Foto’s: Potch se eeu oue stasiegebou in puin gelê

Die stasiegebou ná die brand. (Foto met vergunning van Aldus Smith Photography)

Die gebou van die treinstasie in Potchefstroom, Noordwes, is in puin gelê nadat ’n brand Saterdagaand in die historiese gebou, wat dateer van Mei 1918, ontstaan het.

Kol. Adele Myburgh, woordvoerder van die polisie, het gesê ’n brand het laataand in die stasiegebou in Stasieweg ontstaan waarna nooddienste na die toneel ontbied is om die vlamme te blus.

Geen beserings is aangemeld nie.

Dit is nie in dié stadium duidelik hoe die brand ontstaan het nie en branddeskundiges sal na verwagting Maandag ondersoek instel om die oorsaak van die brand vas te stel.

“Die gebou smeul nog in dié stadium,” het Myburgh Sondagoggend aan Maroela Media gesê.

Volgens Myburgh word die brand tans op navraag deur die polisie hanteer totdat die oorsaak van die brand vasgestel kan word.

Die historiese gebou het oor die jare ’n bestemming, veral onder studente, in Potchefstroom geword waar foto’s geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Jax ·

Dit is Baie hartseer om te sien! Dit was n pragtige gebou. Ek hoop nie dat dit weer n saak van brandstigting is nie.

Albert Willem ·

Al hoe n brand so kan ontslaan is weens brandstigting. Waarborg n elektrieae kortsluit8ng gaan nou oorsaak wees

Sarel ·

Net soos met menige ander geboue soos Bloemfontein se Historiese Stadsaal gasn geen Haan hierna kraai nie. Brand alles

Mallie ·

Why di people do things like this. They got everything for free but have no pride.

Anoniem ·

And they will continue on this path until someone stops them. It wont be the govt that stops them. Our people (all of them) thrive on filth and anarchy. That’s the only kind of life they want.

Jacobus ·

Net nog ‘n “prestasie” op our people se bucket list. Skande.

ElizeK ·

Woorde soos weersinwekkend, onaanvaarbaar, geskok, afgryse, verbystering, ongelooflik, skande, wreed ens ens ens het vir my betekenloos en afgesaag geraak!!!! Ek het net afgestomp geraak, want om kommentaar te lewer op “apps”en om met n mikrofoon bogenoemde woorde uit te basuin, wit kruise te plant, in konvooie op te ruk met bakkies, trekkers ens, regering hof toe te sleep met n regstelsel wat laaankal gekaap is, verander nie n blou duit aan die feit dat hulle nie gaan STOP voor SA soos die res van Afrika lyk nie.

Snowball ·

Ek is bevrees jy is 100% reg. Dis hartseer, maar dis die waarheid.

Joe Olivier ·

Die verskroeide aarde beleid is terug. Hierdie keer is dit net deel van ‘n eensydige oorlog wat teen ons gevoer word.

J ·

Eers die ou Kerk, standbeelde en nou die ou stasiegebou.

Ook in Bloemfontein en die sendingstasie …

Plaasmoorde, dorpsmoorde, BEE, grondonteiening ensovoorts.

Etniese suiwering in volle swang!

Vra beskerming by die Verenigde Nasies of Amerika?

Gawie ·

As ek so die kommentare hierby lees, dan hoef die polisie nie eers ondersoek te doen nie, want lyk my dié mense weet klaar wat die brand veroorsaak het. Hoekom gaan help julle nie die polisie in hulle ondersoek nie?
Het enigeen van julle dalk daaraan gedink dat dit ‘n kortsluiting of so-iets kon wees? Onthou, die gebou is 100 jaar oud en enigiets kon gebeur het. Kom ons wag tot die ondersoek afgehandel is voor julle begin klippe gooi!

Jan ·

As dit so is dan is die oorsaak hoogs waarskynlik gebrek aan instandhouding en kom dit eintlik maar weer op dieselfde rede af.

MakersMark ·

Netjies brand hom. SA een can die dae lyk soos ander wêreldklas Afrika lande soos Zimbabwe, Nigerie, Somalië en DRC. Pad na welvaart is brand alles af wat aan die kolonialiste herhinner tot net Afrika mentaliteit al is wat oorbly. Dan word die blanke boere miljoene belowe om terug te kom want daar is hongersnood en rietrot proe nie altyd so lekker nie.

daniel ·

Ek betwyfel dit baie sterk of hierdie brande spontaan ontstaan het. Ek dink dis vandalisme en n uiters gevaarlike neiging.

Jakes ·

Ek het dekades vir Transnet gewerk en was meeste stasiegeboue voor 1994 n trots vir die oog. Ek besoek steeds ou stasies van tyd tot tyd en is dit hartverskeurend om te sien dat bykans meeste van hulle verniel, afgebrand en geplunder is. Potch stasie is maar net nog deel van die statistiek.

Erika ·

Dit is so Hartseer dat Geskiedkundige Geboue Vernietig word weens politieke motiewe Terwyl
skuldiges behoort eerder n positiewe verskil te maak -All Life Matter.

Marcello ·

Ons weet mos maar almal wat daar gebeur het, plakkers wat die geboue gebruik om in te slaap/bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.