Foto’s: Nege sterf in gru-ongeluk in Jhb

Foto: David Tembe/Twitter

Minstens nege persone is Sondagmiddag dood in ʼn gru-ongeluk op die N1 naby die Buccleuch-wisselaar in Johannesburg.

David Tembe, hoof van die Johannesburgse metropolisie (JMPD), het die ongeluk op Twitter bevestig. Die ongeluk het in ʼn suidelike rigting plaasgevind en twee lane is gesluit. Die verkeer is swaar ontwrig weens die ongeluk.

Die bestuurder van ʼn minibustaxi het vermoedelik beheer verloor oor sy voertuig en die betonversperring teen ʼn hoë spoed getref.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het gesê die dak van die taxi is afgeruk en verskeie passasiers is uit die voertuig geslinger. Hulle het leweloos in die pad gelê. Twee liggame is in die wrak gevind.

Volgens hom is ʼn 14-jarige meisie vermoedelik die jongste onder die oorledenes. Twee volwassenes en ʼn vierjarige het die ongeluk oorleef. Hulle het ernstige tot kritieke beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Antjie ·

Haal Putco busse en Taxis van die pad af. Want hul Voel niks vir mense se lewens nie. Hoeveel onskuldige mense moet nog onnodig sterf.

Joe Olivier ·

Frikkie, die rede hoekom dit baie mense se enigste vervoer is, is omdat die taxi bedryf so groot swart monopolie is en toegelaat is om so magtig te word. Hulle verhoed dat ander publieke vervoer ingestel en ontwikkel word. Dit is een siek spul.

Arno Scheepers ·

Amerika en Japan het natuurrampe, Suid-Afrika het taxi’s. Natuurlike uitdunning.

Only me ·

Arnold jy is n man na my hart!Kon dit nie beter bestel het nie!!!

Vintcent ·

Die gebrek aan dissipline en respek in SA word op ons paaie geopenbaar. Dit is nie net taxis nie. Verwaandes (meestal met hul blink motors) is ook bitter skuldig. Die neiging onder laasgenoemde groep is mos om sommer nommerplate te ry. Arrogant en uitlokkend.

Anna ·

@ Vincent – jy is heeltemal reg. Moes vanoggend by twee kruisings wag sodat die ongeduldige manne & vroue wat nie in die tou wil wag nie maar aan die verkeerdekant van die pad ry, (weereens) voor indruk. Daar was selfs ‘n man met SAP uniform aan wat in ‘n ongemerkte voertuig was.

Lizelle ·

Sien elke dag hoe hulle op selfoon is terwyl hulle gewoonlik soos idiots ry! Doodskis op wiele!

Spikkels ·

Hy het seker meer as die spoed beperking gejaag om draai en daarom beheer verloor. Het seker ook nie wetlik sy lisensie bekom nie. Nou is onskuldige mense dood en hul families dalk sonder ‘n broodwinner. Alle Taxi’s, Busse en Trokke moet elke 6 maande gaan vir padwaardigheids toetse. Die bestuurders van die Taxis, Busse en Trokke moet ook elke jaar gaan vir her toetsing van hul bestuurslisensie.

Humbug ·

Spikkels jy leef in n droomwereld. Daars net reels Vir sekere bestuurders en ander bestuurders kan maak soos hul wil.

nabetragting ·

Dink aan die lied “Where have all the flowers gone” Tragies, tragies,tragies. Dis al wat ek kan se. Hoeveel kinders het nie ‘n pa of ma vandag verloor nie? Kan dit as moord geklassifiseer word? Geen ander voertuig betrokke nie, maar hoe spoed?

Boertjie ·

Nee Adrian, spoed maak nie dood nie. Spoed, gekombineer met onpadwaardige voertuie, gekombineer met swak bestuurders, veroorsaak dood.

Marzelle ·

Ek is so verskriklik jammer vir die mense se familie en vriende.

jaco ·

En as jy hierdie taxibestuurders aanspreek, dan is hulle ALTYD reg en jy is verkeerd en ‘n rassis en en en.

INA ·

Dit is aaklig, om die minste te sê. Die passasiers is tog nie skuldig aan diè ongeluk nie. Hulle het betààl vir hul vervoer & het gehoop om hul bestemmings veilig te bereik… Mag die HERE mý help, dat èk nòòit, sò afgestomp raak, dat ek met minagting vd slagoffers van diè tipe ongelukke sal praat nie… Ék was òòk in ñ botsing met ñ taxi betrokke & glo mý, dis soms beter om te sterf, as om met ñ gebroke liggaam te probeer om weer die stukkies van jou lewe op te tel… Ek kan hul àlmal hààt en vervloek, maar dit sal nìks aan mý situasie verander nie!!! Die pyn waarmee ek noual vir jare worstel, & die gesukkel om dinge vir myself te doen, raak erger soos ek in jare vorder… Die taxies word meesal deur blankes of Indiërs besit, en hulle gebruik dan swart bestuurders, wat dikwels vol “drugs” of dagga agter ñ stuurwiel inklim. Vandaar die bàie ongelukke….

Rina pretorius ·

Ek hoop jy het van die road accident fund geeis vir jou beserings

Irma ·

Ouens wag nou, julle gaan sien AARTO gaan nou al hierdie ongelukke VOORKOM

Ina ·

Ek sien dáágliks hoe rooi verkeersligte eenvoudig verontagsaam word en deurgejaag word asof dit gladnie bestaan nie, dieselfde ook by stopstrate! Hoekom sal hulle omgee? Daar bestaan nie iets soos wetstoepassing nie! O nee ek vergeet….dit bestaan wel….daar waar iemand 10 km/u oor hulle spoed gery het….! Moet net nie dink hulle sal ooit by ‘n robot gaan staan nie, nee wat jong, dis té harde werk, dis báie lekkerder en makliker om in die koelte te sit….Die regering is te besig met mag- en ander speletjies om om te gee oor wat in die land aangaan!

Wielspore ·

Arno Scheepers het die situasie mooi opgesom.
Amerika en Japan het natuur rampe, ons het Taxi’s!

Poppie ·

Ai, die taxibestuurders. Hulle kan nou maar een maal net nie bestuur nie. Nou moet onskuldiges met hul lewens boet. RIV

Dorie Niemand ·

Uiters arrogant, ek beleef dit elkedag, wanneer ek my klein kinders aanry skool toe en terug, hulle het geen ontsag hiegenasmd vir padreels nie, en as hulle sien jy is vrou alleen in voertuig, Dan word jy van pad afgedruk. Innige simpatie aan families van oorledenes, en die taxi bestuurder sal defnitief skotvry weg loop.

Jacques ·

Poppie – Wat is die kans dat hulle n land kan bestuur as hulle nie eers n taxi kan bestuur nie ? Kyk hoe lyk en gaan dit in ons land , dit alleen behoort baie vrae te beantwoord .

Amanda ·

Groot genade as jy nie van ‘n taxi afhanklik is om by jou werk of huis uit te kom nie.

Joe Olivier ·

Een ding kan ek nie verstaan nie. Hierdie mense kan altyd so vinnig in hul massas optree as hulle nie met iets gelukkig is nie. 15 insittende, betalende passasiers sien hoe n onbevoegde taxi drywer hul lewens in gevaar stel en doen niks. Waarom nie? En dan betaal hulle nog vir hierdie swak diens.

Anoniem ·

As jy durf kla, word jy summier afgelaai… sonder ‘n refund.

HAB ·

INA ek stem nie saam nie. Hulle weet hoe ry die bestuurders dan klim hulle steeds in. Net so goed ek gaan swem tussen haaie. Erenste gaan een my byt.

@HAB ·

So jy persoonlik, gaan toon kap as jy 20km moet aflê werk toe, eerder as die taxi gebruik? Of gaan jy daai motortjie en petrol kan bekostig op jou minimum loon? Word wakker, party mense het eenvoudig nie ‘n alternatief nie en dis hulle wat boet vir taxibestuurders se roekeloosheid en SA wat wetteloos geword het.

Martin ·

Net soos gewere, is Taxi’s self nie die probleem nie, maar die onverantwoordelike bestuurders! Daar is honderde karre, 4×4’s en SUV’s elke dag wat ook soos varke op die pad is en jaag.

Db ·

@Martin. Ek stem met jou saam. As vrou ondervind ek dit daagliks want lyk my ons word as kleinwild beskou. Hulle kyk of hulle jou van die pad kan dwing en jag direk op jou af of trap rem wanneer dit nie nodig is nie. My senuwees is gedaan elke dag werk toe en terug. Al wat jy sien is die wit tande van die lekker lag as jy so angsbevange probeer op die pad bly sonder om in ‘n ongeluk te kom

Lizelle ·

Ek kan nie sê hoeveel ongelukstonele ek al op was waar taxi’s betrokke was nie. Onskuldige mense gaan dood en dit oor ROEKELOOSHEID want gewoonlik ploeg hulle in ander voertuie in. Hulle stop net waar hulle wil selfs in die middel van ñ Sirkel!!!! STOP beteken vir hulle niks! Ons as polisie kan nie elke dag na diefstalle, aanrandings en moorde gaan en nog verkeers probleme oplos nie… Ons metro polisie en verkeers mense sal moet begin werk en nie net in desember se feestyd wanneer hulle targets het om te bereik nie!!!!

Magda ·

Taxi EIENAARS moet ook aangekla word, net soos in enige besigheid is die Eienaars verantwoordelik vir hulle werkers, kyk maar na al die Toere busse, as iets gebeur word die Besigheid ook aangekla – NOU HOEKOM NIE TAXI EIENAARS NIE – Dit is ook n VERVOER besigheid en dit is tyd dat die EIENAARS PA STAAN VIR HULLE WERKERS.

HARRY ·

Hulle ry net soos hulle wil.Aarto gaan dit net erger maak want almal se lisensies gaan binne n maand opgeskort wees

Eddy ·

n Taxi is n gevaar op die pad.Die taxi dryweris meesal sommer n hierjy met geen respek vir enigeen.Hy s dalk ongeletterd,dalk sy lisensie gesmokkel of is dalk verbind aan misdade.Dis die persoon wie nou met dosyne lewens in sy hande vertrou word.Omdat township mense arm is en petrolprys die hoogtes ingeskiet het,maak hulle maar staat op n taxi.Toe die ToyotaQuantum inkom toe sê die vervaardiger dis om die taxi veiliger te maak.MAAR die gedrag van die taxi drywer is iets wat Hy self moet aan werk.maar aan die einde v d dag is dit maar net SuidAfrika,waar wetteloosheid seevier

Piet ·

Al weer n taxi , dis ma hulle probleem metro doen niks en taxis maak soos hule wil ,

JohanL ·

Jare jare gelede is dinge in plek gestel om taxi-bstuurders beter taxis te verskaf (oftewel groter en sterker). Ek kan nie onthou wat die stelsel presies genoem was nie. Baie mense was (seker tereg) bly dat onpadwaardige taxis daardeur van die paaie verwyder sou word. My teenvraag op daardie stadium was egter:” Wil jy aan ‘n onbevoegde persoon ‘n windbuks gee of ‘n haelgeweer?” Op die oomblik het menige onbevoegde bestuurders ‘n “haelgeweer” in hul besit (lees onder andere vinnige spoed).

Ek is vir padwaardige voertuie maar wat tegnies geblok is om teen maksimum 90 km/h te kan ry.

Rakende die ongeluk – dit is amper ongelooflik dat ‘n voertuig so kan lyk wat alleen in ‘n ongeluk betrokke was. Hoe de heng is die dak afgeruk?

anton ·

Beperk Taxi’s se spoed na 80 km/h. Doen dit elektronies en maak seker dat niemand dit kan omseil en weer verhoog nie!
Ek is seker dat ongelukke dan 80% sal afneem onder die taxi’s. En ons paaie sal veiliger word.

Lee ·

Onskuldige mense gaan elke dag dood in taxi ongelukke as gevolg van roekeloos bestuur. Taxi eienaars moet betaal vir almal se begrafnisse. Die arme mense. Dis so onnodig. Baie sterkte aan al die families. Ek het al baie gesê daar moet in elke dorp ‘n “Taxi eenheid” aangestel word wat hulle die roetes monitor op ‘n daaglikse basis want taxi bestuurders maak nes hulle wil. Maar aan die eenkant sal dit seker nie werk nie want 90% van beamptes van “bribes”.

@Arno & Joe ·

Heeltemal waar wat julle se. Die res moet nie so onsteld wees nie.

marous ·

Wie laat dit toe ? Die mense wat betaal en dan soos waspoppe sit en nie ‘n woord uiter nie . As dit nie was vir ander onskuldiges nie kan hulle mekaar maar almal te pletter ry , binne ‘n week.

MarieM ·

‘n Kollega se vriend is ‘n taxi bestuurder, nou die dag vertel sy my hoeveel sy uitstaande boetes is, R37 000.00. Hoekom gebeur daar niks met hulle met die boetes wat hulle moet betaal nie? Stem saam met Db hierbo, as jy ‘n vrou alleen in die kar is sal hulle jou wys, daar is nie plek voor jou vir hulle nie maar hulle sal voor jou indruk.

Anna-Marie Potgieter ·

Daar moet strenger maatreëls ingestel word teen taxi bestuurders en hulle eienaars. Hulle jaag soos formula 1 jaers en ek is seker 90% het nie rybewyse nie of dit is gekoop. Ek verstaan jy betaal so R2500 dan kry jy jou rybewys. 2 oud kollegas, Sotho dames, het hulle rybewyse op so manier gekoop. Albei het daarna ‘n nuwe motor gekoop wat alreeds klaar n paar duike in het. Was nog nooit voorheen agter ‘n motor se stuur nie, Ek is baie versigtig wanneer taxi’s in die omtrek is. Baie onskuldige mense sterf as gevolg van die taxi bestuurders wat so roekeloos is….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.