra deur is.
So nee, ek sien nie veel natuurlike skoonheid nie.

Thelma ·

Kom ons hoop maar haar persoonlikheid, voorkoms en vermoe om ‘n onderhoud te voer sal haar deurdra want die vet weet, die ontwerpe waarin die arme vrou moet paradeer steek maar erg af teenoor ander lande sin.

Angel ·

Jy is absoluut stunning !! Pragtige mens met n pragtige hart , Gaan haal daardie kroon !!

Owners manual ·

Eysh ! Hau . Sy kry dit dalk , of dis dalk nie meer nodig nie . Rugby is gewen

Scotchman ·

Ek persoonlik glo weer die blinke is weer te aggresief op die vlekvrye staal

wilma ·

Ek wens daar was meer van die lieflike groen tabberd op die foto sigbaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.