Foto’s: Motorfietsklub bring Paasboodskap met woema

Die Solidariteit Helpende Hand Motorfietsklub se paaseierrit. (Foto: Verskaf)

Die Solidariteit Helpende Hand Motorfietsklub het Maandag sowat 3 000 paaseiers onder die inwoners van verskeie ouetehuise, pleegsorghuise en sorgsentrums vir gestremde mense in Pretoria uitgedeel.

Meer as 100 motorfietse het sowat 70 km afgelê om by tien instellings, waaronder Brooklyn Care en die sogenaamde “Danville-tannies” soos die motorfietsklub met respek na hulle verwys, in die stad te gaan draai met die Paasboodskap van Johannes 3:16: God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

“Dit is Jesus se tyd dié,” het Johan Böning, president van Solidariteit Helpende Hand Motorfietsklub, Maandagmiddag aan Maroela Media gesê.

“Ons wou hulle spesiaal en gewaardeer laat voel. Die inwoners raak maar eensaam gedurende die Paastyd. Dit was natuurlik ook vir ons baie lekker om dit te doen.”

Die projek is saam met die Proudly Meerkat-motorfietsgroep en Solidariteit Helpende Hand se Pretoria-Oos-streek aangepak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.